Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " komapunt " deur DAN ROODT
" komapunt " deur DAN ROODT [boodskap #80982] Do, 24 Julie 2003 23:14
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dan Roodt

komapunt

'n volksdigter was daar
wat volgens volk en vriende
in insestueuse gestoeltes
goed kon hakkel
oor debakels van 'mirakels'
oor 'die lewe' en oor kak aangaande
DIE KUNS
hy was wel opperhoof
van 'n laboratorium
waar jong moffies en meisies
kon leer van kommas punte
kommapunte dubbelpunte dotjies
kappies umlaute koppeltekens en
aksente
'n flou frankenstein van
DIE POËSIE
hy sou altoos algemeen-beskaafd
NASIONAAL
stem en hom eerder bekommer
oor sy abc as die anc
hy was lief vir afdaal
in 'n bottel of 'n bundel
en verse daaroor te verkoop
solank hy koloniaal agter glas 'n mooi
UITSIG
op die dieretuin plaaslik kon kweek
hy het sy komma geswaai
oor alle mitiese verwysings
oor alle kitschwoordspel
oor alle kleinduimpierympies
tot by die allerewige estetiese
KOMAPUNT
nie meer kon verkeer nie
Vorige onderwerp: " dood 2 " deur PIET van ROOYEN
Volgende onderwerp: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:18:54 MGT 2024