Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " die kierie is nie nodig nie, faan " deur CHARL DURAND
" die kierie is nie nodig nie, faan " deur CHARL DURAND [boodskap #77284] Ma, 05 Mei 2003 03:17 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

die kierie is nie nodig nie, faan
Charl Durand

dit was 'n warm, swaar bosveldsaterdagmiddag toe basie van die plaas
langsaan bel en sê kom help.

dis 'n kobra, sê basie, hy staan reg om te pik.

ek het bakkie toe gehol, ingespring en deurgejaag.

daar aangekom het ek basie se sifdraadvoordeur met die kierie
oopgestoot. in die sitkamer hoor ek die televisie dreunend aan.

op die bont rusbank lê basie in net sy onderbroek met sy bolyf wit tot
by sy bo-arms, vanwaar die bosveldson se bruin oorneem. Hy steun op sy
een elmboog, en sy nek is blink van sweet. Hy kyk vir my, miskien sê hy
iets maar basie hoekom sit jy altyd die tv so hard aan. die kobra lê
slap halflyf oor die springbokvel op die klipvloer, sy kop onderstebo
sodat die bleek gladheid van sy keelvel wys.

die bakkop was hier, beduie basie en hy sluk nog whiskey. hy maak sy
vingers bak 'n halfmeter van sy gesig af. en elke slag as die selfoon
piep maak as ek met my duim 'n nommer druk verstar hy, ek voel hoe ons
mekaar se gedagtes probeer lees. maar hy't 'n fout begaan, sê basie.
want toe die senter die drie druk en die mense mal juig het die slang
geskrik en vir die tv gekyk.

dis toé dat ek die nokia gooi, sê basie.
Re: " die kierie is nie nodig nie, faan " deur CHARL DURAND [boodskap #77304 is 'n antwoord op boodskap #77284] Ma, 05 Mei 2003 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dink jy Durand het Roald Dahl se kortverhaal gelees?

skryf in boodskap news:3EB5D802.8000207@rogers.com...
>
> die kierie is nie nodig nie, faan
> Charl Durand
>
>
>
> dit was 'n warm, swaar bosveldsaterdagmiddag toe basie van die plaas
> langsaan bel en sê kom help.
>
> dis 'n kobra, sê basie, hy staan reg om te pik.
>
> ek het bakkie toe gehol, ingespring en deurgejaag.
>
> daar aangekom het ek basie se sifdraadvoordeur met die kierie
> oopgestoot. in die sitkamer hoor ek die televisie dreunend aan.
>
> op die bont rusbank lê basie in net sy onderbroek met sy bolyf wit tot
> by sy bo-arms, vanwaar die bosveldson se bruin oorneem. Hy steun op sy
> een elmboog, en sy nek is blink van sweet. Hy kyk vir my, miskien sê hy
> iets maar basie hoekom sit jy altyd die tv so hard aan. die kobra lê
> slap halflyf oor die springbokvel op die klipvloer, sy kop onderstebo
> sodat die bleek gladheid van sy keelvel wys.
>
> die bakkop was hier, beduie basie en hy sluk nog whiskey. hy maak sy
> vingers bak 'n halfmeter van sy gesig af. en elke slag as die selfoon
> piep maak as ek met my duim 'n nommer druk verstar hy, ek voel hoe ons
> mekaar se gedagtes probeer lees. maar hy't 'n fout begaan, sê basie.
> want toe die senter die drie druk en die mense mal juig het die slang
> geskrik en vir die tv gekyk.
>
> dis toë dat ek die nokia gooi, sê basie.
>
Re: " die kierie is nie nodig nie, faan " deur CHARL DURAND [boodskap #77305 is 'n antwoord op boodskap #77304] Ma, 05 Mei 2003 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Dink jy Durand het Roald Dahl se kortverhaal gelees?

>> die kierie is nie nodig nie, faan
>> Charl Durand

Ek ken nie Roald Dahl se kortverhaal nie.
Vertel bietjie die storie.

