Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Afrikaans in skole 'in groot gemors'
Afrikaans in skole 'in groot gemors' [boodskap #88078] Ma, 08 Desember 2003 19:48
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaans in skole 'in groot gemors'
ALET RADEMEYER

PRETORIA. -- Onderwys in Afrikaans in skole is in 'n groot gemors.
Belanghebbendes sal waarskynlik geen ander keuse hê as om hulle tot
die grondwethof te wend nie.

Só meen mnr. Louis Smuts, sameroeper van die nuwe Trust vir
Afrikaanse Beheerliggame vir Onderwys en Kultuur (Tabok) en
voorsitter van die beheerliggaam van die Hoërskool F.H. Odendaal in
Pretoria.

Hy het gister gesê iets sal dringend gedoen moet word om die stand
van onderrig in Afrikaans reg te ruk.

Tabok wil enkelmedium- Afrikaanse skole teen beweerde inmenging van
die onderwysdepartement beskerm.

Tot op hede meen heelparty Afri kaanse skole dat die departement
hulle wil dwing om hul taalbeleid te verander deur dubbel- of
parallelmediumskole te word.

Tabok gaan kragte met die vakbond Solidariteit saamspan wat die
administrasie van die trust sal behartig.

"Ons wil 2 500 Afrikaanse skole en twee Afrikaanse universiteite
terughê," het Smuts gesê.

Onlangse statistieke dui daarop dat daar net sowat 300 Afrikaanse
voormalige model C-skole in die land oor is en meer as 1 000 ander
Afrikaanse skole.

Volgens Smuts gaan Tabok nie net geld vir hofsake probeer kry nie,
maar hom beywer vir Afrikaanse onderwys- en kultuurontwikkeling.
vSkole gaan gewerf word om deel van Tabok te word teen 'n registra
sietarief van sowat R2 000 per jaar per skool.

Verskillende komitees gaan aangestel word om onder meer te kyk na
die "drastiese verlagting in standaarde weens die nuwe kurrikulum".

Smuts het gesê "dit is verbysterend hóé standaarde geval het en hoe
al hoe meer ongeletterde jong mense skole verlaat".

Van die komitees gaan spesifiek kyk na die moontlikheid van opleiding
vir Afrikaanse onderwysers aan 'n universiteit en die oprigting
van 'n Afrikaanse mediese navorsingsentrum waar medici in Afrikaans
opgelei kan word.

Smuts het gesê enige organisasie is welkom om by dié projek betrokke
te raak.

Hy het ook gesê die pogings om vir die voortbestaan van Afrikaans in
onderwys te veg, is nie net tot Afrikaners beperk nie. Tabok sal met
Afrikaanse bruin skole landwyd wil saamwerk.

"Ook hulle word bedreig. Engelse leerlinge oorstroom hulle skole en
dié wat dit kan bekostig, vlug weer na die enkele voormalige model C-
skole wat hulle kan akkommodeer."

Nog 'n komitee sal kyk na die verval van skolesport waar leerlinge
nie meer kans kry om buite skoolverband te vorder nie, het Smuts
gesê.

Volgens Smuts probeer Tabok nie die werksaamhede van die Federasie
van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) oorneem nie.

"Ons is bloot 'n alternatiewe voertuig wat Afrikaanse onderwys wil
dryf."

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1456449,00. html
Vorige onderwerp: Maak Afrikaans in skole dood
Volgende onderwerp: Gerookte syfers sonder wiskunde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:02:19 MGT 2024