Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die kreet " deur JAN SWANEPOEL
" Die kreet " deur JAN SWANEPOEL [boodskap #86738] Di, 04 November 2003 20:27
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jan Swanepoel

Die kreet
na 'n swart-wit afdruk van
'n skildery van Edvard Munch

twee mense rustig aan die wandel
oor 'n brug, die reling
bloot terloops

hulle wil g'n hoor nie
sal later steeds beweer
dat hulle van geen sout
of water wis

net die rug kan hulle sien
en die helling
van die lyf, dan: die vol-
strekte onvanpastheid
van die skreeu

die skedelagtige gesig
in hande vasgeklem sien ons
van voor aan 't ore toestop self
die kreet wat uit
die groot-oop mond deur
die verskrikte oë skeur
nie wil hoor maar koplangs
saamgesleur word lug-
of waterwaarts
Vorige onderwerp: " Kelder " deur A.J.J. VISSER
Volgende onderwerp: " Geboorte van die lente " deur A.G. VISSER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:20:59 MGT 2024