Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Apocrypha XII " deur M.M. WALTERS
" Apocrypha XII " deur M.M. WALTERS [boodskap #87763] So, 30 November 2003 14:38
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
M. M. Walters

Apocrypha XII

En de Heere God maakte voor Adam en zijne vrouw
rokken van vellen en toog ze hun aan. Genesis 3:21

Toe Eva haar tussen die vyebome aantrek
in modes deur die hemelse Hartnell -
die sagte dassiebroekie
en die stoute bra van springbokvel,
die handgelooide miniromp wat wip
en 'n tweede sondeval voorspel -
toe sis die slange.

O jou soete meisiekind uit die paradys!
Vermakerig het sy haar lae hals en bene
aan die engele voor die poort gewys!
Vorige onderwerp: " Skeepsverslag : Titanic " deur M.M. WALTERS
Volgende onderwerp: " Reën in die Bosveld " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 20:51:19 MGT 2024