Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN
" Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78446] Wo, 28 Mei 2003 20:53 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

George Weideman
Herinneringe van die teruggekeerde soldaat

dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe die skaduwees
en waansinnige geloei van vegvliegtuie die wild op loop jaag;
hoe ysterbuffels en -ratels die aarde opdreun en op horings neem;
hoe geil die omahangu was

dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe makalani's
in die spervuur soos vuurhoutjies knak;
hoe die palms brand en swart roetvingers staan;
hoe geil die omahangu
hoe groen die palmbome was

dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe soos ruspers
die pantserwaens jong bome verorber en casspirs
soos vuilgroen sprinkane verslindend aanswerm;
hoe geil die omahangu
hoe groen die palmbome
hoe vry die visarend was

dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe die ou moeders
ween wanneer seunsrûe oor die kole gehaal word
en 'n mens die soet walg van mensvleis kry;
hoe geil die omahangu
hoe groen die palmbome
hoe vry die visarend
hoe regop die rokies van kosmaakvure was

dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe die makakunyas
met hul rubberswepe en hul mopaniknuppels kom;
hoe dogters tussen bokke wegkruip, seuns in struike vlug;
hoe geil die omahangu
hoe groen die palmbome
hoe vry die visarend
hoe regop die rokies van kosmaakvure
hoe ritmies die gestamp in die stampblok was

dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe soldatestewels
skop en hardhorendes kop eerste in wateremmers druk;
hoe manne een vir een soos rietmuise wegraak;
hoe geil die omahangu
hoe groen die palmbome
hoe vry die visarend
hoe regop die rokies van kosmaakvure
hoe ritmies die gestamp in die stampblok
hoe onbewoë soos olifante die vegters was

dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe grysaards
by hul beesgeraamtes huil en by die skelette van huise;
hoe kerkgeboue smeul want god word nie ontsien nie;
hoe geil die omahangu
hoe groen die palmbome
hoe vry die visarend
hoe regop die rokies van kosmaakvure
hoe ritmies die gestamp in die stampblok
hoe onbewoë soos olifante die vegters
hoe goddelik alles vroeër was.
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78456 is 'n antwoord op boodskap #78446] Wo, 28 Mei 2003 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3ED5220F.9060007@rogers.com...
> George Weideman
> Herinneringe van die teruggekeerde soldaat
>
> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe die skaduwees
> en waansinnige geloei van vegvliegtuie die wild op loop jaag;
> hoe ysterbuffels en -ratels die aarde opdreun en op horings neem;
> hoe geil die omahangu was
>
> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe makalani's
> in die spervuur soos vuurhoutjies knak;
> hoe die palms brand en swart roetvingers staan;
> hoe geil die omahangu
> hoe groen die palmbome was
>
> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe soos ruspers
> die pantserwaens jong bome verorber en casspirs
> soos vuilgroen sprinkane verslindend aanswerm;
> hoe geil die omahangu
> hoe groen die palmbome
> hoe vry die visarend was
>
> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe die ou moeders
> ween wanneer seunsrûe oor die kole gehaal word
> en 'n mens die soet walg van mensvleis kry;
> hoe geil die omahangu
> hoe groen die palmbome
> hoe vry die visarend
> hoe regop die rokies van kosmaakvure was
>
> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe die makakunyas
> met hul rubberswepe en hul mopaniknuppels kom;
> hoe dogters tussen bokke wegkruip, seuns in struike vlug;
> hoe geil die omahangu
> hoe groen die palmbome
> hoe vry die visarend
> hoe regop die rokies van kosmaakvure
> hoe ritmies die gestamp in die stampblok was
>
> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe soldatestewels
> skop en hardhorendes kop eerste in wateremmers druk;
> hoe manne een vir een soos rietmuise wegraak;
> hoe geil die omahangu
> hoe groen die palmbome
> hoe vry die visarend
> hoe regop die rokies van kosmaakvure
> hoe ritmies die gestamp in die stampblok
> hoe onbewoë soos olifante die vegters was
>
> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe grysaards
> by hul beesgeraamtes huil en by die skelette van huise;
> hoe kerkgeboue smeul want god word nie ontsien nie;
> hoe geil die omahangu
> hoe groen die palmbome
> hoe vry die visarend
> hoe regop die rokies van kosmaakvure
> hoe ritmies die gestamp in die stampblok
> hoe onbewoë soos olifante die vegters
> hoe goddelik alles vroeër was.
>
>

Ek onthou dat jy hierdie een voorheen geplaas het. Ek het hom selfs erens op
skyf. Ek sal bittergraag eendag terug wil gaan na Ovamboland en Suid-Angola
toe. Daar is 'n paar dinge wat ek graag sal wil afhandel... seker om
'closure' te kry (soos die Amerikaners so lief is om te se).

