Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS
" Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77463] Wo, 07 Mei 2003 19:18 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Johann Lodewyk Marais
Drie-agtdaereën

Dit reën dag en nag aaneen. Water trek
in grond, klip en bas in. Erdwurms seil flink
oor riffelsand in die pad. Paddas klok.
Geelvis swem teen kuil en stroomversnelling
op. Draai waar 'n wilker ontwortel lê.
Babers roer hul snorre teen 'n ribbok
in Rietspruit versuip, en kook die water.
Peesters van 'n katbos steek uit. Stuk-stuk
spoel 'n versteende boomstam oop en bloot
teen 'n hang. 'n Aardgees pie uit 'n sloot
se wal. Skape kom vrotpoot die berg af.
'n Koei neuk in 'n sloot waar die spaansriet
water trek en hul litte rek. Bondels
wolke maal en pluis soos wol uitmekaar.
'n Duif dryf in 'n geut. 'n Nes rafel
uit 'n tak oor die huis. Dennebolle
val op die sinkdak. Teen boomwortels stuit
die naalde aangerif. Water dring in
dendrolietlae in soos 'n oerritme.
Een nag koer 'n duif helder in 'n boom:
môre sal die son oor alles heen skyn.
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77477 is 'n antwoord op boodskap #77463] Do, 08 Mei 2003 05:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit was bepaald nie in 2003 - in die RSA nie. Dit was seker een van die
droogste en warmste somers in dekades.
skryf in boodskap news:3EB95C48.9050804@rogers.com...
> Johann Lodewyk Marais
> Drie-agtdaereën
>
> Dit reën dag en nag aaneen. Water trek
> in grond, klip en bas in. Erdwurms seil flink
> oor riffelsand in die pad. Paddas klok.
> Geelvis swem teen kuil en stroomversnelling
> op. Draai waar 'n wilker ontwortel lê.
> Babers roer hul snorre teen 'n ribbok
> in Rietspruit versuip, en kook die water.
> Peesters van 'n katbos steek uit. Stuk-stuk
> spoel 'n versteende boomstam oop en bloot
> teen 'n hang. 'n Aardgees pie uit 'n sloot
> se wal. Skape kom vrotpoot die berg af.
> 'n Koei neuk in 'n sloot waar die spaansriet
> water trek en hul litte rek. Bondels
> wolke maal en pluis soos wol uitmekaar.
> 'n Duif dryf in 'n geut. 'n Nes rafel
> uit 'n tak oor die huis. Dennebolle
> val op die sinkdak. Teen boomwortels stuit
> die naalde aangerif. Water dring in
> dendrolietlae in soos 'n oerritme.
> Een nag koer 'n duif helder in 'n boom:
> môre sal die son oor alles heen skyn.
>
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77482 is 'n antwoord op boodskap #77477] Do, 08 Mei 2003 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Dit was bepaald nie in 2003 - in die RSA nie. Dit was seker een van die
> droogste en warmste somers in dekades.

>> Johann Lodewyk Marais
>> Drie-agtdaereën

>> Dit reën dag en nag aaneen.

Ek wonder of hy die reën probeer beskryf
wat geval het die veertig dae en veertig
nagte gedurende die tyd van Noag en die
Ark. Veral omdat die duif aan die einde
aankondig dat die reën gaan ophou.
Maar drie maal ag is tog nie veertig
nie. Is daar so 'n uitdrukking - 'n "agt-
daereën"? Ek ken dit nie. Al wat ek ken
is die woord "landsreën." Dis die soort
reën wat gewoonlik twee of drie dae geduur
het daar in die Noordweste, en wat dink ek
veroorsaak is as die winterreën van die
Boland om een of ander rede daardie jaar
meer noord gedryf het sommige kere. Dit het
dan ook altyd uit die suide gekom. As ons
die jaar so teen die laatwinter 'n mooi
landsreën gehad het, dan het ons geweet dat
ons daardie jaar mooi blommetjies in die
bulte van die Noordkaap sou hê. Nie so mooi
soos in Namakwaland nie, maar asemberowend
nogtans. Dis alleen in sulke jare dat die
driedorings met mening geblom het, en om 'n
driedoring in blom te sien, is iets spesiaals.
Groei daar driedorings in ander dele van die
SA?

