Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kruger " deur JAN F.E. CELLIERS
" Kruger " deur JAN F.E. CELLIERS [boodskap #82544] Di, 19 Augustus 2003 22:42
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
KRUGER
deur Jan F.E. Celliers

Soos 'n berg, ongebuk,
breed en bonkig van stuk,
dis hy!

Die gelaat, hap vir hap
uit die kranse gekap,
elke kerf, elke knou
harde noodlot se hou;
elke moet, elke merk
vryheidsvyand se werk,
dis hy!

Groot-simpel gerig
deur die Woord as sy lig.
Sonder traan, sonder lag,
stil en stoer in sy krag.
Maats-egaal in sy daad,
wysheidwigtig sy raad, -
suinig woord, raak en kort
soos 'n skot uit 'n fort.

Nie soos storm wat woel,
dog onkeerbaar en koel -
soos die Vaal se vloed gly,
dis hy!

Simonskragtig gepees
soos die korpus, die gees.
Wie die weg ons berei
wat tot vryheid sal lei,
dis hy!
Vorige onderwerp: " Die vrou" deur ELIZABETH EYBERS
Volgende onderwerp: " Gebed van die loot aan die wynstok " deur SHEILA CUSSONS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 16:21:20 MGT 2024