Maar dan moet ek ook byvoeg dat dit klink of George Weideman aan 'n mugu
eenheid toegeken was. Nie almal was so nie Gloudina... sommige van ons het
die land so lief gehad soos ons eie. Baie min van ons het 'n duit omgegee
oor die politiek. Meeste van die ouens wou net die job doen en huistoe
gaan... verkieslik in dieselfde fisiese toestand (as dan nie die geestelike
nie) as wat ons daar aangekom het.

Q
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78461 is 'n antwoord op boodskap #78456] Do, 29 Mei 2003 01:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> Maar dan moet ek ook byvoeg dat dit klink of George Weideman aan 'n mugu
> eenheid toegeken was. Nie almal was so nie Gloudina... sommige van ons het
> die land so lief gehad soos ons eie. Baie min van ons het 'n duit omgegee
> oor die politiek. Meeste van die ouens wou net die job doen en huistoe
> gaan.

Wat is 'n "mugu-eenheid"?
Ja, ek neem aan die soldate was maar net soos
die Amerikaanse soldate in Vietnam. Kanon-voer
wat 'n dom maar 'n gevaarlike regime gebruik
het, 'n regime wat duidelik gedirigeer was deur
seker faksies in die CIA.

Gloudina
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78468 is 'n antwoord op boodskap #78456] Do, 29 Mei 2003 06:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Q - jy mors jou tyd met die anti.

"Q" skryf in boodskap news:bb3ajh$4i5$1@sparta.btinternet.com...
>
> skryf in boodskap news:3ED5220F.9060007@rogers.com...
>> George Weideman
>> Herinneringe van die teruggekeerde soldaat
>>
>> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe die skaduwees
>> en waansinnige geloei van vegvliegtuie die wild op loop jaag;
>> hoe ysterbuffels en -ratels die aarde opdreun en op horings neem;
>> hoe geil die omahangu was
>>
>> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe makalani's
>> in die spervuur soos vuurhoutjies knak;
>> hoe die palms brand en swart roetvingers staan;
>> hoe geil die omahangu
>> hoe groen die palmbome was
>>
>> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe soos ruspers
>> die pantserwaens jong bome verorber en casspirs
>> soos vuilgroen sprinkane verslindend aanswerm;
>> hoe geil die omahangu
>> hoe groen die palmbome
>> hoe vry die visarend was
>>
>> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe die ou moeders
>> ween wanneer seunsrûe oor die kole gehaal word
>> en 'n mens die soet walg van mensvleis kry;
>> hoe geil die omahangu
>> hoe groen die palmbome
>> hoe vry die visarend
>> hoe regop die rokies van kosmaakvure was
>>
>> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe die makakunyas
>> met hul rubberswepe en hul mopaniknuppels kom;
>> hoe dogters tussen bokke wegkruip, seuns in struike vlug;
>> hoe geil die omahangu
>> hoe groen die palmbome
>> hoe vry die visarend
>> hoe regop die rokies van kosmaakvure
>> hoe ritmies die gestamp in die stampblok was
>>
>> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe soldatestewels
>> skop en hardhorendes kop eerste in wateremmers druk;
>> hoe manne een vir een soos rietmuise wegraak;
>> hoe geil die omahangu
>> hoe groen die palmbome
>> hoe vry die visarend
>> hoe regop die rokies van kosmaakvure
>> hoe ritmies die gestamp in die stampblok
>> hoe onbewoë soos olifante die vegters was
>>
>> dit sal ek nie lig vergeet nie: hoe grysaards
>> by hul beesgeraamtes huil en by die skelette van huise;
>> hoe kerkgeboue smeul want god word nie ontsien nie;
>> hoe geil die omahangu
>> hoe groen die palmbome
>> hoe vry die visarend
>> hoe regop die rokies van kosmaakvure
>> hoe ritmies die gestamp in die stampblok
>> hoe onbewoë soos olifante die vegters
>> hoe goddelik alles vroeër was.
>>
>
> Ek onthou dat jy hierdie een voorheen geplaas het. Ek het hom selfs erens op
> skyf. Ek sal bittergraag eendag terug wil gaan na Ovamboland en Suid-Angola
> toe. Daar is 'n paar dinge wat ek graag sal wil afhandel... seker om
> 'closure' te kry (soos die Amerikaners so lief is om te se).
>
> Maar dan moet ek ook byvoeg dat dit klink of George Weideman aan 'n mugu
> eenheid toegeken was. Nie almal was so nie Gloudina... sommige van ons het
> die land so lief gehad soos ons eie. Baie min van ons het 'n duit omgegee
> oor die politiek. Meeste van die ouens wou net die job doen en huistoe
> gaan... verkieslik in dieselfde fisiese toestand (as dan nie die geestelike
> nie) as wat ons daar aangekom het.
>
> Q
>
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78580 is 'n antwoord op boodskap #78468] Vr, 30 Mei 2003 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf
> Q - jy mors jou tyd met die anti.