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77490 is 'n antwoord op boodskap #77482] Do, 08 Mei 2003 15:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die titel bly bepaald 'n raaisel.
Ek het soms 'n probleem met 'n gedig waar 'n kennis van die digter se
binnekamer nodig is om volledig sin te maak.
skryf in boodskap news:3EBA575D.3010600@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Dit was bepaald nie in 2003 - in die RSA nie. Dit was seker een van die
>> droogste en warmste somers in dekades.
>
>>> Johann Lodewyk Marais
>>> Drie-agtdaereën
>
>>> Dit reën dag en nag aaneen.
>
>
>
> Ek wonder of hy die reën probeer beskryf
> wat geval het die veertig dae en veertig
> nagte gedurende die tyd van Noag en die
> Ark. Veral omdat die duif aan die einde
> aankondig dat die reën gaan ophou.
> Maar drie maal ag is tog nie veertig
> nie. Is daar so 'n uitdrukking - 'n "agt-
> daereën"? Ek ken dit nie. Al wat ek ken
> is die woord "landsreën." Dis die soort
> reën wat gewoonlik twee of drie dae geduur
> het daar in die Noordweste, en wat dink ek
> veroorsaak is as die winterreën van die
> Boland om een of ander rede daardie jaar
> meer noord gedryf het sommige kere. Dit het
> dan ook altyd uit die suide gekom. As ons
> die jaar so teen die laatwinter 'n mooi
> landsreën gehad het, dan het ons geweet dat
> ons daardie jaar mooi blommetjies in die
> bulte van die Noordkaap sou hê. Nie so mooi
> soos in Namakwaland nie, maar asemberowend
> nogtans. Dis alleen in sulke jare dat die
> driedorings met mening geblom het, en om 'n
> driedoring in blom te sien, is iets spesiaals.
> Groei daar driedorings in ander dele van die
> SA?
>
> Gloudina
>
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77500 is 'n antwoord op boodskap #77490] Vr, 09 Mei 2003 06:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Daar is beslis so iets soos 'n "drie-agdaereën". Ek ken die term van my
kleintyd af, maar ek kan nie onthou waar in die land dit voorkom nie. Ons
het dit geleer saam met "perskereën" en daai goed.

Ek stem saam met jou, ek kry ook swaar met gedigte wat so persoonlik is dat
buitestaanders g'n kop of stert daarvan kan uitmaak nie. Ek dink daar word
soms 'n swetterjoel bybetekenisse aan die gedig toegedig (!) en al wat die
ou wou sê is dalk dat sy kat weg is.

Dit bly ongelukkig seker nogtans sy reg om in elk geval sulke gedigte te
skryf. Dis ook seker net so geldig as die gedigte wat bloot om die vorm
daarvan geskryf word - daar is 'n paar sulke voorbeelde in die Groot
Verseboek. Mens kan dit dan seker maar soos abstrakte skilderkuns
interpreteer en maar jou eie betekenis daaraan heg.

"Jonas" skryf in boodskap news:b9du6a$nin$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die titel bly bepaald 'n raaisel.
> Ek het soms 'n probleem met 'n gedig waar 'n kennis van die digter se
> binnekamer nodig is om volledig sin te maak.
> skryf in boodskap news:3EBA575D.3010600@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>> Dit was bepaald nie in 2003 - in die RSA nie. Dit was seker een van die
>>> droogste en warmste somers in dekades.
>>
>>>> Johann Lodewyk Marais
>>>> Drie-agtdaereën
>>
>>>> Dit reën dag en nag aaneen.
>>
>>
>>
>> Ek wonder of hy die reën probeer beskryf
>> wat geval het die veertig dae en veertig
>> nagte gedurende die tyd van Noag en die
>> Ark. Veral omdat die duif aan die einde
>> aankondig dat die reën gaan ophou.
>> Maar drie maal ag is tog nie veertig
>> nie. Is daar so 'n uitdrukking - 'n "agt-
>> daereën"? Ek ken dit nie. Al wat ek ken
>> is die woord "landsreën." Dis die soort
>> reën wat gewoonlik twee of drie dae geduur
>> het daar in die Noordweste, en wat dink ek
>> veroorsaak is as die winterreën van die
>> Boland om een of ander rede daardie jaar
>> meer noord gedryf het sommige kere. Dit het
>> dan ook altyd uit die suide gekom. As ons
>> die jaar so teen die laatwinter 'n mooi
>> landsreën gehad het, dan het ons geweet dat
>> ons daardie jaar mooi blommetjies in die
>> bulte van die Noordkaap sou hê. Nie so mooi
>> soos in Namakwaland nie, maar asemberowend
>> nogtans. Dis alleen in sulke jare dat die
>> driedorings met mening geblom het, en om 'n
>> driedoring in blom te sien, is iets spesiaals.
>> Groei daar driedorings in ander dele van die
>> SA?
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77508 is 'n antwoord op boodskap #77500] Vr, 09 Mei 2003 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

