Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Paternoster vir Suid-Afrika " deur LINA SPIES
" 'n Paternoster vir Suid-Afrika " deur LINA SPIES [boodskap #88611] Do, 25 Desember 2003 03:32 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lina Spies

'n Paternoster vir Suid-Afrika

Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land -

van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die lootjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.

Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery
en kaalvoet geloop het nie,

en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie .

Aan U behoort die land
en die son
en die skape van sy weiding

Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie

en deel U self die lootjies uit
Re: " 'n Paternoster vir Suid-Afrika " deur LINA SPIES [boodskap #88613 is 'n antwoord op boodskap #88611] Do, 25 Desember 2003 13:51 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 25 Dec 2003 03:32:33 GMT, "@rogers.com" wrote:
> "Maar die swart versigtige hande
> het selde dieper as die wit geknip"

'n Geseënde Kersfees, Gloudina!

Norbert (uit Vlaandere)
Vorige onderwerp: " Kerskaartjies " deur JEANNE GOOSEN
Volgende onderwerp: " Nuwejaarsdans " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:36:24 MGT 2024