Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Winter " deur TOTIUS
" Winter " deur TOTIUS [boodskap #79743] Vr, 27 Junie 2003 01:51
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Totius
Winter

Die wilgerboom se takke vleg
- so jaag die storm - deurmekaar,
en van die moedertwygie vlieg
die nou alreeds vergeelde blaar
in warrelende neervaart weg.

Dit is nie een, dis tien en meer,
die blare, in hul wilde vlug
gelyk'nis van 'n sprinkaanswerm -
so roei en ruil hul deur die lug
en strek hul op die bodem neer.

Ek sien die boom met deernis aan,
al arm in sy deursigtigheid.
Maar op die grond skuif blad oor blad,
in eenheid saam 'n geel tapyt
waarvoor ek stilverwond'rend staan.
Vorige onderwerp: Gedig van Ronnie Belcher
Volgende onderwerp: " Grysblou bulte " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 19:55:18 MGT 2024