Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Oordeel op Vergenoeg " deur DONALD RIEKERT
" Oordeel op Vergenoeg " deur DONALD RIEKERT [boodskap #82031] So, 10 Augustus 2003 18:33
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Donald W. Riekert

Oordeel op Vergenoeg

Die ou Thlaro-kaptein smeer
die rosynlat bokvet en sê
vir Petrus My bokwagter
Die soet rosyntjie sal jou
laat soebat oor die wegraaklam
Die blokmanne trek hom vas
teen die kameeldoringhout
en met die derde swaai proe
Petrus die bloed van die lam
wie se ooi nou nog staan
blêr by Vergenoegfontein
Vorige onderwerp: " Kennis " deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: " april voor my geboorte " deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:28:16 MGT 2024