Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Soldaat " deur UYS KRIGE
" Die Soldaat " deur UYS KRIGE [boodskap #76631] Do, 24 April 2003 22:22 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Uys Krige
Die soldaat

In hierdie dorre verlatenheid
van 'n vaal wêreld
wat langsamerhand veryl, vervloei
sy vae omlyninge verloor
in 'n nog valer hemel,
alleen
langs die stofpad deur die woestyn
stap
'n enkele soldaat.

En Fort Wajier lê ver, lê ver,
onderkant die eerste ster.

Net
'n jong soldaat
alleen.
Alleen
met die wêreld van lief en leed
wat hy omdra in sy hart,
verborge, apart,
en wat slegs hy van weet.

Alleen
in die woestynaand se skemering
wat stadig om hom kring
vaal soos die stof
waardeur sy swaar soldateskoene plof.

En Fort Wajier
- enigste oase in dié woesteny
waarheen elk kronkelende kameelpad lei,
waar smiddags 'n suggie wind stil deur die blare stryk,
die stekende hitte, sidderende gloed dan voor die koelte wyk;
al oord waar saans die palms silwer glinster onder die maan,
diep, diep onder in die steil swart putte die stil waters staan;
enigste plekkie in die wildernis
waar lamplig, mensestemme, water en voedsel te vinde is -
lê ver, lê ver,
onderkant die eerste ster.

Met sy helm op sy kop,
bandolier om sy lyf,
watersak op sy heup,
roer oor sy skouer,
stap hy aan deur die stof:
'n enkele vaal stippel
teen die nog valer vaal
van die ontsaglike hemel,
die ontsaglike aarde,
in hierdie grou grensgebied
waar die dag
hom meng met die nag,
die lig hom gestadig
oplos in die skaduwee.

En Fort Wajier lê ver, lê ver,
onderkant die eerste ster.

'n Enkele vaal stippel
in die vaal heelal.
Maar terwyl die soldaat aanstap,
aanstap,
al maar aanstap
langs die stofpad deur die woestyn,
rek sy skaduwee hom trapsgewyse uit,
trek dit skuins oor die pad,
oor 'n breë strook lawaklip heen
tussen die doringbome in.

Die skaduwee van die soldaat
val oor die pad.

Die skaduwee van die soldaat
val oor die woestyn.

Die skaduwee van die soldaat
val oor Afrika.

Vas en strak en swart en dreigend
val die skaduwee van die soldaat
wyd oor die wêreld.

En Fort Wajier lê ver, lê ver,
onderkant die eerste ster.

Op die Somalilandse grens, Desember 1940
Re: " Die Soldaat " deur UYS KRIGE [boodskap #76646 is 'n antwoord op boodskap #76631] Vr, 25 April 2003 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek waardeer hierdie plasings van jou baie. Dit bring soms 'n weemoedige
sonstraaltjie in 'n grys roetinedag.

skryf in boodskap news:3EA863F4.2060204@rogers.com...
> Uys Krige
> Die soldaat
>
> In hierdie dorre verlatenheid
> van 'n vaal wêreld
> wat langsamerhand veryl, vervloei
> sy vae omlyninge verloor
> in 'n nog valer hemel,
> alleen
> langs die stofpad deur die woestyn
> stap
> 'n enkele soldaat.
>
> En Fort Wajier lê ver, lê ver,
> onderkant die eerste ster.
>
> Net
> 'n jong soldaat
> alleen.
> Alleen
> met die wêreld van lief en leed
> wat hy omdra in sy hart,
> verborge, apart,
> en wat slegs hy van weet.
>
> Alleen
> in die woestynaand se skemering
> wat stadig om hom kring
> vaal soos die stof
> waardeur sy swaar soldateskoene plof.
>
> En Fort Wajier
> - enigste oase in dié woesteny
> waarheen elk kronkelende kameelpad lei,
> waar smiddags 'n suggie wind stil deur die blare stryk,
> die stekende hitte, sidderende gloed dan voor die koelte wyk;
> al oord waar saans die palms silwer glinster onder die maan,
> diep, diep onder in die steil swart putte die stil waters staan;
> enigste plekkie in die wildernis
> waar lamplig, mensestemme, water en voedsel te vinde is -
> lê ver, lê ver,
> onderkant die eerste ster.
>
> Met sy helm op sy kop,
> bandolier om sy lyf,
> watersak op sy heup,
> roer oor sy skouer,
> stap hy aan deur die stof:
> 'n enkele vaal stippel
> teen die nog valer vaal
> van die ontsaglike hemel,
> die ontsaglike aarde,
> in hierdie grou grensgebied
> waar die dag
> hom meng met die nag,
> die lig hom gestadig
> oplos in die skaduwee.
>
> En Fort Wajier lê ver, lê ver,
> onderkant die eerste ster.
>
> 'n Enkele vaal stippel
> in die vaal heelal.
> Maar terwyl die soldaat aanstap,
> aanstap,
> al maar aanstap
> langs die stofpad deur die woestyn,
> rek sy skaduwee hom trapsgewyse uit,
> trek dit skuins oor die pad,
> oor 'n breë strook lawaklip heen
> tussen die doringbome in.
>
> Die skaduwee van die soldaat
> val oor die pad.
>
> Die skaduwee van die soldaat
> val oor die woestyn.
>
> Die skaduwee van die soldaat
> val oor Afrika.
>
> Vas en strak en swart en dreigend
> val die skaduwee van die soldaat
> wyd oor die wêreld.
>
> En Fort Wajier lê ver, lê ver,
> onderkant die eerste ster.
>
> Op die Somalilandse grens, Desember 1940
>
Re: " Die Soldaat " deur UYS KRIGE [boodskap #76666 is 'n antwoord op boodskap #76646] Vr, 25 April 2003 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Ek waardeer hierdie plasings van jou baie. Dit bring soms 'n weemoedige
> sonstraaltjie in 'n grys roetinedag.

Ja, ek geniet dit ook om elke dag een
Afrikaanse gedig te lees, en sien nie
watter skade dit kan aanrig as ek dit
dan op die nuusgroep plaas nie.

Gloudina
Re: " Die Soldaat " deur UYS KRIGE [boodskap #76689 is 'n antwoord op boodskap #76666] Vr, 25 April 2003 18:43 Na vorige boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Apr 2003 13:43:22 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Koot wrote:
>
>> Ek waardeer hierdie plasings van jou baie. Dit bring soms 'n weemoedige
>> sonstraaltjie in 'n grys roetinedag.
>
> Ja, ek geniet dit ook om elke dag een
> Afrikaanse gedig te lees, en sien nie
> watter skade dit kan aanrig as ek dit
> dan op die nuusgroep plaas nie.
>
> Gloudina

Wees verbaas maar
selfs 'n verhewe kritikus soos DD
reken dat as mense moeite doen
om te delf, hulle iets positief, al is
dit hoe skraps, in jou doen en late
ook sal sien.

Verteenwoordiger van
DD
Vorige onderwerp: Afrikaanse gedigte op die Web
Volgende onderwerp: " Gondwana " deur R.K. BELCHER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:42:50 MGT 2024