Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die beste " deur C. LOUIS LEIPOLDT
" Die beste " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #73882] So, 23 Februarie 2003 21:04
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

C. Louis Leipoldt
Die beste

Geil lusern in die laagste landjie;
Geil groen blare en blomme blou;
Aalwyn rooi op die voorste randjie,
Rooi soos bloed teen die rotse grou;
Somer en son en saffier daarbowe;
Ruik van die keurbos rondgesprei;
Kort klein skadu's oor die klowe;
Somer en son en saffier vir my!
Wonder van kleure uitgesprei -
Wat is daar meer deur die dood te rowe?
Somer en son en saffier vir my!

Hoog oor die water skommel die vinkies,
Vol van die vreug van die somerdag;
Bly die gekwetter van bruin tinktinkies;
Blyer die son wat goudgeel lag.
Algar wat lewe, algar tevrede,
Hoog op die heuwel en laag op die vlei;
So was dit gister, en so is dit hede -
Somer en son en saffier vir my!
Heer, wat die hemel oor my sprei,
Dit is my eerste en laaste bede:
"Somer en son en saffier vir my!"

Het jy 'n vrind wat jou hand kan vashou?
Vrinde vergaan en faal in nood!
Het jy 'n vyand, jou grootste las nou?
Vyande, vrinde gaan algar dood!
Wat's dit vir my as die gras vergrys word?
Somer sal kom met sy groen daarby;
Wat as in winter die water ys word?
Somer en son en saffier sal bly.
Boetie, ek vra jou, wat sê jy?
Wat's dit vir ons as die gras vergrys word?
Somer en son en saffier sal bly.

Roem van mense, rykdomme, pragte -
Alles vergaan soos die mis op die vlei:
Sterre wat skiet in pikdonker nagte,
Het langer lewe as roem kan kry.
Boetie, as ons nou 'n keus moet wae,
Hier op die wêreld, wat vra jy?
Roemryke lewe en lengte van dae?
Somer en son en saffier vir my!
Boetie, as jy nou jou keus kan kry,
Wat is die wens wat jou hart sal wae? -
Somer en son en saffier vir my!
Vorige onderwerp: " Dit spook hier woes met nuwemaan " deur BOERNEEF
Volgende onderwerp: " Bloubok " deur JOHANN LODEWYK MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:19:59 MGT 2024