Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Om boer te wees " deur W.E.G. LOUW
" Om boer te wees " deur W.E.G. LOUW [boodskap #76065] Ma, 14 April 2003 17:29
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

W.E.G. Louw
Om boer te wees

O om 'n boer te wees wat werk
met sy hande in die son
die liewe, lange dag; om saans
moeg terug te kom
van die lande, en te slaap
tot die rooidag deur die vensters breek,
en teen die tweede hanekraai, oor die ryp,
die ploegstert vas te hou ...

O om boer te wees en te werk
in God se sonskyn en reën;
om nooit te twyfel dat Hy weet
wat die beste is; om nog te glo,
as sy hart wil breek,
en voel dat hy, boer alleen,
met God kan praat, en dank
as laag-druipend daal die reën ...
Vorige onderwerp: " Aandblomme by Postmasburg " deur S.J. PRETORIUS
Volgende onderwerp: " Avondmaal " deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 06:18:09 MGT 2024