Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Feeste die naweek
Feeste die naweek [boodskap #81857] Wo, 06 Augustus 2003 09:02 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1) Die veteraantrekkersaamtrek op Kleinplasie.
Daar gaan tot 'n trekker wees wat mens met 'n hamerslag aanskakel.
Volgens die verduideliking word daar loskruit gesit in 'n pek op die enjin,
en dan slaan jy met 'n hamer op die kruit, wat dan die ontbranding
veroorsaak.

2) Velddrif se Alibamakultuurfees.
Die Alibama was 'n boot wat gereeld tussen die Bergriviermond en Kaapstad
gevaar het, met hoofsaaklik riete wat gebruik is om matrasse mee op te
stop - die riete is kooigoed genoem, en vandaar die woorde in Daar kom die
Alibama - Nooi, nooi, die rietkooinooi.

Annette
Re: Feeste die naweek [boodskap #81876 is 'n antwoord op boodskap #81857] Wo, 06 Augustus 2003 12:30 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

>> 2) Velddrif se Alibamakultuurfees.
> Die Alibama was 'n boot wat gereeld tussen die Bergriviermond en Kaapstad
> gevaar het, met hoofsaaklik riete wat gebruik is om matrasse mee op te
> stop - die riete is kooigoed genoem, en vandaar die woorde in Daar kom die
> Alibama - Nooi, nooi, die rietkooinooi.

Dis interessant. Meeste van die tyd word die woorde
van die lied geheg aan die aankoms van die Amerikaanse
skip " The Alabama" wat gedurende die Amerikaanse
burgeroorlog in die Suid-Atlantiese Oseaan beweeg het.
Dis natuurlik seker die rede hoekom die skepie wat
die riete na Kaapstad gebring het, ook met die tong in die
kies so genoem is.

Gloudina
Vorige onderwerp: My naweek...
Volgende onderwerp: Lekker naweek aan almal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:24:06 MGT 2024