Dalk so Jonas, dalk nie? Ek kry die gevoel dat sy wil verstaan?

Wat jou vraag verder hieronder re die bekgeveg betref, kan ek nie vir jou
vertel nie...

Maar as jy wil weet wie die mees gatvol vir die bekgeveg is? Die antwoord op
daai een is maklik.
Ek voel by die dag meer soos iemand wat owerspel aan 'n Mormoon probeer
verduidelik.

Nou begin ek myself afvra: hoekom is dit vir my so belangrik dat Speedy my
nie 'n bullshitter moet noem nie?
Is dit omdat dit die eerste keer in my lewe is dat iemand my so noem?
Is dit omdat ek 'n reeks poste oor 'n gebied gelees het, my ou logboek en
foto album uitgehaal het, 'n skydiving video op die speler gesit het en
onthou het... hoe ek die sport geniet het, hoe dit my week na week die krag
gegee het om aan te hou in 'n plek waarheen ek 'verban' was (totdat ek
eendag besef het dat ek lief vir die plek geraak het)?
Is dit omdat ek aanvanklik van mening was dat hy my pos bloot as 'n
springbord gebruik om die nuusgroep indirek in te lig dat hy:
a. 'n Vlieenier is
b. Sy eie vliegtuig/e het
c. Hy ervare is en weet waarvan hy praat wanneer dit by ligte vliegtuie kom
d. Hy soms die reels buig en daarmee wegkom
en nie omdat hy werklik van mening is dat ek 'n bullshitter is nie maar nie
weet hoe om die onderwerp aan te roer nie?
Of is dit dalk daai befoeterde streek in my wat my ouers altyd uit my uit
probeer kry het?

Dis mos nie of my lewe daarvan afhang nie?
Speedy is mos nie die belangrikste persoon in my lewe nie? Ek ken die ou nie
eens nie. Ek kan tog seker poog om groter as dit te wees? En sekerlik kan ek
kan dit net so goed vat as wat ek dit kan uitdeel?

So... diep asemteug... hier gaan ons.

Ok Speedy... vrede? Ek is hier om Afrikaans te gesels... nie om in
vlam-oorloe betrokke te raak nie.

En as jy wil glo dat ek 'n bullshitter is, is dit jou perogatief.
As jy van mening is dat ek nooit op Walvis was nie, en as die verlede
verduidelikings nie goed genoeg was om jou anders te oortuig nie, is daar
niks waaraan ek kan dink om by te voeg wat dit sal verander nie. As jy glo
dat ek nog nooit valskerm gespring het nie... ditto

En dit lyk of jy tog 'n antwoord op jou vraag gekry het Jonas?

Q
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78586 is 'n antwoord op boodskap #78461] Vr, 30 Mei 2003 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf
> Wat is 'n "mugu-eenheid"?


Gloudina,

Om jou vraag te beantwoord, 'n lang verduideliking:

In die herfs van 1991 gee my bevelvoerder my 'n opdrag wat dit vereis dat ek
met 'n spesialis polisie eenheid moet saamwerk. Hierdie eenheid spesialiseer
in wapenherwinning en ek is na hul basis toe om twee skakeloffisiere te
ontmoet. Kom by hul basis aan (na 'n lang soektog na die plek) en die twee
offisiere neem my om hul bevelvoerder te ontmoet... 'n majoor so reg uit die
Vyftigs uit. Hy het 'n swartraam bril aan (kon net sowel GOWWIRMENT op die
voorkant geskryf het) en 'n piepot haarstyl.

Terwyl die majoor voorwaardes vir die samewerking aan die twee offisiere
uitspel, kyk ek (doodverveeld) in die kantoor rond. Ek merk 'n reeks sitate
teen die muur op... uitstekende diens, dekorasie vir dapperheid, ens. Die ou
wat hierdie kantoor beset, het papiere om te wys dat hy 'guts' het, en as 'n
soldaat het ek onmiddellik respek vir so 'n persoon, vriend of vyand.

