Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ternietprinses " deur WILHELM KNOBEL
" Ternietprinses " deur WILHELM KNOBEL [boodskap #78199] Vr, 23 Mei 2003 23:30
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wilhelm Knobel
Termietprinses

Jou vlug duur skaars één uur
waar berg jy lig in die lang reses?
en krag wat straal uit jou
laat orde groei in die ryk
hoe lank?

Jou liggaam is lig gedra op die wind
wat hubare dogters dryf in die wind,
maar wat as die liggaam log word met die tyd
en tyd nie langer gedeel word nie
in reëlmaat van donker en lig?
Die lig teer weg met groei van die lyf
bloedskande broei in die ryk
as jy telkens 'n man weer baar
dat die ras kan leef
- die laaste verkrag die troon
en die jongste dogter móét meineed pleeg
dat orde groei

en waansin groei?

Hoe berg jý lig
wat nooit die ligvlug ken één uur
prinses?
Vorige onderwerp: Vandag se Gedig - sonder naam
Volgende onderwerp: " Ballade van die grysland " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:54:51 MGT 2024