Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Sonnet - uit Malvern " deur S.J. PRETORIUS
" Sonnet - uit Malvern " deur S.J. PRETORIUS [boodskap #89022] Vr, 09 Januarie 2004 19:47
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
S.J. Pretorius

Sonnet - Uit Malvern

Hul stap hier deur die skemerstrate saans
die groot figure, baarde dae-oud,
met krae opgeslaan, die wind is koud
en mompel oor die weer in Afrikaans;

die koppe stug asof haas suf gedink,
kosblikke in die growwe werkershande;
onder ou gryspet en slap hoederande
oë wat vinnig uitloer, bang en blink.

Eens voor die eeu was hul grootland-besitters,
met sluheid nou uit vadersgrond onterf,
is hul van rooidag tot die laatlig sterf,
asryers, pikslaners en vuilvoor-spitters.

Die mboulas dans en laat die skadu's spook -
hul raak verlore tussen huise en rook .
Vorige onderwerp: " Miskruier " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Winnie " deur LOUIS ESTERHUIZEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 13:00:29 MGT 2024