Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " meisie 2 " deur PIET van ROOYEN
" meisie 2 " deur PIET van ROOYEN [boodskap #80853] Wo, 23 Julie 2003 02:07 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Piet van Rooyen

meisie 2

my meisie sit met haar voete in die water
en haar kop in die blare
sy is koel
want sy sit in die skaduwee
en haar rokkie is lig.
sy het druiwe op haar skoot
en sy korrel dit een vir een.
my meisie is mooi,
koel soos druiwe met haar voete in die water.
Re: " meisie 2 " deur PIET van ROOYEN [boodskap #80863 is 'n antwoord op boodskap #80853] Wo, 23 Julie 2003 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
My dame sê ek's 'n bokkapater
want ek soek net altyd nuwe water
Sy's lekker rond en vet
en vat driekwart van die bed
Eintlik is sy nog mooi vir my,
en pappie - kan sy nog lekker vry.

(Dinge verander maar mettertyd Piet)

"@rogers.com" wrote in message
news:q5mTa.41820$zwL.21467@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> Piet van Rooyen
>
> meisie 2
>
> my meisie sit met haar voete in die water
> en haar kop in die blare
> sy is koel
> want sy sit in die skaduwee
> en haar rokkie is lig.
> sy het druiwe op haar skoot
> en sy korrel dit een vir een.
> my meisie is mooi,
> koel soos druiwe met haar voete in die water.
>
Re: " meisie 2 " deur PIET van ROOYEN [boodskap #80882 is 'n antwoord op boodskap #80853] Wo, 23 Julie 2003 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Snaaks, net gisteraand het ek hierdie possie getik, maar toe nie tyd
gekry om dit te pos nie. In Die Burger van eergister (21 Julie) het
Daniel Hugo 'n stuk geskryf oor die digkuns en die Namibiese landskap.
Hy noem daarin onder andere dat daar tans net twee erkende Afrikaanse
digters in Namibië is; Piet van Rooyen en Kobus Lombard, en dan haal
hy die volgende gediggie van Piet van Rooyen aan, wat in sy eerste
bundel, "Draak op die Erf" (1973 - toe hy 19 jaar oud was) verskyn het
(geen titel word genoem nie):

kompas kompas in my hand
waar lê Gochas in die land?

sien jy waar my vinger roer
as jy deur my gaatjie loer
draai bietjie regs van noord se kant
neem 'n bottel water want
die son kan soms ongenadiglik brand
en 'n knipmes om 'n houtkruis mee te kerf
want die pad na Gochas lei ver deur die land
en loop plek-plek
sommer dik deur die sand

Dis vir my mooi, alhoewel ek moet erken dat my kennis van die digkuns
op 'n skaal van 0 tot 10, so ongeveer op 0.5 lê. Ek het nog nooit van
hom gehoor nie en wat ek jou wou vra is of jy van sy werke het, want
as hy op 19-jarige ouderdom so kon dig, sou hy later net nog beter kon
doen, en daar pos jy toe vandag hierdie "Meisie 2." Het jy nog?

Groete, Drom
Re: " meisie 2 " deur PIET van ROOYEN [boodskap #80888 is 'n antwoord op boodskap #80882] Wo, 23 Julie 2003 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" wrote in message

>> Dis vir my mooi, alhoewel ek moet erken dat my kennis van die digkuns
> op 'n skaal van 0 tot 10, so ongeveer op 0.5 lê. Ek het nog nooit van
> hom gehoor nie en wat ek jou wou vra is of jy van sy werke het, want
> as hy op 19-jarige ouderdom so kon dig, sou hy later net nog beter kon
> doen, en daar pos jy toe vandag hierdie "Meisie 2." Het jy nog?

Ek kry die gedigte van 'n webwerf af. Ek het ook nog nooit
van hom gehoor nie, maar hy is goed. As jy meer uitvind van
hom, vertel vir ons.
Alhoewel Opperman nou nie in Namibia gebly het nie, het
hy baie van sy gedigte daar laat afspeel, veral Blom van die
Baaierd. NP van Wyk Louw was nie soveel daarvan gebruik
gemaak nie, alhoewel hy gereeld Windhoek besoek het omdat
sy eerste vrou en sy kinders daar gebly het na hulle egskeiding.

Gloudina
Re: " meisie 2 " deur PIET van ROOYEN [boodskap #80916 is 'n antwoord op boodskap #80888] Do, 24 Julie 2003 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:

As jy meer uitvind van hom, vertel vir ons.

