Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Gesien uit die wond in my sy " deur INGRID JONKER
" Gesien uit die wond in my sy " deur INGRID JONKER [boodskap #80687] Sa, 19 Julie 2003 15:34
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ingrid Jonker

Gesien uit die wond in my sy

Ek het afgekyk van die berge en gesien ek is dood
My geskape slape die twee lammers op die slagpale van goud
en my hande die kroppe van duiwe gebreek met die palms na bo
O dat die woord wat bloei uit my mond
die vorm teruggee aan my liggaam
en die son die lyn aan die heuwels van graan
Want die waters van my dood soek na die olyftakkies van die sonskyn
en my volk die oop protea van die dagbreek
Bo die masjinerie van goud die waardigheid van hul skouers
in die deur van hul opstalle in die bekke van perde
groen sonlig met voete wat sleep
Maar sou hul my teëkom in die geldstuk
van elke sekonde wat tol op 'n toonbank
in die arendshart van die nag vol verminkte liggame
sou hul my kruisig oor en oor wat kom om hulle te red
Omdat ek glo dat daar nog geskied
in die buitewyke van die hart
die wit geboorte van die varkblomme
Want ek het gesien hoe jy Johannes
jou hand lê op die skouer van die swart man met die kruis
Vorige onderwerp: " by ou tafelberg" deur DAN ROODT
Volgende onderwerp: " meisie 1 " deur PIET VAN ROOYEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:25:46 MGT 2024