Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Nou was sy liggaam " deur N.P. van Wyk LOUW
" Nou was sy liggaam " deur N.P. van Wyk LOUW [boodskap #75826] Vr, 11 April 2003 14:07
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

N.P. van Wyk Louw
Nou was sy liggaam

Nou was sy liggaam bruin soos grond
en tot die aarde kon hy gaan
om tussen die eenvoudige dinge
weer regop en weer rein te staan:
jong bloekoms nat en wit van lig,
en bosse waar die reent in was,
en die staal-blink groewe teen die bult
van ploeë deur vet grond en gras;
om weer te weet die lyf is skoon
en slank gevorm, en uitgerond
vir heilige vreugde en spel en krag
en die seker stil-wees in die grond;
om alle dinge lief te hê
wat speels en klaar en lenig is;
met blydskap bokant alle pyn,
sy hart se een belydenis.
Hy 't omgedraai en uitgegaan
soos 'n swemmer uitswem in die see
na die helderheid van lewe en dood
wat daardie aardse wete gee.
Vorige onderwerp: " Kinderland " deur S.V. PETERSEN
Volgende onderwerp: " Aandblomme by Postmasburg " deur S.J. PRETORIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:30:40 MGT 2024