Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS
" naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73119] Wo, 05 Februarie 2003 03:34 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

naglied van johannes kerkorrel
Tom Gouws

Men at forty
Learn to close softly
The doors to rooms they will not be
Coming back to.
- Donald Justice

die son val geluidloos die skemer in
oorryp appelkoos
i have no cause to be awake
die dorp word koud kafees gaan toe
my oog word die sluiter van 'n kamera
ligsensitief staccato
die donker sak 'n stadige blinding oor my
sekelmaan se snykant
'n lemmetjie wat oor my wang vee
hoeveel keer sal die son vannag nog sak
my patrollie ry môre weg
ek sing saggies om die duister teë te hou
al lê die berge nog so blou
ek weet die nag is honger
vanaand gaan die volkies koring sny
alas
that night should be to thee
instead of morning
die stilte stap in soos 'n gehoor
ek kyk na die bedroefde palms van my hande
die vrees klamp toe soos boeie
diep-lang kepe kom lê gemaklik in vleis
niks niks teen die grein nie
soos bloed kleef herinneringe klééf
agter my glimlag is 'n doringdraad gespan
verhale stomp op my droë lippe
te teer om oor te vertel
i have no cause to be awake
intiem soos aids kom lê die naggeluide in my
dood groet met 'n sagte hand
lankal reeds het ek my tent verlaat
hy wapper wapper in die wind
in verbeelding staan ek smôrens op my pa se stoep
maak oop jou hart maak oop jou deur
laat my binnekom laat my bly
as die siener moeg geword het van wag
neem hy sy hart in sy hand
en wring sy gedigte hardop uit
gedigte is niks anders nie as gebede
onaangeraak
vel skeur sag
die kleintong hang 'n valbyl
asem hyg van hartseer soos 'n hond
bloed pleit kloppend aan die weerlose keel
klop klop aan 'n swaar deur
as dit donker is as almal slaap
is ek voor jou skrefiesdeur en ek wag
my hande deel my erfdeel uit
die son val 'n pap appelkoos
dis lánk na twaalfuur
die boom lig sy arms in wanhoop
die nag loop leeg soos 'n konsertsaal
tula tokkelossie almal almal is nou weg
tula babbenini niemand maak vir kleintjie seer nie
tula al is pappa ver
vannag gooi ek my geweerband weg
ek haal my gordel af
geen snik in die longe
dis sagter as slaap
tussen hemel en aarde is ek lig so lig
i have no cause
maak toe jou hart sluit dig jou deur

kyk hoe hang my oorjassie van klei
my geliefde hang in die bos
nooit as nimmer kom hy los
wiegend in die wind
wag-'n-bietjie wag-'n-bietjie
in die bitterbessiebos
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73130 is 'n antwoord op boodskap #73119] Wo, 05 Februarie 2003 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Waar krap jy al hierdie kak uit???

"@rogers.com"
> naglied van johannes kerkorrel
> Tom Gouws
>
> Men at forty
> Learn to close softly
> The doors to rooms they will not be
> Coming back to.
> - Donald Justice
>
> die son val geluidloos die skemer in
> oorryp appelkoos
> i have no cause to be awake
> die dorp word koud kafees gaan toe
> my oog word die sluiter van 'n kamera
> ligsensitief staccato
> die donker sak 'n stadige blinding oor my
> sekelmaan se snykant
> 'n lemmetjie wat oor my wang vee
> hoeveel keer sal die son vannag nog sak
> my patrollie ry môre weg
> ek sing saggies om die duister teë te hou
> al lê die berge nog so blou
> ek weet die nag is honger
> vanaand gaan die volkies koring sny
> alas
> that night should be to thee
> instead of morning
> die stilte stap in soos 'n gehoor
> ek kyk na die bedroefde palms van my hande
> die vrees klamp toe soos boeie
> diep-lang kepe kom lê gemaklik in vleis
> niks niks teen die grein nie
> soos bloed kleef herinneringe klééf
> agter my glimlag is 'n doringdraad gespan
> verhale stomp op my droë lippe
> te teer om oor te vertel
> i have no cause to be awake
> intiem soos aids kom lê die naggeluide in my
> dood groet met 'n sagte hand
> lankal reeds het ek my tent verlaat
> hy wapper wapper in die wind
> in verbeelding staan ek smôrens op my pa se stoep
> maak oop jou hart maak oop jou deur
> laat my binnekom laat my bly
> as die siener moeg geword het van wag
> neem hy sy hart in sy hand
> en wring sy gedigte hardop uit
> gedigte is niks anders nie as gebede
> onaangeraak
> vel skeur sag
> die kleintong hang 'n valbyl
> asem hyg van hartseer soos 'n hond
> bloed pleit kloppend aan die weerlose keel
> klop klop aan 'n swaar deur
> as dit donker is as almal slaap
> is ek voor jou skrefiesdeur en ek wag
> my hande deel my erfdeel uit
> die son val 'n pap appelkoos
> dis lánk na twaalfuur
> die boom lig sy arms in wanhoop
> die nag loop leeg soos 'n konsertsaal
> tula tokkelossie almal almal is nou weg
> tula babbenini niemand maak vir kleintjie seer nie
> tula al is pappa ver
> vannag gooi ek my geweerband weg
> ek haal my gordel af
> geen snik in die longe
> dis sagter as slaap
> tussen hemel en aarde is ek lig so lig
> i have no cause
> maak toe jou hart sluit dig jou deur
>
> kyk hoe hang my oorjassie van klei
> my geliefde hang in die bos
> nooit as nimmer kom hy los
> wiegend in die wind
> wag-'n-bietjie wag-'n-bietjie
> in die bitterbessiebos
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73138 is 'n antwoord op boodskap #73130] Wo, 05 Februarie 2003 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Waar krap jy al hierdie kak uit???

