Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " april voor my geboorte " deur PETRA MULLER
" april voor my geboorte " deur PETRA MULLER [boodskap #82033] So, 10 Augustus 2003 20:49
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Petra Müller
april voor my geboorte

april voor my geboorte
kook siterkonfyt en loop swaarder
(die vroumens in april)
en kort die dae in
met kantbeleg en haksel

dan
staan die boer, haar man,
lang tye in die agterdeur
en wik voordat hy werweldraai:
of sy hom sien
of sy hom hoor

sy luister nou nie meer
na buite nie; sy droom en broei
van sade in die grond geplant
by donkermaan, en stil:
hoedat dit spriet
hoedat dit groei

maar snags
ontwaak hê agter trekkerligte op die land,
'n aardse ster wat swaai en boor
met lig op voor
na wasemende voor:

die man wat deur die donker nag geploeg het
het 'n rooi grip om die son gegooi;

bóóntoe styg sy asem
en die asem van die grysbok
in die aalwee
op die rant
Vorige onderwerp: " Oordeel op Vergenoeg " deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: " By Tontelbos " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:12:23 MGT 2024