Gloudina
Re: " die kierie is nie nodig nie, faan " deur CHARL DURAND [boodskap #77360 is 'n antwoord op boodskap #77305] Di, 06 Mei 2003 11:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dahl se "Poison" is eintlik op een vlak 'n storie oor rassisme. Die sentrale
aksie van die verhaal vertel van 'n Amerikaner iewers in die Ooste wat by sy
vriend se huis aankom en dié in 'n toestand van paniek in sy bed kry. Die
vriend het gaan dut en wakker geword met 'n uiters giftige slang wat saam
met hom in die bed geklim het en nou langs sy been onder die lakens lê. Hy
durf nie roer nie uit vrees dat die slang dalk sal pik. Hy vra dat 'n dokter
moet kom, maar al dokter wat beskikbaar is, is 'n Indiër. Die rassistiese
man stem naderhand in om die Indiër dokter te laat kom. Dié spuit hom 'n
teengif in, maar omdat dit nutteloos is maak hy 'n ander plan. Die slang
word bedwelm met chloroform wat in 'n pyp gegiet word wat met groot
omsigtigheid tot naby die slang gemaneuvreer is. (Die spanning in die
verhaal word sterk uitgebeeld deur Dahl se meesterlike vertelling, en ek het
my so ingeleef in die storie dat ek selfs sweterige hande gekry het.) Na 'n
lang ruk haal hulle die lakens af, maar daar is nie 'n slang nie. Die man
kan die spanning nie meer hanteer nie, en spring skreeuend uit die bed uit.
Dalk is die slang in sy broekspyp, en hy spring en dans rond om dit te laat
uitval. Nog steeds nie 'n slang nie. Die dokter wonder of die man nie dalk
gedroom het nie, en dat daar dalk nooit 'n slang was nie. Die man raak
woedend oor die implikasie dat hy 'n leuenaar is, en vloek op die dokter en
jaag hom uit die huis uit. Die dokter se enigste kommentaar is dat die man
dalk net 'n vakansie nodig het.

Durand se gedig lyk op die oog af oppervlakkig, maar daar is tog ondertone
wat allerhande ryk assosiasies oproep met Indië, slangbesweerders en so aan.
Maar Dahl se kortverhaal sal my seker baie langer bybly met sy bytende,
ironiese sosiale kommentaar en die jukstaponering van kulture en beskawings.

Henry

skryf in boodskap news:3EB67F40.4090007@rogers.com...
>
> Ek ken nie Roald Dahl se kortverhaal nie.
> Vertel bietjie die storie.
>
> Gloudina
>
Re: " die kierie is nie nodig nie, faan " deur CHARL DURAND [boodskap #77362 is 'n antwoord op boodskap #77360] Di, 06 Mei 2003 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Durand se gedig lyk op die oog af oppervlakkig

Ek wonder altyd, as ek die ding lees,
hoe waar dit is dat 'n slang kan hoor.
Want vir my is die kruks van die hele
vertelling juis dat die slang se aandag
weggeneem word deur die TV wat aan is.
Dit maak die slang ongeveer net so 'n
fanatiese sportsliefhebber as wat meeste
Afrikaners is. Die storietjie is so eg Suid-
Afrikaans vir my. En so 'n vermenging van
die aardse element wat daar in byna alle
SA denke en doene is, maar dis gemeng met
die nuutste elektroniese leefwyse, wat ook
blykbaar sentraa; in huidige wit SA se
denke en doene is.

Gloudina
Re: " die kierie is nie nodig nie, faan " deur CHARL DURAND [boodskap #77368 is 'n antwoord op boodskap #77362] Di, 06 Mei 2003 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek glo slange kan wel hoor. Omdat slange nie werklik aggressief is nie en
bloot uit selfverdediging sal pik/byt, moet mens in die veld wanneer jy bang
is vir slange genoeg geraas genereer om hul tydig die geleentheid te gee om
weg te kom.
Maar - ek is nie 'n kenner of 'n slang nie.
skryf in boodskap news:3EB7B52A.5000103@rogers.com...
>
> Kwarantyn wrote:
>
>
>> Durand se gedig lyk op die oog af oppervlakkig
>
>
> Ek wonder altyd, as ek die ding lees,
> hoe waar dit is dat 'n slang kan hoor.
> Want vir my is die kruks van die hele
> vertelling juis dat die slang se aandag
> weggeneem word deur die TV wat aan is.
> Dit maak die slang ongeveer net so 'n
> fanatiese sportsliefhebber as wat meeste
> Afrikaners is. Die storietjie is so eg Suid-
> Afrikaans vir my. En so 'n vermenging van
> die aardse element wat daar in byna alle
> SA denke en doene is, maar dis gemeng met
> die nuutste elektroniese leefwyse, wat ook
> blykbaar sentraa; in huidige wit SA se
> denke en doene is.
>
> Gloudina
>
Re: " die kierie is nie nodig nie, faan " deur CHARL DURAND [boodskap #77375 is 'n antwoord op boodskap #77368] Di, 06 Mei 2003 17:43 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 May 2003 16:12:20 +0200, "Jonas" wrote:

> Ek glo slange kan wel hoor. Omdat slange nie werklik aggressief is nie en
> bloot uit selfverdediging sal pik/byt, moet mens in die veld wanneer jy bang
> is vir slange genoeg geraas genereer om hul tydig die geleentheid te gee om
> weg te kom.
> Maar - ek is nie 'n kenner of 'n slang nie.
> skryf in boodskap news:3EB7B52A.5000103@rogers.com...


Ek dink wat werklik in die veld gebeur Jonas, is dat die slang die
trillings in die grond voel en wegseil met jou wat sekondes later
daar aankom en vir jou vriend sê dat daar geen slange in die
omgewing is nie.

DD
Vorige onderwerp: " Herfs " deur HANS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " Vroegherfs " deur N.P. van Wyk LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:55:10 MGT 2024