Gloudina

Ek het so vinnig op Google gaan inloer en hierdie stukkie op die
webblad, Boekwurm, gekry:

Insig, September 2001
Piet van Rooyen
Woord-sjamaan
'n Man van min woorde. Maar op "die neutrale terrein van die
boekbladsy" kom die woorde los. Sy jongste roman, Gif - oor 'n
uitmergelende perdewedren deur die woestyn, het pas by Protea-Boeke
verskyn en Die Brandende Man volg eersdaags. "Heavy weird - kwaai
ontstellend, afstropend - kaal," waarsku hy kripties.
Hy's 'n geswore Namibiër en boer deeltyds op sy savannaplaas naby
Gobabis met volstruise, beeste ("mooi, rustige, lekkerruikende goed")
en 'n klein stoet Arabierperde - 'n liefde wat hy deel met sy
predikantpa en sy oupa, 'n renperdteler en Vrystaatse boererebel.
Wanneer sy werk as dosent in politieke wetenskap by die Universiteit
van Namibië hom weghou van die plaas, woon hy, sy vrou, Annalie, en
hul twee kinders in Windhoek en huur hy 'n stuk grond vir sy perde in
Khomas Hochland.
Die skrywery kom van ver. Hy het in st.1 in die Volkskool Senekal met
klei gespeel toe hy 'n stem hoor wat sê hy sal skrywer word. Maar sy
pad het eers ander draaie gegooi: arbeidsverhoudingebeampte by 'n
titaanmyn noord van Richardsbaai, toe dosent in arbeidsverhoudinge aan
die Universiteit van Stellenbosch. Eers met die aanvaarding van 'n pos
by die Boesmanstigting naby Tsumkwe het hy sy stem gevind. Hier het hy
nou saam met die Boesmans geleef en "die filosoof, draadspanner,
mistikus, sjamaan en mensejagter" Paul Chapman leer ken - die
inspirasie vir sy bekroonde debuut Die Spoorsnyer (1993). In
opeenvolgende tekste spoor hy steeds 'n verlore self na in die beeld
van die Boesman. Hy verskil met die kritikus wat dit het oor die wit
man se skuldgevoel teenoor Boesmans in sy werk. "Ek het geen
skuldgevoelens teenoor enigiemand nie (behalwe miskien my vrou)". Die
skrywer, sê hy, eien hom die reg toe om karakters te gebruik en selfs
te misbruik om "dieper" aspekte van menswees bloot te lê. Die Boesmans
is "geen elwe of tuinkabouters nie, geen suiwer simbool van die
onskuldige mens nie", maar dit bots nie met die skrywersvryheid om
mites te skep of daarop voort te bou nie.
Die essensie van skryf is "die eenwording van die skrywer met sy
karakters en lesers, daar waar hy homself verloor in die ritme van die
dans waarmee hy hom in die geselskap van ander besig hou." Skryf en
lees maak heel, glo hy. Wanneer hy lees, is dit selde Afrikaans.
"Behalwe Bart Nel. Oor en oor." Onder dié wat hom besiel, tel Tolstoi,
Nabokof en Paulus (van Tarsus).
Hy voeg by: "Christus is natuurlik God - ek wil hom nie vervlak deur
hom in te sluit in my lysie van 'helde' nie." Sy godsdiensbelewing is
nie verander deur sy belangstelling in die Boesmans nie. "Vir my is
dit belangriker om intellektueel te glo as om 'n gevoel van
geestelikheid na te streef. Hoewel ek dié ook al kon smaak."
En waarheen lei dit alles? Hopelik na die begin. Vryheid, die naam van
sy geboortedorp. Sy persoonlike motto kom uit die vierde vers van die
ou Stem van Suid-Afrika: "Kneg van die Allerhoogste, teen die hele
wêreld vry!" - Sonja Loots
Re: " meisie 2 " deur PIET van ROOYEN [boodskap #80934 is 'n antwoord op boodskap #80916] Do, 24 Julie 2003 13:21 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" wrote in message

> Insig, September 2001
> Piet van Rooyen
> Woord-sjamaan

Dankie. Dis interessant dat hy vir 'n ruk met Boesmans in
aanraking gewees het. Die vars kulturele raamwerk wat
Boesmans vir westerse mense gee, maak gewoonlik 'n
groot indruk en laat hulle hulle eie westerse kultuur se aannames
opnuut bevraagteken. Ek dink dit was die rede waarom
" The Gods must be crazy" se populariteit so groot was dwarsoor
die wereld. Dis die enigste fliek wat binne ses maande drie
keer vertoon is in die plek waar ek toe gebly het in Kanada:
eenkeer in 'n privaat vertoning, daarna in 'n universiteits-klub
en toe in 'n gewone fliek. Intussen wys hulle op Amerikaanse
TV kanale hoe die mense blokke en blokke in New York
toustaan om in te gaan.
Die ou wat die hoofrol in die twee The Gods must be
crazy movies gespeel het, is nou onlangs dood. Hy was nie
baie oud nie. Ek was geinteresseerd om te sien dat hy later
in ander rolprente verskyn het wat nie in SA gemaak is nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: " oorlog 1 " deur PIET van ROOYEN
Volgende onderwerp: " dood 2 " deur PIET van ROOYEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:50:54 MGT 2024