Maar sekerlik is dit nie die ou wat agter die lessenaar sit nie? Hy's dan so
vaal? Toe ons buite kom, vra ek die twee offisiere... en hulle beaam: dis sy
kantoor, hy is een van die hoogste gedekoreerde polisiemanne in die SAP. Wil
jy nou meer? Wys jou om nie iemand op sy baadjie te takseer nie. My les
geleer, is ek vort.

Die basis se naam? Vlakplaas
Die majoor se naam? Reg geraai: Eugene de Kock

Toe ek later die eerste berigte van wat werklik in Vlakplaas aangegaan het
lees, het ek geweier om die te glo. Sekerlik nie, hy's dan 'n held? Hy het
papiere om dit te bewys. Dis ook nie asof hy nie geweet het wat reg of
verkeerd was nie? Hy's dan 'n polisieman. Ek was doodseker dat die storie
binnekort sou ontvou om een of ander komplot teen De Kock se loopbaan te
ontbloot. Maar helaas, De Kock leer my toe dieselfde les 'n tweede keer.
Moenie iemand op sy sitate vir dapperheid takseer nie.

Die vraag onstaan: hoekom? Neem die Junker klas as nog voorbeeld.
Uitstekende soldate, briljante offisiere, dapper, gehard, vermaard. Maar nie
ongenaakbaar nie, nie riem-op-die-rug soldate nie. Tog is daar oorgenoeg
bewys tot die teendeel vanuit die Tweede Wereld Oorlog.

Die volgende is die enigste antwoord waaraan ek kan dink, (en dis vanuit my
eie ervaring):

Militere operasies stel die hele tyd 'n reeks morele vragies aan jou. Hier
is 'n eenvoudigde voorbeeld:
Jy's vars uit Infanterieskool uit, en dis jou eerste patrollie. Jou
patrollie kom by 'n Mahango land aan. Nou weet jy dat as dit 'n mielieland
in die Vrystaat was, dan sou jy om hom ry. Jy het mos respek vir die eiendom
van ander? En dis mos nie anders hier nie? So jy ry om die Mahango.

Terug by die basis word jy vertel dat dit goed so is... maar jy moet
versigtig wees want die vyand plant soms landmyne rondom Mahango landerye.

Volgende patrollie kom jy op Mahango af. Jy het nie die vermoe om na
landmyne te soek nie, en jy is in elk geval te haastig. En dis mos nie asof
dit 'n REGTE landery is nie. Hy het dan nie eens 'n trekker of 'n Combine
Harvester nie. Net hierdie enetjie. En jy ry deur. Tot die volgende een.
'Wat? Bestaan die hele blerrie land net uit Mahango lande uit? Bogger
dit...' En jy ry deur, en deur, en deur.

'n Onbenullige dingetjie, 'almal' doen dit sonder om eers twee keer te dink.
Voor die einde van die maand, is dit jou Godgegawe reg om deur Mahango lande
te ry. ...Maar jy is daar om die gebied en sy plaaslike bevolking (PB) te
beveilig, en in werklikheid het hy en sy eiendom alreeds beskerming teen jou
nodig. En dis maand een... (agt om te gaan). Dinge gaan nie beter raak nie.
Of gaan dit? Nou hang dit van die kwaliteit van die eenheid se leierskap af.

Dis nou die punt waar sommige bevelvoerders (ook Hendrik Jeremia Schultz)
jou eenkant toe sal trek en vir jou sal se: Stop jou kak. Jy is besig om jou
oog van die bal af te haal. Konsentreer op die taak, doen jou blerrie werk
en doen dit behoorlik. Dis jou laaste waarskuwing en ek gee dit slegs aan
jou omdat jy nuut hier is. Volgende keer skop ek jou gat so hard, jy sal vir
'n week lank sukkel met eenvoudige optelsomme.

Maar dis ook waar mense soos De Kock se: Hel boys, ek verstaan. Ek voel ook
so. Julle is ge-stress, julle is te besig om oor sulke klein goedjies te
'worry'. Moenie bekommerd wees nie manne, julle doen andersins fantastiese
werk. Ek sal julle 'cover' vir hierdie tipe goedjies. Dis mos my werk om
julle lewens makliker te maak.

Nodeloos om vir jou te se, ongeag van daardie leier se persoonlike
heldhaftigheid of effektiwiteit - dinge het so pas verkeerd begin loop in
daai eenheid.

