Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Bontekoe " deur D.J. OPPERMAN
" Bontekoe " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #78638] So, 01 Junie 2003 00:25
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

D.J. Opperman
Bontekoe

Dit het teen kerslig met die dop begin
toe vate vlam vat en die skip
vol brandende brandewyn opspring
en my, Bontekoe, nader skiet na God.
Ek val terug ... moet in 'n kleiner boot inklim.

'n Rukkie, in die skip se ligtelaaie,
sien ons kase, mensekoppe, waatlemoene,
spanspekke, pekelvarke en skouerblaaie
dobberend geklits in kookwaters
deur swaardvisse en blouvinhaaie.

Ek neem die brood en water op rantsoen.
Die brood raak op. Uit ons laaste vaatjie
skep ek smoors in die neusie van 'n skoen
'n slok ... Elkeen drink sy eie water,
buike en die bene swel - party bars groen.

Die matrose fluister snags en murmureer.
Kyk, kyk hoe hulle na die jong seun kyk.
Ek praat en soebat, smeek ons Liewe Heer,
toe skielik uit die mis en tropereën
skreeu om ons 'n duisend meeue.

Later die matrose weer: die seun! Ek beloof
as daar geen uitkoms is, my eie lyf.
Maar skielik uit die water breek 'n boog
gevlerkte vis. En skommelend nader dryf -
o God, drie maal geprys! - harig 'n klapperdop.
Vorige onderwerp: " Blom van die Baaierd " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Legende van die drie versoekinge " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 06:25:26 MGT 2024