Ons
> het dit geleer saam met "perskereën" en daai goed.

Wat is "perskereën" nou weer? Ek neem aan
dit is reën wat val wanneer die perskes
begin ryp word, maar waar in die land is
die rypword van die perskes so 'n okkasie
dat dit sy naam aan 'n reën gee? Snaaks
genoeg, ek kan nie eintlik die rypword
van perskes se datum onthou nie, alhoewel
ek daar op die eilande van die Oranje tussen
die beste van die bestes grootgeword het.
(Onthou, dis die tuiste van die Kakamas-
taaipitperske.) Maar ek onthou so goed die
tyd wanneer die appelkose rypgeword het -
die eerste twee weke in November. Ek
onthou dat ek eenvoudig net in die bome
ingevaar het en seker meer as twintig of
dertig appelkose op 'n keer ge-eet het.
Dit was tegelykertyd die seisoen wanneer
mense "appelkoos-siekte" gekry het, wat geglo
is veroorsaak te word deur die eet van groen
appelkose. Die afgelope jaar het mense hier
in Noord-Amerika baie gely aan die Norwalk-
virus, 'n verskriklike vorm van appelkoos-
siekte. Dit was ook so ongeveer in November
dat dit op die hoogtepunt was. Nou wonder ek
of appelkoossiekte en die Norwalk-virus iets
soortgelyks is.

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77509 is 'n antwoord op boodskap #77500] Vr, 09 Mei 2003 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Ek stem saam met jou, ek kry ook swaar met gedigte wat so persoonlik is dat
> buitestaanders g'n kop of stert daarvan kan uitmaak nie. Ek dink daar word
> soms 'n swetterjoel bybetekenisse aan die gedig toegedig (!) en al wat die
> ou wou sê is dalk dat sy kat weg is.

Ek dink dat as 'n gedig niks vir niemand sê
nie, dan is dit nie 'n gedig nie. Maar mens
moet oppas dat jy nie jou eie voorwaardes op
'n kunswerk gaan afforseer nie. Dit wil sê:
"ek sal van jou hou as jy hierdie en daardie
soort gedig is."
Ek dink nie Johan Loderwyk Marais is 'n vreeslike
belangrike digter in Afrikaans nie. Ek dink hy
timmer teveel gedigte aanmekaar sonder dat dit mens
vreeslik roer. Maar in die bostaande gedig het hy
ten minste 'n stuk atmosfeer geskep wat my kan roer-
en wat 'n ondertou het wat mens kan wegvoer na
bedekte bedoelings. Ek dink 'n suksesvolle gedig
laat iets in 'n mens verskuif as jy daarmee in
aanraking kom.

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77510 is 'n antwoord op boodskap #77500] Vr, 09 Mei 2003 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

Dis ook seker net so geldig as die gedigte wat bloot om die vorm
> daarvan geskryf word - daar is 'n paar sulke voorbeelde in die Groot
> Verseboek.

Kan jy meer hieroor praat. Watter spesifieke
gedigte bedoel jy? (Ek hoop ek het dit in ons
ou uitgawe Groot Verseboek.

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77518 is 'n antwoord op boodskap #77509] Vr, 09 Mei 2003 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 09 May 2003 12:36:34 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Ek dink dat as 'n gedig niks vir niemand sê
> nie, dan is dit nie 'n gedig nie.
> Gloudina

Kom ons ontleed die 'slim' stelling van jou.
Beteken 'niks vir niemand' dat dit eintlik
'iets vir almal' sê?
Vir my klink dit maar lekker stupid
gesê en heel waarskynlik heel in teenstelling
met wat jy eintlik probeer sê.
Want as jy vir niemand niks sê nie, is jy mos
welsprekend.

