Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » APOLOGIE
APOLOGIE [boodskap #7510] Do, 24 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
Danie Martins  is tans af-lyn  Danie Martins
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Haai,

Ek (Nakkie die Nar) moet om verskoning vra. Apologie aanteken. Soos jy
seker al opgemerk het, is daar vreeslik baie van my advertensies op
"newsgroups." DIE REDE: Ek het baie gesukkel om dit daar te kry, want
iets was iewers nie lekker nie. En skielik werk alles reg en AL my
pogings (let wel: ALLES) word meteens oorgeplaas. Ek is jammer !!!

Ek sal egter om te vergoed vertel ek vir jou drie kinder sê-goed en
dan gaan jy tog met 'n glimlag van hierdie briefie af weg:

1) Neelsie kuier by Oupa en Ouma. Oupa besluit om vir die mannetjie
stywe mieliepap te maak. Die pap is gaar en Oupa skep dit op met die
opmerking: "Dis nou heerlike stywe pap wat Oupa vir jou gemaak het."
Hy neem die bordjie by Oupa, bekyk die pap en vra: "Het Oupa dit met
styfmeel gemaak?"

2) Lian is net duskant drie en BAIE woelig. Juis weer met so 'n
woeligheid gryp Pa hom aan die oor en vra in 'n onvrindelike stem:
"Wat is hierdie goed?"
"My ore" antwoord 'n huilstemmetjie.
"En wat doen jy met hulle?" vra Pa weer, steeds knorrig.
Kom die antwoord: "Ek sukkel met hulle."

3) Oupa is ongelukkig nie gesegend met 'n wilde kuif nie. Ewenwel, een
oggend sit hy knus in die sonnetjie en rustig begin hy die yl
haartjies te kam. Eers hiernatoe en dan weer daarnatoe, om nou soveel
as moontlik van die bles toe te kry. Aandagtig betrag Mandie die ydele
pogings en gee dan pront uitspraak: "Oupa kan maar stop, jy sal NOOIT
al daai kaal vleise toekry nie"

Vir nog sulke kinder sê-goed, gaan loer op my tuisblad:
http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Groete,

Danie Martins.
re: apologie [boodskap #7512 is 'n antwoord op boodskap #7510] Vr, 25 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
nakkie, jy's 'n nar.
Vorige onderwerp: Nakkie die nar se uitnodiging
Volgende onderwerp: AI TOG, DIE KINDERS DAREM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 17:41:04 MGT 2024