Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Advertensie - vir dames:)
Advertensie - vir dames:) [boodskap #87273] Wo, 19 November 2003 08:00
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Uit: Huisgenoot 10 Oktober 1924

Mevr, Mellor se Fout
Luister na haar eie woorde:...Ek was nooit erg siek vantevore en was oortuig
dat ek maar net op die gewone manier afgemat was. Nie totdat ek u
advertensie gelees, het ek vir 'n oomblik die ware oorsaak van my
aanhoudende swakheid vermoed.

Mev Mellor het vir sewentien maande onnoodsaaklik gely, omdat sy nie die
ware oorsaak van haar kwelling geken het nie. En hare is nie 'n afsonderlike
geval nie. Honderde vrouens, wat ewenso in die donker is, doen vandag
dieselfde ding.
Is u een van hulle? Sal u, deur op Algemene Versterkingsmiddels te steun wat
nie die setel van die kwelling bereik nie ook die geveg teen inwendige
vroulike swakhede verloor.
Natuurlik, as aanhoudende hoofpyn, voorkom of as Bloedarmoede, Pyn of
Spysverteringsmoeilikheid aanwesig is, mag u reeds die oorsaak daarvan
vermoed het, maar as, ewe as mev. Mellor, u vernaamste en enige verskynsel
Swakheid is- mag u nie.
Egter, as u die minste twyfel het en spesiaal as u voel dat daar êrens 'n
sware las op u gesondheid en geluk druk - wat veroorsaak dat u nie weet hoe
u die een dag na die ander sal voel nie- sou ns sien dat u die
gespesialiseerde Feluna-behandeling probeer.
Sonder twyfel is die bepaalde behoefte van die meeste lydende vrouens
Spesiale Bloedversterking en Inwendige Korreksie, nie een nie, maar albei,
en dit is op hierdie kennis dat Feluna saamgestel is.
Probeer dit. Dit is al wat ons vra.

FELUNA
Pille vir die vroulike geslag
Al die vernaamste Aptekers, 3/3, of direk van Bus 731, Kaapstad.
Vorige onderwerp: Ons raak Kaaskoppe
Volgende onderwerp: Toets......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 13:59:58 MGT 2024