Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW
" Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77112] Sa, 03 Mei 2003 15:04 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

P.D. Rossouw (Petrus)
Stellaland
Aan die adres van John Mackenzie

John Mackensie,
moenie grens nie!
Ja, jou tyd was kort;
jy het nie kan toon nie
wat daar in jou woon nie;
sonder seremonie
moes jy somaar vort!

John Mackensie,
moenie grens nie!
Jy moes gou laat vat;
ag, die swarte brawe
moet nou goud gaan grawe
as die "Boers" hul slawe -
en jy in die pad

John Mackensie,
moenie grens nie -
word nie stapelgek!
Van jou fraaie drome
is daar niks gekome;
hulle bly maar drome -
en jy moet laat trek!

John Mackensie,
moenie grens nie -
ons het medely!.
Jy het nie gebrom nie
om so ver te kom nie;
wie was nie verstom nie ?
En nou moet jy gly!

John Mackensie,
moenie grens nie -
ons doet niks as sug!
Wie kon dit voorspelle
dat hul jou sou kwelle
tot jy heen moes snelle,
bondel op die rug?

John Mackensie,
moenie grens nie -
hou jou by jou lees!
Want dit hou geen steek nie
om die wet te preek nie
as jy dit self breek nie -
Jy is daar gewees!!
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77127 is 'n antwoord op boodskap #77112] Sa, 03 Mei 2003 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

> P.D. Rossouw (Petrus)
> Stellaland
> Aan die adres van John Mackenzie
>
> John Mackensie,
> moenie grens nie!

Ek wonder of iemand weet wie dié John
Mackenzie was. Waaroor word hier gepraat?
Van die Republieke van Stellaland en
Goshen weet ek. Stellaland is as 'n aparte
boererepubliek uitgeroep in 1882 in die
omgewing van Vryburg in die westelike deel
van die latere Transvaal. Dit was 'n area
waar daar verskeie swart stamme gebly het wat
vriende was met die boererepublieke. In 1882
het een van die hoofmanne 'n groot stuk land
aan kommandant Gert van Niekerk gegee, en dié
het toe die dorp Vryburg gestig, as hoofstad
van Stellaland. 'n Tweede Republiek, Goshen,
is gestig op Rooigrond, noord van Stellaland.
Die Britse regering in die Kaapkolonie het
egter gladnie van hierdie ontwikkeling gehou
nie, veral omdat die Duitsers juis in daardie
tyd ook in Namibië begin nesskop het. Hulle
het uiteindelik die twee klein republieke
geannekseer, en die grond is opverdeel tussen
die ZAR en Britse Bechuanaland.
Dit is interessant om te weet dat die seëls
wat in 1884 en 1885 deur Stellaland uitgegee is,
nog altyd op die mark is.
Toe ons in 1981 in Suid-Afrika op besoek was,
was my jonger suster onder andere besig om die seëls
van die nuwe "onafhanklike " Ciskei aan te koop as
'n belegging. Ek wonder of die seëls van hierdie
apartheids-bantustans so 'n goeie belegging was? Het
dit aanmerklik in waarde gestyg?

Gloudina
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77128 is 'n antwoord op boodskap #77127] Sa, 03 Mei 2003 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
vra
>

> Ek wonder of iemand weet wie dié John
> Mackenzie was.


Miskien
http://www.gospelcom.net/dacb/stories/southafrica/mackenzie_ john.html?

Q
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77129 is 'n antwoord op boodskap #77128] Sa, 03 Mei 2003 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

>> Ek wonder of iemand weet wie dié John
>> Mackenzie was.
>

> Miskien
> http://www.gospelcom.net/dacb/stories/southafrica/mackenzie_ john.html?

Dankie. Ja, dit moet hy wees. Sendeling
in daardie geweste en ongeveer Britse
agent.
P.D. Rossouw is in 1844 gebore en is
in 1896 dood. Ek weet nie waar hy gebly
het nie. Maar hy is duidelik baie anti-
Mackenzie en laasgenoemde se agitasie
dat Brittanje daardie gebied moet annekseer.

