Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Bram Fischer " deur FERDI GREYLING
" Bram Fischer " deur FERDI GREYLING [boodskap #78748] Di, 03 Junie 2003 13:15
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Bram Fischer
Ferdi Greyling

In die Vrystaat grootgeword
met die weerklank
van Boerekrygers wat oor die veld galop.

Later het hulle woede en verset
teen dié wat mense ontneem en vertrap,
gedagtes geword wat loop in jou kop.

Toe moes jy teen die Boere se kinders baklei
-- want in jou was 'n hart wat nie anders kon,
as om vir álle armes en ontneemdes te klop.
Vorige onderwerp: " Legende van die drie versoekinge " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 08:11:12 MGT 2024