Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Kinder van die wind liriek
Kinder van die wind liriek [boodskap #83399] Vr, 05 September 2003 21:27 na volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
het einigiemand die liriek vir kinders van die wind.?

Sal dit waardeer.
Re: Kinder van die wind liriek [boodskap #83402 is 'n antwoord op boodskap #83399] Vr, 05 September 2003 22:02 Na vorige boodskap
skok  is tans af-lyn  skok
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
OK, ek sal probeer, here goes.

Kinders van die wind - Koos du PLessis

Ek ken 'n ou-ou liedjie
Van lewenswel en wee
van lank vergane skepe
In die kelders van die see

Die woorde is vergete
en tog die deuntjie draal
soos vaag onthoude grepies uit
'n baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
van soekers wat nooit vind
en uiteindelik is almal maar
net kinder van die wind

Gesige, drome, name
is deur die wind verwaai
En waarheen al die woorde is,
sou net 'n kind kon raai.

Van swerwer, sonder rigting
Van soekers, wat nooit vind
en uiteindelik is almal maar
net kinders van die wind.

HDH!

Samuel

Namaqua wrote:
> het einigiemand die liriek vir kinders van die wind.?
>
> Sal dit waardeer.

--
Samuel Kock
Pretoria, South Africa
Bio: http://go.to/skock/bio.htm
The packaging said "Windows 98 or better", so I used RISC OS.
Vorige onderwerp: Wat is 'n wiepie?
Volgende onderwerp: Musiek uit die rolprente
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:19:27 MGT 2024