Gloudina
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77133 is 'n antwoord op boodskap #77129] Sa, 03 Mei 2003 23:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf
> Maar hy is duidelik baie anti-
> Mackenzie en laasgenoemde se agitasie
> dat Brittanje daardie gebied moet annekseer.
>
>
Kry die indruk dat Mackenzie nie die Boere van die omgewing se eerste keuse
as gasspreker van die kerkbasaar sou wees nie :-)

Q
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77141 is 'n antwoord op boodskap #77129] So, 04 Mei 2003 05:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is dit Goosen of Goshen - ek vra net ...
skryf in boodskap news:3EB42DB7.30709@rogers.com...
>
> Q wrote:
>
>
>>> Ek wonder of iemand weet wie dié John
>>> Mackenzie was.
>>
>
>
>> Miskien
>> http://www.gospelcom.net/dacb/stories/southafrica/mackenzie_ john.html?
>
>
>
> Dankie. Ja, dit moet hy wees. Sendeling
> in daardie geweste en ongeveer Britse
> agent.
> P.D. Rossouw is in 1844 gebore en is
> in 1896 dood. Ek weet nie waar hy gebly
> het nie. Maar hy is duidelik baie anti-
> Mackenzie en laasgenoemde se agitasie
> dat Brittanje daardie gebied moet annekseer.
>
> Gloudina
>
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77170 is 'n antwoord op boodskap #77141] So, 04 Mei 2003 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:b92a0m$lfk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
: Is dit Goosen of Goshen - ek vra net ...
---
Jy weet Jonas erens het ek al iets gehoor dat die
Goosen naam met een of ander republiek te doen
gehad het. Ek dink dit is die een wat Swellendam
uitgeroep het en dat hulle vlag die Goosen vlag
was.Meskien kan die mense van Swellengrebel ons
inlig. Sal bietjie in my argiewe moet gaan
naslaan.
---
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77173 is 'n antwoord op boodskap #77141] So, 04 Mei 2003 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina: Van die Republieke van Stellaland en
Goshen weet ek. Stellaland is as 'n aparte
boererepubliek uitgeroep in 1882 in die
omgewing van Vryburg in die westelike deel
van die latere Transvaal.

Jonas : Is dit Goosen of Goshen - ek vra net ...

Wouter
Ek reken Goosen is die suiwerder vorm, dit is blykbaar aanvanklik
"Het land Goosen" genoem. Maar dit word dikwels Goshen
genoem, veral in Engels. Kyk by
http://www.worldstatesmen.org/South_Africa.html#Goshen
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77181 is 'n antwoord op boodskap #77173] So, 04 Mei 2003 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Wouter.

Anti - ons moet maar dan liefs by die Afrikaanse benaming bly - siende dat
die die voertaal hier is ...

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3eb4fe1b.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina: Van die Republieke van Stellaland en
> Goshen weet ek. Stellaland is as 'n aparte
> boererepubliek uitgeroep in 1882 in die
> omgewing van Vryburg in die westelike deel
> van die latere Transvaal.
>
> Jonas : Is dit Goosen of Goshen - ek vra net ...
>
> Wouter
> Ek reken Goosen is die suiwerder vorm, dit is blykbaar aanvanklik
> "Het land Goosen" genoem. Maar dit word dikwels Goshen
> genoem, veral in Engels. Kyk by
> http://www.worldstatesmen.org/South_Africa.html#Goshen
>
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77183 is 'n antwoord op boodskap #77181] So, 04 Mei 2003 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 4 May 2003 14:13:33 +0200, "Jonas" wrote:

> Dankie Wouter.
>
> Anti - ons moet maar dan liefs by die Afrikaanse benaming bly - siende dat
> die die voertaal hier is ...
>

Dankie Jonas, dat jy haar op haar tone hou.
Min dinge het ek om op trots te wees, maar ten minste
mix ek nie my tale nie.

DD
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77210 is 'n antwoord op boodskap #77181] So, 04 Mei 2003 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Anti - ons moet maar dan liefs by die Afrikaanse benaming bly - siende dat
> die die voertaal hier is ...

Ek dink, Jonas, dat die skoenmaker hom maar
by sy lees moet hou. Ek het my geskiedenis
op Stellenbosch se universiteit geloop, en
ek is seker dat hulle daar van "Goshen"
gebruik gemaak het. Maar kom, laat ons die
Afrikaanse Bybel besluit wat die regte
spelling is. Gaan kyk in die Bybel en
rapporteer dan. Goshen is 'n area van antieke
Egipte, op die oostekant van die Nyl, waar
die Israeliete gebly het voor die Eksodus.