Die ironie is dat, van 'n soldaat se perspektief, die tweede tipe
bevelvoerer die 'lekker' een is om voor te werk. Hy maak jou lewe maklik,
maak nie jou gat lam met onbenullighede soos administrasie en detail nie.
Solank jy die doelwitte behaal, is hy gelukkig - die doel heilig die
middelle.

En kort voor lank sny jy botter met 'n kettingsaag... nes 'n mugu.

Q
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78590 is 'n antwoord op boodskap #78580] Vr, 30 Mei 2003 19:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 May 2003 17:57:34 +0000 (UTC), "Q" wrote:

> Is dit omdat ek aanvanklik van mening was dat hy my pos bloot as 'n
> springbord gebruik om die nuusgroep indirek in te lig dat hy:
> a. 'n Vlieenier is
> b. Sy eie vliegtuig/e het
> c. Hy ervare is en weet waarvan hy praat wanneer dit by ligte vliegtuie kom
> d. Hy soms die reels buig en daarmee wegkom
> en nie omdat hy werklik van mening is dat ek 'n bullshitter is nie maar nie
> weet hoe om die onderwerp aan te roer nie?
> Of is dit dalk daai befoeterde streek in my wat my ouers altyd uit my uit
> probeer kry het?
>

Kom ons kyk hierna, Q. a - d kan ek alles in een verassende
stellling vir jou antwoord. Ek is drie of vier jaar deel van die groep
en (ek dink) dat dit die eerste keer is wat ek dit genoem het dat ek
'n vlieënier is. Terwyl ek dit skryf onthou ek dat iemand en ek
eendag gesels het oor iets waarin ek hom vertel het van 'n
vliegongeluk waar 'n vlieënier van 'n Trislander die vliegtuig
'n enkele honderd treë van my af in die aanloopbaan
ingevlieg het ten tye van 'n vliegskou. Weer opgestyg het, 'n enjin
verloor het tollende na die grond, en 'n noodlanding gedoen het net
buite die stad. Ek kan nie onthou of ek hom
toe vertel het dat ekself 'n vlieënier is nie, maar indien wel, was
dit in jare die eerste keer. Ek dink steeds dat hierdie die eerste
keer was, en dit kanselleer dus a-d. Mense ken my buite my
beroep en sportaktiwiteite, en hoor dikwels lank na ons kennise
geword het, by ander mense dat ek vlieg. Baie vinniger sal
hulle hoor dat ek snoeker speel:-).

Kom ons kyk na die onmiddellike opvolg daarop:
Ja, ek dink nie regtig dat jy 'n bullshitter is nie wéér veras ek jou
Q:-) deur jou weer verkeerd te bewys, want... ek het toe nié 'n
probleem oor òm en hòe om dit vir jou te sê nie.

Wat ek wel sé, en hoor my mooi Q, is dat jy oor die minute en sekondes
net voor jy uitgespring het, verskriklik gedramatiseer het. Dit het
geklink asof jy uit 'n Pitt Special gespring het:-)

> En sekerlik kan ek
> kan dit net so goed vat as wat ek dit kan uitdeel?

Groot woorde daardie, Q.

>
> So... diep asemteug... hier gaan ons.
>
> Ok Speedy... vrede? Ek is hier om Afrikaans te gesels... nie om in
> vlam-oorloe betrokke te raak nie.

Vrede Q. Ek hou van jou manier van skryf. Jy het 'n lekker skerp
manier om dinge te stel. Vat vyf. Baie van wat hier gesê is, is ietwat
tong in die kies gesê, en ek gesels graag weer met jou.

Gisteraand se brief van jou het ek nie op die groep gesien nie.
Hoe weet ek dus daarvan? 'n Vriend/in in Skàlledawië, ('n land in die
Skalledawiese Oseaan) het dit vir my ge-epos. Om 'n onverstaanbare
rede kon ek nie nuusgroepe lees gisteraand nie. Dit blyk dat dit 'n
probleem wyer as slegs by my bediener was. Ek kan selfs vanaand
geen van julle geselse van gisteraand lees nie.

>
> En as jy wil glo dat ek 'n bullshitter is, is dit jou perogatief.
> As jy van mening is dat ek nooit op Walvis was nie, en as die verlede
> verduidelikings nie goed genoeg was om jou anders te oortuig nie, is daar
> niks waaraan ek kan dink om by te voeg wat dit sal verander nie. As jy glo
> dat ek nog nooit valskerm gespring het nie... ditto
>
Ek glo woord vir woord wat jy vertel Q, (behalwe...:-)))).
Jou vertellings en beskrywings maak jou 'n ervare springer, Q.

