Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Winnie " deur LOUIS ESTERHUIZEN
" Winnie " deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #89057] So, 11 Januarie 2004 03:47
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Louis Esterhuizen

Winnie

Daar is die handvol vryers:
die udf, azapo en ook nog cosatu;
dan is daar nog Young Comrades óók -
fyn gerook in swartgebrande sale
van liberation before education.
Maar terwyl kroonprinse opsit
en amper-prinse om haar kloek
en kattermaai, speel die vrou
in die drieverdieping-mansion
met haar laaste vuurhoutjies.
So nie pas sy die mantel aan;
traag
om wéér die droomkleed los te
torring: Oh, the endless undoing
of the endless doing, lispel sy.

En Penelope tree na vore, ongeduldig
en ongeskik omdat Ulysses op sy eiland
slegs klippe versit.
Vorige onderwerp: " Sonnet - uit Malvern " deur S.J. PRETORIUS
Volgende onderwerp: " die wit boom " deur P.H. ROODT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:21:35 MGT 2024