Gloudina
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77229 is 'n antwoord op boodskap #77210] So, 04 Mei 2003 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - jy het seker onder Van der Stel jou geskiedenis gedoen. Dit is die
heel eerste keer dat ek hoor Goosen word "Goshen" - seker maar die
swartkaros se invloed....
skryf in boodskap news:3EB5155C.8090406@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Anti - ons moet maar dan liefs by die Afrikaanse benaming bly - siende dat
>> die die voertaal hier is ...
>
> Ek dink, Jonas, dat die skoenmaker hom maar
> by sy lees moet hou. Ek het my geskiedenis
> op Stellenbosch se universiteit geloop, en
> ek is seker dat hulle daar van "Goshen"
> gebruik gemaak het. Maar kom, laat ons die
> Afrikaanse Bybel besluit wat die regte
> spelling is. Gaan kyk in die Bybel en
> rapporteer dan. Goshen is 'n area van antieke
> Egipte, op die oostekant van die Nyl, waar
> die Israeliete gebly het voor die Eksodus.
>
> Gloudina
>
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77233 is 'n antwoord op boodskap #77229] So, 04 Mei 2003 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Anti - jy het seker onder Van der Stel jou geskiedenis gedoen. Dit is die
> heel eerste keer dat ek hoor Goosen word "Goshen" - seker maar die
> swartkaros se invloed....

Sê dit in die Afrikaanse Bybel die land
van Goosen? As dit wel so is, dan sal ek
om verskoning vra. Die stamvan "Goosen" en
"Goshen" het natuurlik niks met mekaar
te doen nie. Tot my skaamte moet ek erken
dat ek nie 'n Afrikaanse Bybel hier in die
woonstel het nie. Kan iemand dit bevestig
dat dit "die land van Goosen" in die
Afrikaanse Bybel heet?

Gloudina
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77272 is 'n antwoord op boodskap #77233] So, 04 Mei 2003 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Jonas: - jy het seker onder Van der Stel jou geskiedenis gedoen. Dis die
> heel eerste keer dat ek hoor Goosen word "Goshen" - seker maar die
> swartkaros se invloed....

Gloudina
Sê dit in die Afrikaanse Bybel die land
van Goosen? As dit wel so is, dan sal ek
om verskoning vra. Die stamvan "Goosen" en
"Goshen" het natuurlik niks met mekaar
te doen nie. Tot my skaamte moet ek erken
dat ek nie 'n Afrikaanse Bybel hier in die
woonstel het nie. Kan iemand dit bevestig
dat dit "die land van Goosen" in die
Afrikaanse Bybel heet?

Wouter
Die Bybel spel dit Gosen, in beide die 1953- en 1983-vertalings.
Byvoorbeeld, Genesis 45 : 10
10. En u kan in die land Gosen woon en naby my wees,
u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u
beeste en alles wat u besit.

Maar die Republiek is gewoonlik Goosen gespel. Goshen val vir my
ook vreemd op die oor, in my skoolgeskiedenisboek was dit Goosen.
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77275 is 'n antwoord op boodskap #77272] So, 04 Mei 2003 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 4 May 2003 21:17:33 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

>
> Wouter
> Die Bybel spel dit Gosen, in beide die 1953- en 1983-vertalings.
> Byvoorbeeld, Genesis 45 : 10
> 10. En u kan in die land Gosen woon en naby my wees,
> u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u
> beeste en alles wat u besit.
>
> Maar die Republiek is gewoonlik Goosen gespel. Goshen val vir my
> ook vreemd op die oor, in my skoolgeskiedenisboek was dit Goosen.
>
>

Genesis 45:10
And thou shalt dwell in the land of Gò'shen, and thou shallt be near
unto me, thou, and thy children, and thy flocks, and thy herds, and
all that thou hast:

(The eastern part of lower Egypt, lying toward Arabia, 120 miles from
Hebron and suited for flocks and sheperds because the land was well
watered by springs and elevated above the annual overflow of the Nile)

DD
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77276 is 'n antwoord op boodskap #77233] So, 04 Mei 2003 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:3EB528F3.1030705@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Anti - jy het seker onder Van der Stel jou geskiedenis gedoen. Dit is die
>> heel eerste keer dat ek hoor Goosen word "Goshen" - seker maar die
>> swartkaros se invloed....
>
> Sê dit in die Afrikaanse Bybel die land
> van Goosen? As dit wel so is, dan sal ek
> om verskoning vra. Die stamvan "Goosen" en
> "Goshen" het natuurlik niks met mekaar
> te doen nie. Tot my skaamte moet ek erken
> dat ek nie 'n Afrikaanse Bybel hier in die
> woonstel het nie. Kan iemand dit bevestig
> dat dit "die land van Goosen" in die
> Afrikaanse Bybel heet?