Dawie
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77525 is 'n antwoord op boodskap #77518] Vr, 09 Mei 2003 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DD wrote:

> Kom ons ontleed die 'slim' stelling van jou.

Kom ons ontleed jou gesplete
persoonlikhede.

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77527 is 'n antwoord op boodskap #77525] Vr, 09 Mei 2003 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 09 May 2003 19:03:44 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Kom ons ontleed jou gesplete
> persoonlikhede.
>
> Gloudina
>

Betreffende dit, het Stone reeds 'n analise gedoen..
Ongelukkig vir jou, was jy die prooi van die ontleedmes.

DD
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77545 is 'n antwoord op boodskap #77510] Sa, 10 Mei 2003 09:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal graag. Dis is die nuwe uitgawe - André Brink maak juis 'n saak oor
die insluiting daarvan uit in die inleiding van die boek. Ek sal dit Maandag
saambring en vir jou van die voorbeelde tik. Dis nogtans nie heeltemal
niksseggend nie - die blote vorm fisiese vorm van die plasing van woorde in
die gedigte sê iets. Kan nie onthou wat nie.

Koot

skryf in boodskap news:3EBBA195.1010408@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
> Dis ook seker net so geldig as die gedigte wat bloot om die vorm
>> daarvan geskryf word - daar is 'n paar sulke voorbeelde in die Groot
>> Verseboek.
>
>
> Kan jy meer hieroor praat. Watter spesifieke
> gedigte bedoel jy? (Ek hoop ek het dit in ons
> ou uitgawe Groot Verseboek.
>
> Gloudina
>
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77547 is 'n antwoord op boodskap #77508] Sa, 10 Mei 2003 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Anton Goosen sing ook van "As die geelperskereën veertien dae...". So, klink
my dis 'n lang storie wat seker in die Boland gebeur - wanner, weet ek nie,
maar klink my dis lenterig. Hier sal ander beter kan help.

skryf in boodskap news:3EBB9EF9.8010907@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
> Ons
>> het dit geleer saam met "perskereën" en daai goed.
>
> Wat is "perskereën" nou weer? Ek neem aan
> dit is reën wat val wanneer die perskes
> begin ryp word, maar waar in die land is
> die rypword van die perskes so 'n okkasie
> dat dit sy naam aan 'n reën gee? Snaaks
> genoeg, ek kan nie eintlik die rypword
> van perskes se datum onthou nie, alhoewel
> ek daar op die eilande van die Oranje tussen
> die beste van die bestes grootgeword het.
> (Onthou, dis die tuiste van die Kakamas-
> taaipitperske.) Maar ek onthou so goed die
> tyd wanneer die appelkose rypgeword het -
> die eerste twee weke in November. Ek
> onthou dat ek eenvoudig net in die bome
> ingevaar het en seker meer as twintig of
> dertig appelkose op 'n keer ge-eet het.
> Dit was tegelykertyd die seisoen wanneer
> mense "appelkoos-siekte" gekry het, wat geglo
> is veroorsaak te word deur die eet van groen
> appelkose. Die afgelope jaar het mense hier
> in Noord-Amerika baie gely aan die Norwalk-
> virus, 'n verskriklike vorm van appelkoos-
> siekte. Dit was ook so ongeveer in November
> dat dit op die hoogtepunt was. Nou wonder ek
> of appelkoossiekte en die Norwalk-virus iets
> soortgelyks is.
>
> Gloudina
>
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77548 is 'n antwoord op boodskap #77509] Sa, 10 Mei 2003 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien nie veel daarmee verkeerd om 'n persoonlike "hou van" in gedigte te
hê nie, al weet jy in jou hart dis miskien nie "hogere poësie" nie. Dis vir
my een ding om geroer te word, maar 'n ander om te sien dat 'n gedig in teks
en tema elegant geskryf is.