Vrede en vriendskap vorentoe:-)

Speedy
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78602 is 'n antwoord op boodskap #78586] Vr, 30 Mei 2003 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> In die herfs van 1991
>
> Die basis se naam? Vlakplaas
> Die majoor se naam? Reg geraai: Eugene de Kock
>
> Toe ek later die eerste berigte van wat werklik in Vlakplaas aangegaan het
> lees, het ek geweier om die te glo.

Dis ook nie asof hy nie geweet het wat reg of
> verkeerd was nie?

Onthou ek nou reg. Is Eugene die ou wat
uiteindelik begin praat het "van wat op
Vlakplaas gebeur het" en toe uiteindelik
Engeland toe gevlug het omdat hy gevrees
het dat sy onthullings sy lewe in gevaar
stel. Verfris my geheue.

Gloudina
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78604 is 'n antwoord op boodskap #78586] Vr, 30 Mei 2003 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> Militere operasies stel die hele tyd 'n reeks morele vragies aan jou.
Nou hang dit van die kwaliteit van die eenheid se leierskap af.

> Nodeloos om vir jou te se, ongeag van daardie leier se persoonlike
> heldhaftigheid of effektiwiteit - dinge het so pas verkeerd begin loop in
> daai eenheid.
>
> Die ironie is dat, van 'n soldaat se perspektief, die tweede tipe
> bevelvoerer die 'lekker' een is om voor te werk. Hy maak jou lewe maklik,
> maak nie jou gat lam met onbenullighede soos administrasie en detail nie.
> Solank jy die doelwitte behaal, is hy gelukkig - die doel heilig die
> middelle.
>
> En kort voor lank sny jy botter met 'n kettingsaag... nes 'n mugu.

Daar moet in die militêre opleidings-
boeke seker dinge geskryf wees juis
oor hierdie soort situasie, neem ek
aan. En in die groter konteks, moet
daar mense wees wat vandag besin oor
"wat verkeerd geloop het" in die
hele militêre en staatkundige klimaat
van die laaste deel van die apartheids-
regime. Ek hou nog vol dat die mense
in die eerste paar jaar van die regime
nie sou kon glo waar alles uiteindelik
op uitgeloop het nie. Ek het alleen
ondervinding van die situasie in die
geval van swart onderwys. As eerste
Direkteur van Bantoe-Onderwys het hulle
Frank de Villiers aangestel. Hy was 'n
baie gerespekteerde opvoedkundige, wat
die Amerikaanse sendelinge by Adams
Mission uitgenooi het om hulle Hoof
te word. Ek het toevallig vir Frank de
Villiers persoonlik geken, omdat ek saam
met een van sy dogters op universiteit
was en baie by hulle aan huise was. Frank
de Villiers, glo ek, was seker later
diep geskok om te sien watter paadjie die
sake in Bantoe-Onderwys geloop het. Net
omdat 'n klomp gewetenlose en selfsugtige
persone in die departement dit vir hulle
eie persoonlike gewin begin gebruik het.
So het dit gebeur dat die departement van
Bantoe-Onderwys volgestroom het van wit
onderwysers, gewoonlik mans, wat prinsipaal-
skappe wou hê. Ek is seker dat selfs Verwoerd
nie hierdie uitkoms vir sy beleid van "aparte
ontwikkeling" beoog het nie.

Gloudina
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78609 is 'n antwoord op boodskap #78590] Vr, 30 Mei 2003 23:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Conzales" skryf...

> Vrede en vriendskap vorentoe:-)

Laat dit so wees Speedy. Dankie vir die kompliment oor die skryfstyl.

Q
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78610 is 'n antwoord op boodskap #78602] Vr, 30 Mei 2003 23:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3ED7D063.6040808@rogers.com...
>
>
> Onthou ek nou reg. Is Eugene die ou wat
> uiteindelik begin praat het "van wat op
> Vlakplaas gebeur het" en toe uiteindelik
> Engeland toe gevlug het omdat hy gevrees
> het dat sy onthullings sy lewe in gevaar
> stel. Verfris my geheue.
>
> Gloudina
>
Ek is nie 100% seker nie, maar ek dink jy verwys na kapt Dirk Coetzee?

Q
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78611 is 'n antwoord op boodskap #78604] Sa, 31 Mei 2003 00:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf


> Daar moet in die militêre opleidings-
> boeke seker dinge geskryf wees juis
> oor hierdie soort situasie, neem ek
> aan.