Eintlik is dit 'die land Gosen'. Exodus 45 - 47.
Selfs in die Statenbijbel. Sien:

http://www.coas.com/bijbel/

Swart Simon
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77278 is 'n antwoord op boodskap #77276] So, 04 Mei 2003 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf in boodskap news:3eb58608.0@news1.mweb.co.za...
> wrote in message
> news:3EB528F3.1030705@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>> Anti - jy het seker onder Van der Stel jou
> geskiedenis gedoen. Dit is die
>>> heel eerste keer dat ek hoor Goosen word
"Goshen" -
> seker maar die
>>> swartkaros se invloed....
>>
>> Sê dit in die Afrikaanse Bybel die land
>> van Goosen? As dit wel so is, dan sal ek
>> om verskoning vra. Die stamvan "Goosen" en
>> "Goshen" het natuurlik niks met mekaar
>> te doen nie. Tot my skaamte moet ek erken
>> dat ek nie 'n Afrikaanse Bybel hier in die
>> woonstel het nie. Kan iemand dit bevestig
>> dat dit "die land van Goosen" in die
>> Afrikaanse Bybel heet?
>
>
> Eintlik is dit 'die land Gosen'. Exodus 45 - 47.
> Selfs in die Statenbijbel. Sien:
>
> http://www.coas.com/bijbel/
>
> Swart Simon

Oops. Genesis 45 - 47.

Swart Simon
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77279 is 'n antwoord op boodskap #77278] So, 04 Mei 2003 23:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

>> Eintlik is dit 'die land Gosen'. Exodus 45 - 47.
>> Selfs in die Statenbijbel. Sien:

>> http://www.coas.com/bijbel/

>> Swart Simon

> Oops. Genesis 45 - 47.

Dankie, Simon van der Schans. Ek is
bly om te sien dat jy ook so nou en
dan 'n fout kan maak.
Ek moes deur die land van Gosen gery
het die enigste keer toe ek in Egipte
was. Ek het met die ooskus van Afrika per
boot opgekom, die boot by Port Suez verlaat,
en met 'n groepie op 'n Cook's Tour na
Kairo vertrek. Die mense by my het aanmekaar
gepraat van die "woestyn" waardeur ons gery
het, maar vir my het dit maar net gelyk soos
daar in die bulte weg van die Oranje-Rivier
in die Noordkaap. En daar in die Noordkaap
boer hulle somaar lekker met skape so in die
halfwoestyn.

Gloudina
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77283 is 'n antwoord op boodskap #77233] Ma, 05 Mei 2003 03:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek kon die 1933-weergawe vir jou elektronies stuur - maar dit sal tyd
vat ...So +/- 4mB in gekompakteerde ("zipped") formaat.
skryf in boodskap news:3EB528F3.1030705@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Anti - jy het seker onder Van der Stel jou geskiedenis gedoen. Dit is die
>> heel eerste keer dat ek hoor Goosen word "Goshen" - seker maar die
>> swartkaros se invloed....
>
> Sê dit in die Afrikaanse Bybel die land
> van Goosen? As dit wel so is, dan sal ek
> om verskoning vra. Die stamvan "Goosen" en
> "Goshen" het natuurlik niks met mekaar
> te doen nie. Tot my skaamte moet ek erken
> dat ek nie 'n Afrikaanse Bybel hier in die
> woonstel het nie. Kan iemand dit bevestig
> dat dit "die land van Goosen" in die
> Afrikaanse Bybel heet?
>
> Gloudina
>
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77314 is 'n antwoord op boodskap #77275] Ma, 05 Mei 2003 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
DD laat jou "spellchecker" net die woord bekyk, AS
die FortéAgent natuurlik 'n spellchecker het, of
jou sleutelbord 'n 'h' het ........... :-)
---
"DD"
sheperds
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77315 is 'n antwoord op boodskap #77275] Ma, 05 Mei 2003 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"DD"
: (The eastern part of lower Egypt, lying toward
Arabia, 120 miles from
: Hebron and suited for flocks and sheperds
because the land was well
: watered by springs and elevated above the annual
overflow of the Nile)
---
Gen 45:10 En u kan in die land Gosen woon en naby
my wees, u en u kinders en u kindskinders en u
kleinvee en u beeste en alles wat u besit.

