Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Zing - nog 'n paartjie uit
Zing - nog 'n paartjie uit [boodskap #74657] Wo, 19 Maart 2003 12:02
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel dit kon een van etlike gewees het - die een wat uitgeval het was net
ongelukkig. Of hulle het uitgeval omdat hulle te veel gsmaail het terwyl
hulle 'n ernstiger liedjie gesing het.
Die paartjie wat te min gesmaail het met hul balade volgens die beoordelaars
is deur.

Maar hel! - lees iemand hier skelm of wat? Gisteraand toe praat koekie
heeltyd - en alles wat sy sê beaam die brilman - en elke beoordelaar het ten
minste twee sinne te sê na elke optrede - maar die beste is toe, na verlede
week se absolute perfekte optredes deur die deelnemers volgens die
beoordelaars, het hulle almal hierdie week dieselfde fout glo - sing nie
saam met die ritme nie en is van noot af. - Dit nou volgens doedie en die
brilman.
Ek het nie een van hulle met die musiek voor hulle sien sit nie. Al die
liedjies is aangepas met verwerkings.
Die begeleiding het nie juis die basiese liedjie gespeel nie, en die nuwe
verwerkte ritmes deur die orkes was verwarrend - maar hulle het nou al vier
keer opgetree met so 'n opset - so hoekom nou skielik is almal ritmeloos en
noothonger?
Ek stem saam dat die ritmes nie altyd gepas was nie, en dat daar soms van
noot af gesing was - maar hulle het dit verlede week ook gedoen, en toe was
dit wonderlik reg.
Nee wat - gee ons ordentlike, eerlike en bevoegde beoordelaars wat elke
deelnemer op meriete behandel en die toepaslike opbouende kritiek lewer, en
wat nie so ooglopend volgens 'n voorafbepaalde opdrag werk nie.
Ek wonder wat volgende week se algemene fout gaan wees?

Annette
Vorige onderwerp: Freeslike Vliek
Volgende onderwerp: Noot vir noot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 01:34:50 MGT 2024