Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Avondmaal " deur W.E.G. LOUW
" Avondmaal " deur W.E.G. LOUW [boodskap #76299] Vr, 18 April 2003 02:18
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Uit "Die passie van ons Heer"
W.E.G. Louw

Avondmaal

Daar was 'n stilte in die oppersaal
toe Hy met sterk, verhewe hand Hom draai
en sê: "Die man wat My vannag verraai,
sit saam met My aan hierdie avondmaal...."

In twyfel het hul daardie woord herhaal
en wis nie dat hul vóór die hanekraai
soos blare van 'n boom van Hom sou waai...
Maar één was doodsbleek teen die lampestraal!

Toe het hy brood geneem en God gedank,
dit met die hand gebreek en dit geseën:
die beker het Hy boordevol gegooi

met wyn wat dartel was en vonkelrooi -
maar, hoog gehou, was in geen hand voorheen
ooit wyn so rooi, ooit aardse brood so blank!
Vorige onderwerp: " Om boer te wees " deur W.E.G. LOUW
Volgende onderwerp: Afrikaanse gedigte op die Web
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:37:25 MGT 2024