Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » " Liriek II " deur KOOT PIETERSE
" Liriek II " deur KOOT PIETERSE [boodskap #76836] So, 27 April 2003 22:47
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Liriek II
Koot Pieterse

'n Deur klap toe
'n woord vertrap
en nog 'n kwaai verwyt
'n Skerp verweer
voor ek kon keer
en nie meer kans vir spyt

Ek kwets jou weer
Planmatig seer
Net soos jy dit verwag
En heel gedug
Kwets jy my terug
So eindig nog 'n dag

Koor:
Soos 'n vlakte vol van dorings en geraamtes
Sien die vlakte deur die oë van 'n kind
Altyd kies ons weer die kwets en die seermaak
Intussen gly
Die tyd verby
En stry ons tot die grou verlatenheid ons vind

Brug:
Hoe ontkom ons hierdie skelresitasies
Hoe ontkom ons hierdie sirkel van berou
Wat sal oorbly op die vlaktes en murasies
Waarop ons 'n nuwe jy en ek kan bou?

Ek draai my hoof
Toepaslik doof
En kyk jou hartseer mis
En jy verberg
Jou oë vererg
Want jy weet wat ek is
Vorige onderwerp: Opera in Kaapstad
Volgende onderwerp: Trance Musiek.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 09:24:25 MGT 2024