Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Dopper Joris en Syn Seiltjie" deur PULVERMACHER
" Dopper Joris en Syn Seiltjie" deur PULVERMACHER [boodskap #74289] Vr, 07 Maart 2003 01:46
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Pulvermacher
Dopper Joris en Syn Seiltjie

Onder 'n boompie by die watersloot
Sit Spekie met haar Joris te vry:
Hy praat van koperledekante
En 'n skimmelhengs wat sy sal ry.

Hy seg dat syn oorlede paatjie
Hom duisend hamels en 'n ram
- 'n opregte Franse ram - gegee het,
En 'n woonhuis by die middeldam.

'n Wage en span met soetveld-osse
- 'n Spikkelspan. En hulle trek tog, reg!
En hul bulk, ja, nes die ware duiwel,
Nes die wind trek hulle van die staanplek weg!

En twee sterke koperhoepel-emmers
Het oorlede paatjie ook gegee,
En 'n ring wat maatjie opgetel het
Toet paatjie siek was by die see.

En 'n borsspeld vol met rooie klippies,
En 'n horssweep met 'n koperknop,
En 'n teepot met drie silwere voetjies,
En die deksel het 'n duif daarop.

En 'n klok en dertien riempiestoele,
'n Bulsak en 'n ledekant,
Twee ingelegde geelhouttafels,
En 'n printjie met die plage van Egypteland.

En ook nog 'n spul met romlary,
'n Kar op vere en 'n fariseen,
En 'n Bybel wat maatjie eens gekog het
Van die smous Aaron Oepl Behn.

Maar, tog makeer ek nog een ding;
Dit maak my, Spekie, siek van smart:
Myn wa is sonder buiteseiltjie!
Wil jy myn seiltjie wees, my hart?
Vorige onderwerp: " hillside" deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 20:14:54 MGT 2024