Ongelukkig nie Gloudina,

Mens sou dink dat dit die eerste ding sou wees wat 'n soldaat geleer moet
word?

Maar dan weer, moraliteit is nie iets wat uit boeke geleer kan word nie.

Die duiwel is, dat die morele vragie wat die omstandighede vra, altyd
'klein' is. Nooit groot nie. Maar as jy eers die verkeerde antwoord gegee
het, is die omstandighede onmiddellik daar met die volgende vragie.

Q
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78613 is 'n antwoord op boodskap #78611] Sa, 31 Mei 2003 01:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> Mens sou dink dat dit die eerste ding sou wees wat 'n soldaat geleer moet
> word?
>
> Maar dan weer, moraliteit is nie iets wat uit boeke geleer kan word nie.
>
> Die duiwel is, dat die morele vragie wat die omstandighede vra, altyd
> 'klein' is. Nooit groot nie. Maar as jy eers die verkeerde antwoord gegee
> het, is die omstandighede onmiddellik daar met die volgende vragie.

Nou wonder ek net of dit juis as 'n kwessie
van "moraliteit" gesien moet word. Is dit
nie miskien 'n kwessie van ondeurdagtheid,
'n kwessie van maak-maar-soos-dit-lyk-of-
dit-die-maklikste-is, of soiets. Ek het nou
die dag 'n goeie analise van hierdie soort
ding gelees deur een van ons leidende denkers
hier in Kanada ( getroud met ons Goewerneur-
Generaal.) Hy het as voorbeeld geneem die
manier waarop hulle in Engeland die mad cow
disease-situasie probeer behandel het. ( Dis
nou 'n artikel wat maande voor ons eie mad
cow krisis geskryf is.)
Maar miskien moet mens dit tog maar "morele
besluite" noem. Ek dink altyd aan die Noord
Amerikaanse eerste nasie-filosofie dat mens
moet dink hoe jou besluite die volgende sewe
geslagte sal beinvloed, en alleen dinge doen
wat goeie gevolge het vir die volgende sewe
geslagte ( dus ongeveer vyfhonderd jaar?) Ek
dink ook altyd dat hierdie soort denke dit
moontlik maak vir die toekoms om die hede te
beinvloed: wat jy oor vyfhonderd jaar wil sien
gebeur, moet jy nou al begin.

Gloudina
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78626 is 'n antwoord op boodskap #78580] Sa, 31 Mei 2003 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> Ek voel by die dag meer soos iemand wat owerspel aan 'n Mormoon probeer
> verduidelik.

Nogal 'n interessante stelling. As mens
bietjie daaraan dink, dan het so 'n
situasie implikasies wat te doen het met
kultuur op 'n wyer vlak. Hou sogenaamde
"westerse" waardes (eintlik christelik-
geinspireerde waardes) enigsins water
as dit kom by 'n kultuur wat hierdie
"waarde" nie aanneem as 'n hoeksteen
van sy kultuur nie. En hoekom is die
Amerikaners so teen veelwywery in die
VSA wanneer mens hulle nie hoor optrek
teen veelwywery in Afrika en ander
kontinente nie? En kan mens nou hierdie
preutsheid oor veelwywery in die algemene
Amerikaanse kultuur "christelik" noem?
Het Christus hom ooit daarteen uitgespreek?
Was daar nie veelwywery in sy tyd in die
Midde-Ooste nie.
En hoekom is dit, in die VSA, onwettig
om met veelvuldige vroue te trou, maar Jack
Kennedy se blykbaar kompulsiewe gehoerery
is nie "onwettig" nie?

Gloudina
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78627 is 'n antwoord op boodskap #78610] Sa, 31 Mei 2003 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> Ek is nie 100% seker nie, maar ek dink jy verwys na kapt Dirk Coetzee?

Ja, ek onthou nou. Ek het teruggegaan
na Antjie Krog se "Country of my Skull"
om uit te vind wat Eugene de Kock se
uiteinde was, en hy was blykbaar voor die
hof voor die WVK in werking getree het.
Wat het van hom geword. Sit hy nog in
die tronk?
Ek merk in Krog se boek dat vyf van
die Vlakplaas-geledere toe voor die
Waarheidskommissie verskyn het en om
versoening gevra het. Wat dink jy van
die WVK se sukses en effek na al die
jare?

Gloudina
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78630 is 'n antwoord op boodskap #78627] Sa, 31 Mei 2003 16:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf

> Wat het van hom geword. Sit hy nog in
> die tronk?

Ek kan ongelukkig nie se nie. Laaste wat ek gehoor het, was hy steeds in die
tronk, maar die bron was oud en nie primer nie.

