Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Nicoline " deur HANS du Plessis
" Nicoline " deur HANS du Plessis [boodskap #73303] Ma, 10 Februarie 2003 17:48 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hans du Plessis
Nicoline

As die lente oor die velde brei
en die geur van katjiepiering op die wolke ry,
lê jou hare wit oor bome uitgesprei
en blou lag jou oë bokant my,
maar voor ek jou hart kon kry,
was die seisoen al weer verby.
Re: " Nicoline " deur HANS du Plessis [boodskap #73304 is 'n antwoord op boodskap #73303] Ma, 10 Februarie 2003 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is daar nie iemand wat iets oor jasmyn geskryf het nie? Weet jy hoe moeilik
is dit om katjiepiering aan die groei te kry - en in die geval is daar
soveel dat dit op wolke ry - ek glo dit nie rêrig nie ... Wanneer ek jasmyn
ruik dan weet ek daar is sinusprobleme wat voorlê - aanvanklik het ek gedink
dis die jasmyn se skuld - nou weet ek dis daardie tyd van die jaar.

Terug na Gert Vlok Nel se Beautiful op ...- ek staan in die CNA en die
Bruin/Kleurlingman wat die musieke verkoop speel die ding op sy eie terwyl
ek deur die rakke gaan. Toe luister ek en ek dink dit is juis so mooi omdat
daar geen dwangrym is nie ...

'n Woord of twee daarop?

skryf in boodskap news:3E47E60B.50505@rogers.com...
> Hans du Plessis
> Nicoline
>
> As die lente oor die velde brei
> en die geur van katjiepiering op die wolke ry,
> lê jou hare wit oor bome uitgesprei
> en blou lag jou oë bokant my,
> maar voor ek jou hart kon kry,
> was die seisoen al weer verby.
>
Re: " Nicoline " deur HANS du Plessis [boodskap #73307 is 'n antwoord op boodskap #73304] Di, 11 Februarie 2003 03:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Terug na Gert Vlok Nel se Beautiful op ...- ek staan in die CNA en die
> Bruin/Kleurlingman wat die musieke verkoop speel die ding op sy eie terwyl
> ek deur die rakke gaan. Toe luister ek en ek dink dit is juis so mooi omdat
> daar geen dwangrym is nie ...

Wel, sommige gedigte is suksesvol sonder
dat daar rym is, en sommige gedigte is
suksesvol omdat daar rym is. Wat bedoel
jy eintlik deur "dwangrym"?

Gloudina
Re: " Nicoline " deur HANS du Plessis [boodskap #73308 is 'n antwoord op boodskap #73307] Di, 11 Februarie 2003 04:02 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dangrym is mi waar die rympatroon slaafs nagevolg word ten konste van
betekenis/inhoudelike. Jy het al hierna verwys by 'n vorige geleentheid. Die
betrokke item van GVN is natuurlik ook getoonset en mi word daar van die
liriek gebruikgemaak om vir rymgebrek te vergoed.
skryf in boodskap news:3E486DE4.4030502@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Terug na Gert Vlok Nel se Beautiful op ...- ek staan in die CNA en die
>> Bruin/Kleurlingman wat die musieke verkoop speel die ding op sy eie terwyl
>> ek deur die rakke gaan. Toe luister ek en ek dink dit is juis so mooi omdat
>> daar geen dwangrym is nie ...
>
> Wel, sommige gedigte is suksesvol sonder
> dat daar rym is, en sommige gedigte is
> suksesvol omdat daar rym is. Wat bedoel
> jy eintlik deur "dwangrym"?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: " Vier gedigte uit die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "himne " deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:52:10 MGT 2024