Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Reën in die Bosveld " deur D.J. OPPERMAN
" Reën in die Bosveld " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #89677] Wo, 28 Januarie 2004 21:10 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
D.J. Opperman

Reën in die Bosveld

Lang maande lê die reënboog
in 'n miershoopgat gekrul,
blink en nat soos 'n voël se oog.

En winternagte as die steenuil fluit,
blaas 'n wit os op die rivier
dik mis teen riete en die walle uit.

Maar een middag bulk hy in die poort, swaai boos
sy horings oor die klowe,
en uit 'n miershoop vlieg die voël omhoog.
Re: " Reën in die Bosveld " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #89706 is 'n antwoord op boodskap #89677] Do, 29 Januarie 2004 11:45 Na vorige boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's in ander gate gekrul Gloudina. Swart gate.

"@rogers.com" wrote in message
news:4zVRb.39611$fgk.1994@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
> D.J. Opperman
>
> Reën in die Bosveld
>
> Lang maande lê die reënboog
> in 'n miershoopgat gekrul,
> blink en nat soos 'n voël se oog.
>
> En winternagte as die steenuil fluit,
> blaas 'n wit os op die rivier
> dik mis teen riete en die walle uit.
>
> Maar een middag bulk hy in die poort, swaai boos
> sy horings oor die klowe,
> en uit 'n miershoop vlieg die voël omhoog.
>
Vorige onderwerp: " Die wind in die baai " deur NP van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " Stad in die mis " deur D. J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:02:49 MGT 2024