Wat dink jy van
> die WVK se sukses en effek na al die
> jare?

My persoonlike opinie was dat die konsep briljant, en die uitvoering so
professioneel moontlik was (gegewe die omstandighede en die kompleksiteit
van die 'issues').

Ek is van mening dat dit 'n goeie 'oudit' was om die oue af te sluit en die
nuwe te begin en dat die oorgang nie moontlik sou wees sonder hierdie oudit
nie. Ek glo dat die aard en struktuur daarvan noukeuring geselekteer was om
beide gesag aan die aktiwteite toe te ken, en ook 'n reeks juridiese
alternatiewe aan beide van die strydende partye te bied. Ek glo verder dat
daar nie 'n beter voorsitter aangestel kon word as 'Arch' nie. Hy is nie 'n
regter nie, (in my opinie sou dit 'n fout gewees het om 'n regter as
voorsitter aan te stel - dit sou die alternatiewe juridiese struktuur
ondermyn), en hy het, (wat my betref), hom al keer op keer as die gewete van
die land onderskei.

Dit is moeilik om so 'n reeks aktiwiteite te kwantifiseer. Ek is seker dat
daar diegene sal wees wat sal kan uitwys dat sus of so nie volgens plan
verloop het nie, of dat die of daai doelwit nie behaal was nie. Maar ter
selfde tyd het dit 'n 'n aantal mense, (insluitende myself), met 'n stel
feite gekonfronteer. En dit opsigself, moet 'n goeie ding wees.

Q
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78637 is 'n antwoord op boodskap #78630] Sa, 31 Mei 2003 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

Ek glo verder dat
> daar nie 'n beter voorsitter aangestel kon word as 'Arch' nie. Hy is nie 'n
> regter nie, (in my opinie sou dit 'n fout gewees het om 'n regter as
> voorsitter aan te stel - dit sou die alternatiewe juridiese struktuur
> ondermyn), en hy het, (wat my betref), hom al keer op keer as die gewete van
> die land onderskei.

Ons het na Boraine, die ondervoorsitter,
hier in Ottawa kon luister, en ek was
geinteresseerd om te hoor dat hy ook
'n predikant van een of ander Engelse
kerk was, onder andere.
Daar was so baie kritiek op die WVK
terwyl dit aan die gang was, en as mens
elke stuk kritiek op die keper beskou het,
het die kritici soms gelyk gehad. Maar ek
dink ook dat dit as 'n proses 'n baie
gesonde uitwerking gehad het, waarsonder
SA nie die emosionele stabiliteit kan hê
wat dit eintlik nou het nie. Daar was genoeg
openbaring van die vergrype van apartheid en
die vergrype ook aan die ander kant van die
munt, dat na 'n periode van rou oor die
verlede, almal bereid was om in die toekoms
te begin lewe. Ek luister op TV die ander
dag na 'n onderhoud met Tutu ( wat tydelik
in Florida klasgee) waar hulle vir hom vra
of die mense van Irak ook kan baat by so 'n
WVK kommissie, en hy toegee dat dit baie
helend en behulpsaam kan wees as lede van die
Baath party 'n kans gegee kan word om dinge
reg te sit voor so 'n kommissie.
Ek persoonlik dink nie eintlik dat mens
Irak en SA kan vergelyk nie, maar miskien is
daar altyd 'n nodigheid vir waarheid en
vergiffenis.

Gloudina
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78764 is 'n antwoord op boodskap #78626] Di, 03 Junie 2003 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jammer vir die effe laat respons... ek het my oe geknip en toe is die naweek
verby...

Ek het 'n vermoede dat die kort antwoord is dat elke waarde 'n prys het. Al
wat nodig is, is die regte tyd, die regte plek, die regte stel
omstandighede, en ons almal sal ons rue drie maal op 'n leeftyd se waardes
draai voor die haan kraai. Dan weer, kan dit wees dat hierdie verdomde reen
my weer swartgallig gelaat het?

Q
Re: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #78766 is 'n antwoord op boodskap #78764] Di, 03 Junie 2003 20:06 Na vorige boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Q" skryf in boodskap news:bbiugk$5tq$1@hercules.btinternet.com...
>
> Dan weer, kan dit wees dat hierdie verdomde reen
> my weer swartgallig gelaat het?
>
> Q

Kom nou, jy is nie 'n dassie nie, jy kan 'n reënjas bekostig! :-)))

Lorinda
Vorige onderwerp: " Bram Fischer " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Musietejag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 08:47:43 MGT 2024