Ek het 'n debat met myself daaroor om sogenaamde niksseggende gedigte, maar
wat vir die digter betekenis het, summier af te skryf, want soms kan 'n mens
sulke verse op soveel meer vlakke interpreteer. Ek self hou nie daarvan nie
en kom dikwels voor hierdie probleem te staan dat 'n gedig so ruig is dat ek
nie daar kan inkom nie. Breyten doen dit dikwels aan my en selfs soms Van
Wyk Louw. Dan los ek hulle bloot!

skryf in boodskap news:3EBBA118.5070506@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>
>> Ek stem saam met jou, ek kry ook swaar met gedigte wat so persoonlik is dat
>> buitestaanders g'n kop of stert daarvan kan uitmaak nie. Ek dink daar word
>> soms 'n swetterjoel bybetekenisse aan die gedig toegedig (!) en al wat die
>> ou wou sê is dalk dat sy kat weg is.
>
> Ek dink dat as 'n gedig niks vir niemand sê
> nie, dan is dit nie 'n gedig nie. Maar mens
> moet oppas dat jy nie jou eie voorwaardes op
> 'n kunswerk gaan afforseer nie. Dit wil sê:
> "ek sal van jou hou as jy hierdie en daardie
> soort gedig is."
> Ek dink nie Johan Loderwyk Marais is 'n vreeslike
> belangrike digter in Afrikaans nie. Ek dink hy
> timmer teveel gedigte aanmekaar sonder dat dit mens
> vreeslik roer. Maar in die bostaande gedig het hy
> ten minste 'n stuk atmosfeer geskep wat my kan roer-
> en wat 'n ondertou het wat mens kan wegvoer na
> bedekte bedoelings. Ek dink 'n suksesvolle gedig
> laat iets in 'n mens verskuif as jy daarmee in
> aanraking kom.
>
> Gloudina
>
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77561 is 'n antwoord op boodskap #77548] Sa, 10 Mei 2003 22:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

Ek self hou nie daarvan nie
> en kom dikwels voor hierdie probleem te staan dat 'n gedig so ruig is dat ek
> nie daar kan inkom nie. Breyten doen dit dikwels aan my en selfs soms Van
> Wyk Louw. Dan los ek hulle bloot!

Ja, met mense soos Breyten en NP het jy dan
ook die probleem dat hulle ikoniese status
bereik het en heelwaarskynlik dink dat alles
wat hulle skrywe belangrik is en gepubliseer
moet word. Dan kry jy sommige van die laaste
bundels van byvoorbeeld NP wat darem regtig
gedigte het wat seker almal koudlaat. Ek dink
nie mens moet skroom om te onderskei tussen
groot NP gedigte en snert NP gedigte nie.

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77562 is 'n antwoord op boodskap #77545] Sa, 10 Mei 2003 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Ek sal graag. Dis is die nuwe uitgawe - André Brink maak juis 'n saak oor
> die insluiting daarvan uit in die inleiding van die boek. Ek sal dit Maandag
> saambring en vir jou van die voorbeelde tik. Dis nogtans nie heeltemal
> niksseggend nie - die blote vorm fisiese vorm van die plasing van woorde in
> die gedigte sê iets. Kan nie onthou wat nie.

Ek hoop jy doen dit. Ek is geinteresseerd
in die jongeres wat in die Groot Verseboek
opgeneem is.

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77569 is 'n antwoord op boodskap #77562] So, 11 Mei 2003 04:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mag ek by die geleentheid my gunsteling aanhaling herhaal:
"The older I grow the more clearly I perceive the winning beauty of
simplicity in thought, conduct and speech." Pope John XXIII
skryf in boodskap news:3EBD78D0.4050608@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>> Ek sal graag. Dis is die nuwe uitgawe - André Brink maak juis 'n saak oor
>> die insluiting daarvan uit in die inleiding van die boek. Ek sal dit Maandag
>> saambring en vir jou van die voorbeelde tik. Dis nogtans nie heeltemal
>> niksseggend nie - die blote vorm fisiese vorm van die plasing van woorde in
>> die gedigte sê iets. Kan nie onthou wat nie.
>
> Ek hoop jy doen dit. Ek is geinteresseerd
> in die jongeres wat in die Groot Verseboek
> opgeneem is.
>
> Gloudina
>
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77594 is 'n antwoord op boodskap #77547] So, 11 Mei 2003 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Koot
Anton Goosen sing ook van "As die geelperskereën veertien dae...".
So, klink my dis 'n lang storie wat seker in die Boland gebeur -
wanner, weet ek nie, maar klink my dis lenterig. Hier sal ander beter kan
help.

