Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Musiek uit die rolprente
Musiek uit die rolprente [boodskap #85647] Do, 16 Oktober 2003 13:03
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
PRO MUSICA PRODUCTIONS
IN CO-OPERATION WITH MR VIDEO
PRESENT
THE EVER POPULAR PRODUCTION OF
MOVIES' GREATEST MUSIC

Friday 17 October at 20H30
Saturday 18 October at 20H00
Sunday 19 October at 15H00

CAST
Two of the foremost entertainers in South Africa: Charl van Heyningen and
Anize du Plessis together with veteran actor André-Jacques van der Merwe
will entertain you with hits from Casablanca to Moulin Rouge!

TEXT
by Alan Swerdlow

ARTISTIC DIRECTION
by Chris Harper

Enquiries with the Pro Musica Theatre on 011 674 1357/8.

R50, R70, R90 at Computicket

Rolprente betower gehore reeds sowat 'n eeu lank. Die oomblik wanneer die
moderne fliekflooi sy toegangskaartjie en springmielies koop en hom tuismaak
in die donker teater, word hy weggevoer deur gevaar en avontuur, vreugde en
hartseer, ekstase en geluk - 'n mengelmoes van emosies, plekke, karakters en
eras. Dit is die wonder van die rolprentwêreld.

Net so met musiek uit die rolprente. Musiek en liriek definieer 'n situasie
of 'n era en ondersoek allerhande emosies van naderby. Wie sal ooit Barbra
Streisand se ongelooflike weergawe van 'People' vergeet wanneer sy besef sy
kan nie sonder Omar Sharif lewe nie , of die tintelende 'Singing in the Rain
' van Gene Kelly , of Celine Dion se hartverskeurende liefdeslied "My heart
will go on" uit "Titanic"?

Sonder musiek, word 'n rolprent se kommunikasievermoë gehalveer. Ons het
besluit om 'n paar van ons gunsteling liedere uit rolprentklankbane te kies,
soos bv. Casablanca, Carousel, Love Story, The Godfather, Fiddler on the
Roof , A Star is Born, Arthur, An Officer and a Gentleman,Ghost, Alladin,
Beauty and the Beast,The Rocky Horror Picture Show, Yentl, Saturday Night
Fever, Grease, Flashdance, Titanic, The Full Monty, Moulin Rouge en baie,
baie meer, en dit te integreer met interessante feite en dialoog. Soos ons
chronologies deur die tyd beweeg, sal ons jou betower, inspireer en meevoer
terwyl jy saam met ons die liedjies en karakters onthou wat ons 'over the
rainbow' geneem het.

MOVIES GREATEST MUSIC sal byval vind by oud en jonk.Twee van Suid-Afrika se
voorste vermaaklikheidskunstenaars CHARL VAN HEYNINGEN en ANIZE DU PLESSIS
sal jou meevoer na 'n ander wereld met die mooiste weergawes van tydlose
rolprenttreffers. Saam met hulle op die verhoog is die veteraanakteur
ANDRÉ-JACQUES VAN DER MERWE as Stanley, die unieke en ietwat vreemde
videowinkeleienaar. Geskryf met panache, styl en humor deur twee van ons
voorste rolprentkenners, ALAN SWERDLOW en RUSSEL SAVADIER en met die hoogs
talentvolle nuweling CHRIS HARPER as musiekregisseur, is hierdie vertoning
beslis een van die hoogtepunte van die 2002/2003 teaterseisoen.

Cecile Doubell
PR and Marketing
Pro Musica Productions
Pro Musica Theatre
Christiaan de Wet Road
Florida Park
Roodepoort
011 674 1357/8 (t)
011 674 2365 (f)
083 383 2960 (c)
Vorige onderwerp: Kinder van die wind liriek
Volgende onderwerp: Koos 'Kebuis..........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 16:47:12 MGT 2024