Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Nog iets van Koos Doep
Nog iets van Koos Doep [boodskap #73892] Ma, 24 Februarie 2003 06:45 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hiersie was gister net so in ons kerk se nuusbrief:

'n Gebed van Koos du Plessis

laat my nooit die grond verlaat nie
laat my in U skadu bly
gee dat elke aardse vreugde en en vrees
eintlik nietig word vir my
elke afdraaipaadjie ken ek
elke keer het ek gedwaal
elke keer het U my iewers kom haal
maak dit Heer die laaste maal

elke dag is 'n gedagte
elke kamer net gehuur
elke aardse droom van rykdom en roem
net 'n skadu teen die muur
wat ek is is net genade
wat ek het is net geleen
eintlik smag ek na U waters van rus
lei my Heer vanaand daarheen

Dis die eeste keer dat ek dit sien. Weet iemand iets hiervan af?

Drom
Re: Nog iets van Koos Doep [boodskap #73910 is 'n antwoord op boodskap #73892] Ma, 24 Februarie 2003 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Drom - ja. As jy Mathys Roets se weergawe daarvan kan hoor sal jy besef hoe
mooi dit is. (Iets wat mens vir jou begrafnisrede kan oorweeg...)

Ek het herinneringe aan jou plek - het daar in Grahamstad en in King gedraai
in ongeveer daardie tyd.

Ek sou 'n pos daar gekry het (lank terug ...) - gelukkig / ongelukkig het ek
nie gegaan nie - toe gee iemand my 'n kopie van Neville S. se A town called
Alice....

Klaarblyklik het niks verander nie - net die naam van die rolspelers.

O ja - ek het 'n Opperhoof Burns Nxhamashe daar in die Alice-omgewing
geken - hy is seker nou dood.(?) Baie interessant en hoogs intelligent - van
die voggies gehou maar baie aangenaam. Hy het aan Rhodes op ad-hoc basis in
die Volkekunde gedoseer...

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0302232245.5228c4c@posting.google.com...
> Hiersie was gister net so in ons kerk se nuusbrief:
>
> 'n Gebed van Koos du Plessis
>
> laat my nooit die grond verlaat nie
> laat my in U skadu bly
> gee dat elke aardse vreugde en en vrees
> eintlik nietig word vir my
> elke afdraaipaadjie ken ek
> elke keer het ek gedwaal
> elke keer het U my iewers kom haal
> maak dit Heer die laaste maal
>
> elke dag is 'n gedagte
> elke kamer net gehuur
> elke aardse droom van rykdom en roem
> net 'n skadu teen die muur
> wat ek is is net genade
> wat ek het is net geleen
> eintlik smag ek na U waters van rus
> lei my Heer vanaand daarheen
>
> Dis die eeste keer dat ek dit sien. Weet iemand iets hiervan af?
>
> Drom
Re: Nog iets van Koos Doep [boodskap #73911 is 'n antwoord op boodskap #73892] Ma, 24 Februarie 2003 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Drom" wrote in message ...
> Hiersie was gister net so in ons kerk se nuusbrief:
>
> 'n Gebed van Koos du Plessis
>
> laat my nooit die grond verlaat nie
> laat my in U skadu bly
> gee dat elke aardse vreugde en en vrees
> eintlik nietig word vir my
> elke afdraaipaadjie ken ek
> elke keer het ek gedwaal
> elke keer het U my iewers kom haal
> maak dit Heer die laaste maal
>
> elke dag is 'n gedagte
> elke kamer net gehuur
> elke aardse droom van rykdom en roem
> net 'n skadu teen die muur
> wat ek is is net genade
> wat ek het is net geleen
> eintlik smag ek na U waters van rus
> lei my Heer vanaand daarheen
>
> Dis die eeste keer dat ek dit sien. Weet iemand iets hiervan af?
>

Ja, baie mooi lied. Oorspronklik deur Koos du Plessis geskryf en ek
dink dit is op sy Vierde Horison CD, maar baie het dit al gesing. Het
dit self al gehoor van: Jannie du Toit, Jaqcues Botes en Mathys Roets.
En ek dink die volgende het dit ook al gesing: Dozi, Theuns Jordaan,
Piet Smit en Karla du Plessis en seker baie meer.
Re: Nog iets van Koos Doep [boodskap #73964 is 'n antwoord op boodskap #73911] Ma, 24 Februarie 2003 22:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" wrote in message ...
> Hiersie was gister net so in ons kerk se nuusbrief:
> 'n Gebed van Koos du Plessis

Stone
Ja, baie mooi lied. Oorspronklik deur Koos du Plessis geskryf en ek
dink dit is op sy Vierde Horison CD, maar baie het dit al gesing. Het
dit self al gehoor van: Jannie du Toit, Jaqcues Botes en Mathys Roets.
En ek dink die volgende het dit ook al gesing: Dozi, Theuns Jordaan,
Piet Smit en Karla du Plessis en seker baie meer.

Wouter
Vir my is die heel mooiste weergawe hiervan waar Koos en sy dogter
Karla dit saam sing, ek dink dis op die CD "Tydloos". Hulle stemme is
elektronies bymekaargevoeg. Iets baie besonders.
Re: Nog iets van Koos Doep [boodskap #73972 is 'n antwoord op boodskap #73910] Di, 25 Februarie 2003 07:49 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
>
> Klaarblyklik het niks verander nie - net die naam van die rolspelers.

Is nie so nie, baie, omtrent alles, het verander. Toe ons in die vroeë
70s hier aangekom het was Alice 'n ongelooflike lekker plek om in te
woon en FH 'n baie lekker plek om te werk. Hier was baie jong getroude
mense wat oor en weer gekuier het en ons mans het inter-fakulteit
sokker-, snoeker-, krieket= en gholfligas gehad, huur was min,
salarisse heel OK, dus was die lewe lekker, selfs na 1976 toe alle hel
hier op die kampus uitgebreek het. Ongelukkig is Alice toe mos by die
"onafhanklike" Ciskei ingelyf, die Universiteit het huise op die
buurdorp gaan bou, die blanke besigheidsmense was omtrent verplig om
te vekoop, die laerskool het gesluit, dus het omtrent alles toe
verander omdat omtrent al die blankes die dorp verlaat het. Wat die
Universiteit betref was daar reuse veranderinge.

> O ja - ek het 'n Opperhoof Burns Nxhamashe daar in die Alice-omgewing
> geken - hy is seker nou dood.(?) Baie interessant en hoogs intelligent - van
> die voggies gehou maar baie aangenaam.

Ja, hy is al 'n hele ruk gelede oorlede. Ek het hom ook geken en stem
saam met jou. Die "dorpie" wat na hom vernoem is het darem nog
dieselfde naam.

Groete, Drom
Vorige onderwerp: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS
Volgende onderwerp: Zing-wenners ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:20:59 MGT 2024