Wouter
Ek dink nie hy sing hier van die Boland nie, meer waarskynlik Wes-Transvaal.
Verskoon die hoofletters, maar dis soos dit staan op
http://www.gipsie.co.za/Lyrics/AntonGoosen/geelperske.htm

Geelperskereën - Anton Goosen

AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE, EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE
EN DIT REËN IN DIE WES TRANSVAAL
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL

O DIE VAALHAARNOOI, DIE RIETDAKHUIS, DIE PERSKEBRANDEWYN
DIS VAALBLAAR IN DIE KETEL BY HARTEBEESFONTEIN
DIE OOMPIE KERF DIE PITTE EN HY SIT DIE HELM OP
HY SMEER HOM TOE EN STOOK HOM EN HOU DIE VOORLOOP DOP

AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE, EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE
EN DIT REËN IN DIE WES TRANSVAAL
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL

O DIE VAALHAARNOOI, DIE RIETDAKHUIS, DIE PERSKEBRANDEWYN
DIS VAALBLAAR IN DIE KETEL BY HARTEBEESFONTEIN
DIE OOMPIE VAN DIE MAMPOERBELT KRY LEKKER TOT IN SY TOON
DIE BOERE BESTEL SY VARKIES SOMMER SO OOR DIE FOON

AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE, EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE
EN DIT REËN IN DIE WES TRANSVAAL
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL

O DIE VAALHAARNOOI, DIE RIETDAKHUIS, DIE PERSKEBRANDEWYN
DIS VAALBLAAR IN DIE KETEL BY HARTEBEESFONTEIN
DIS BOERE MEDISYNE DIE HY KAN OOK VIR JOU MOOR
DIE ENGELSMAN VAT NET EEN SLUK EN VAL SKOON AGTEROOR

AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE, EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE
EN DIT REËN IN DIE WES TRANSVAAL
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77597 is 'n antwoord op boodskap #77594] So, 11 Mei 2003 23:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
> DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL

Wat dink julle bedoel hulle met "railway
perskes"? Is dit die perskes aan die
perskebome wat opslaan langs die trein-
spore, wat daar gaan groei het as gevolg
van die feit dat mense perskepitte by die
treine se vensters uitgegooi het?
Vir iemand wat tussen perskes en appelkose
grootgeword het, weet ek hoe 'n bietjie van
'n probleem so 'n veertien dae se aanhou reën
kan veroorsaak as jou perskes nou net omtrent
reg is in die volgende paar weke. Jy wou
byvoorbeeld van daardie perskes droog, maar
die aanhoudende reën het nou die ding in die
wiele gery. Jy kan hulle nie eintlik almal gaan
pluk en begin konfyt maak nie. So die enigste
uitweg is dus om hulle te gaan optel en hulle te
stook. Dis nie eintlik iets wat in ons boorde
gebeur het nie. Gewoonlik het mens self die beste
appelkose opgetel en ingebring. Ek onthou ook
duidelik hoe klein kleurlingkindertjies kom vra
het of hulle die appelkose en perskes kon kom
optel. Hulle het goed geweet dat my pa vir hulle
die bome sou gaan skud, sodat enige los vrug kon
grond toe val.

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77598 is 'n antwoord op boodskap #77594] So, 11 Mei 2003 23:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> DIS VAALBLAAR IN DIE KETEL BY HARTEBEESFONTEIN

Wat is vaalblaar?

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77599 is 'n antwoord op boodskap #77594] So, 11 Mei 2003 23:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> DIE OOMPIE VAN DIE MAMPOERBELT KRY LEKKER TOT IN SY TOON
> DIE BOERE BESTEL SY VARKIES SOMMER SO OOR DIE FOON

Wat word hier bedoel? Beteken dit dat
die boere weet dat die varke gevoer word
met die gegiste oorskiet van die perskes
nadat die perskebrandewyn (mampoer?)
gemaak is? En dat sulke varkies ekstra
lekker smaak?

Gloudina
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77602 is 'n antwoord op boodskap #77561] Ma, 12 Mei 2003 06:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hiervoor sal ons waarskynlik as ketters verbrand word! Maar, dit moet seker
ook gesê word.

