Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Eilandgroep " deur D.J. OPPERMAN
" Eilandgroep " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #89227] Wo, 14 Januarie 2004 23:24
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
D.J. Opperman

Eilandgroep

Dit is maar enkel waan
dat ons 'n eenheid was;
groot stromings van die oseaan

het ons geëiland tot 'n argipel
van enkelinge waar ons briewe rou en skel
van strand tot strand soos meeue fladder
en van mekaar se eensaamheid vertel.

Wild staan die palms bo die water,
palms, bamboes en die gras,
maar in onbewuste dieptes êrens ...
êrens is ons aan mekaar nog vas.
Vorige onderwerp: " Reënerige oggend in Pennington " deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Lady Anne op Tafelberg " deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:09:57 MGT 2024