Gen 46:28 En hy het Juda voor hom uit gestuur na
Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na
Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom.

Gen 46:29 Toe span Josef sy wa in, en hy trek op,
sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy
homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval
en lank aan sy hals geween.

Gen 46:34 dan moet julle antwoord: U dienaars was
veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as
ons vaders--sodat julle in die land Gosen kan
woon. Want elke herder van kleinvee is vir die
Egiptenaars 'n gruwel.

Gen 47:1 Daarop het Josef gekom en aan Farao
vertel en gesê: My vader en my broers en hulle
kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het
gekom uit die land Kanaän, en daar is hulle nou in
die land Gosen.

Gen 47:4 Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom
om as vreemdelinge in die land te vertoef, want
daar is geen weiding vir die kleinvee van u
dienaars nie, omdat die hongersnood in die land
Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in
die land Gosen woon.

Gen 47:6 Egipteland lê voor jou oop; laat jou
vader en jou broers in die beste deel van die land
woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy
weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel
hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.

Gen 47:27 So het Israel dan in Egipteland gewoon,
in die land Gosen; en hulle het vaste besittings
daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk
vermeerder.

Gen 50:8 ook die hele huis van Josef en sy broers
en die huis van sy vader. Net hulle kinders en
hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die
land Gosen laat agterbly.

Exo 8:22 Maar Ek sal op dié dag met die land
Gosen, waarin my volk woon, 'n uitsondering maak,
dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy
kan weet dat Ek die HERE is in die land.

Exo 9:26 Net in die land Gosen, waar die kinders
van Israel was, was daar geen hael nie.

Jos 10:41 En Josua het hulle verslaan van
Kades-Barnéa af tot by Gasa, en die hele land
Gosen tot by Gíbeon.

Jos 11:16 So het Josua dan hierdie hele land
ingeneem: die Gebergte en die hele Suidland en die
hele land Gosen en die Laeveld en die Vlakte en
die gebergte van Israel met sy laagte;

Jos 15:51 en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met
hulle dorpe;
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77316 is 'n antwoord op boodskap #77276] Ma, 05 Mei 2003 19:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon"
: Eintlik is dit 'die land Gosen'. Exodus 45 - 47.
: Selfs in die Statenbijbel. Sien:
:
: http://www.coas.com/bijbel/
:
: Swart Simon
---
Gen 45:10 En gij zult in het land Gosen wonen, en
nabij mij wezen, gij en uw zonen, en de zonen uwer
zonen, en uw schapen, en uw runderen, en al wat
gij hebt.
---
Geneem uit e-sword se 'Dutch Staten Vertalen'
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77382 is 'n antwoord op boodskap #77316] Di, 06 Mei 2003 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 5 May 2003 21:35:44 +0200, "Tobie" wrote:
-
> Gen 45:10 En gij zult in het land Gosen wonen, en
> nabij mij wezen, gij en uw zonen, en de zonen uwer
> zonen, en uw schapen, en uw runderen, en al wat
> gij hebt.
> ---

Dan kla jy oor een 'h' maar jou spelling hier
laat dit byna lyk asof jy Hollands skryf.

DD
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77465 is 'n antwoord op boodskap #77382] Wo, 07 Mei 2003 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
'Ollands DD, 'Ollands, laat die 'h' weg hierdie
keer :-)
---
"DD"
: >Gen 45:10 ...knip...
: Dan kla jy oor een 'h' maar jou spelling hier
: laat dit byna lyk asof jy Hollands skryf.
Re: " Stellaland " deur P.D. ROSSOUW [boodskap #77496 is 'n antwoord op boodskap #77465] Do, 08 Mei 2003 19:20 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 7 May 2003 21:31:43 +0200, "Tobie" wrote:

> 'Ollands DD, 'Ollands, laat die 'h' weg hierdie
> keer :-)
> ---
> "DD"
> : >Gen 45:10 ...knip...
> : Dan kla jy oor een 'h' maar jou spelling hier
> : laat dit byna lyk asof jy Hollands skryf.
>
>

'kay, ier laat ek die 'h' weg ierdie keer.

DD
Vorige onderwerp: Hoe oud is jy?
Volgende onderwerp: " Job " deur ELIZABETH EYBERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 11:55:30 MGT 2024