Arme Breyten het die ervaring dat sy dramaskeppinge by KKNK heeltemal
gewaninterpreteer of afgekraak word, tot sy ergenis. Die goed is eenvoudig
so obskuur dat die gewone sterfling, ek inkluis, geen kop of stert daarvan
kan uitmaak nie. Mens kan seker redeneer dat jy vry is om jou eie betekenis
daaraan te heg, maar een of ander soos bullshit-verwerper skakel by my in en
dan hoor ek verder niks. Ek loop maar agterna uit en "admit defeat".

skryf in boodskap news:3EBD7804.4080705@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
> Ek self hou nie daarvan nie
>> en kom dikwels voor hierdie probleem te staan dat 'n gedig so ruig is dat ek
>> nie daar kan inkom nie. Breyten doen dit dikwels aan my en selfs soms Van
>> Wyk Louw. Dan los ek hulle bloot!
>
> Ja, met mense soos Breyten en NP het jy dan
> ook die probleem dat hulle ikoniese status
> bereik het en heelwaarskynlik dink dat alles
> wat hulle skrywe belangrik is en gepubliseer
> moet word. Dan kry jy sommige van die laaste
> bundels van byvoorbeeld NP wat darem regtig
> gedigte het wat seker almal koudlaat. Ek dink
> nie mens moet skroom om te onderskei tussen
> groot NP gedigte en snert NP gedigte nie.
>
> Gloudina
>
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77603 is 'n antwoord op boodskap #77569] Ma, 12 Mei 2003 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Amen, Jonas.

Koot

NS, half van die punt af: Dr Willem Nicol het 'n boek geskryf oor die kuns
om waarlik eenvoudig te lewe. Hy maak 'n argument daarvoor uit om jou lewe
te stroop van allerlei kompleksiteite. Al die variasies van situasies
(!)waarop hy dit toepaslik maak is nogal interessant...

"Jonas" skryf in boodskap news:b9kjo2$1bu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mag ek by die geleentheid my gunsteling aanhaling herhaal:
> "The older I grow the more clearly I perceive the winning beauty of
> simplicity in thought, conduct and speech." Pope John XXIII
> skryf in boodskap news:3EBD78D0.4050608@rogers.com...
>>
>> Koot wrote:
>>
>>> Ek sal graag. Dis is die nuwe uitgawe - André Brink maak juis 'n saak oor
>>> die insluiting daarvan uit in die inleiding van die boek. Ek sal dit Maandag
>>> saambring en vir jou van die voorbeelde tik. Dis nogtans nie heeltemal
>>> niksseggend nie - die blote vorm fisiese vorm van die plasing van woorde in
>>> die gedigte sê iets. Kan nie onthou wat nie.
>>
>> Ek hoop jy doen dit. Ek is geinteresseerd
>> in die jongeres wat in die Groot Verseboek
>> opgeneem is.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77604 is 'n antwoord op boodskap #77598] Ma, 12 Mei 2003 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3EBED8D0.4090201@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> DIS VAALBLAAR IN DIE KETEL BY HARTEBEESFONTEIN
>
> Wat is vaalblaar?
>

Enigste Vaalblaar wat ek ken is 'n soort druiwe.
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77616 is 'n antwoord op boodskap #77599] Ma, 12 Mei 2003 20:41 Na vorige boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> DIE OOMPIE VAN DIE MAMPOERBELT KRY LEKKER TOT IN SY TOON
> DIE BOERE BESTEL SY VARKIES SOMMER SO OOR DIE FOON

Gloudina
Wat word hier bedoel? Beteken dit dat
die boere weet dat die varke gevoer word
met die gegiste oorskiet van die perskes
nadat die perskebrandewyn (mampoer?)
gemaak is? En dat sulke varkies ekstra
lekker smaak?

Wouter
Ek reken daardie varkie is een of ander houer vol onwettig gestookte
perskemampoer. Daarom die "sommer so" oor die foon, hulle is duidelik nie
bang vir wetstoepassing nie.
Vorige onderwerp: " Sloping " deur PETER BLUM
Volgende onderwerp: gomringer variasies I- WOPKO JENSMA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 15:48:06 MGT 2024