Ek wil amper met jou saamstem. Ek was regtig
verbaas om hierdie ding van Tom Gouws te sien,
maar het gedag ek sou dit pos, deels om te wys
na watter dieptes selfs Tom Gouws kan daal, en
deels omdat dit iets oor Johannes Kerkorrel
kwytraak.
Tom Gouws is glo iemand van taamlik baie
aansien in die Afrikaanse letterkundige gemeen-
skap, en hy het een villanelle geskryf wat ek
as een van die beste gedigte in Afrikaans beskou.
Maar in hierdie gedig maak hy hom skuldig aan
alles wat my irriteer in sommige van die moderne
Afrikaanse gedigte : die cute Engelse tussenwerpsels,
die ophoping van beskrywings wat mens uiteindelik
versmoor. Al wat ek kan dink is dat hy Johannes
Kerkorrel se eie skryfstyl probeer namaak het?
In alle geval, ek pos 'n goeie gedig van Tom
Gouws vir jou.

Gloudina
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73155 is 'n antwoord op boodskap #73138] Do, 06 Februarie 2003 08:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Die helfte van die "gedig" is lirieke van JK. Maar dis maar 'n losse
aanmekaarvlaansel as jy my vra.

OU OU LIED VAN AFRIKA (Johannes Kerkorrel)
Ek het lank gewag, die dorp word koud
My patrollie ry môre weg.
Die drade kraak, kafees gaan toe.
Die gewere, die jeeps staan reg.
Hoekom staan jy smôrens op jou pa se stoep
hoekom stap jy alleen op straat
Hoekom gloei jou oë, jou skouers blink
Jy sing in jou deur en dis laat.
Maar vannag gooi ek my geweerband weg
en ek haal my gordel af
as dit donker is, as almal slaap
is ek voor jou deur en ek wag.
Sing die ou ou lied van Afrika
sing dit sag, sing dit lank vir my.
Maak oop jou hart, maak oop jou deur
Laat my binnekom, laat my bly.
Blaas uit die kers, draai jou kopdoek los.
Ek het lankal my tent vergeet
Laat ons mond aand mond, en lyf aan lyf,
laat ons vry en vir altyd wees.
Sing die ou ou lied van Afrika
sing dit sag, sing dit lank vir my.
Maak oop jou hart, maak oop jou deur
Laat my binnekom, laat my bly.

"@rogers.com"
> Max wrote:
>
>> Waar krap jy al hierdie kak uit???
>
>
> Ek wil amper met jou saamstem. Ek was regtig
> verbaas om hierdie ding van Tom Gouws te sien,
> maar het gedag ek sou dit pos, deels om te wys
> na watter dieptes selfs Tom Gouws kan daal, en
> deels omdat dit iets oor Johannes Kerkorrel
> kwytraak.
> Tom Gouws is glo iemand van taamlik baie
> aansien in die Afrikaanse letterkundige gemeen-
> skap, en hy het een villanelle geskryf wat ek
> as een van die beste gedigte in Afrikaans beskou.
> Maar in hierdie gedig maak hy hom skuldig aan
> alles wat my irriteer in sommige van die moderne
> Afrikaanse gedigte : die cute Engelse tussenwerpsels,
> die ophoping van beskrywings wat mens uiteindelik
> versmoor. Al wat ek kan dink is dat hy Johannes
> Kerkorrel se eie skryfstyl probeer namaak het?
> In alle geval, ek pos 'n goeie gedig van Tom
> Gouws vir jou.
>
> Gloudina
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73165 is 'n antwoord op boodskap #73155] Do, 06 Februarie 2003 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Die helfte van die "gedig" is lirieke van JK. Maar dis maar 'n losse
> aanmekaarvlaansel as jy my vra.

Dankie vir die Kerkorrel-gedig. Dit verklaar
dus baie van die Gouws-woorde. Maar as jy my
vra, hang die Kerkorrel-gedig mooi saam, iets
wat die Gouws een nie doen nie. Dink jy die
Engelse tussenwerpsels kom ook van een of ander
Kerkorrel-gedig? Gouws probeer natuurlik ook,
soos Kerkorrel, stukkies van ou tradisionele
liedjies invleg. Dis vir my een van die grootste
skatte van Afrikaans, hierdie ou tradisionele
liedjies wat so in almal se bewussyn lê en wag
om ontgin te word. En mense wat dit gebruik, is
geweldig suksesvol. Dink nou maar aan Kramer en
ou Tante Koba.

Gloudina

> OU OU LIED VAN AFRIKA (Johannes Kerkorrel)

> Ek het lank gewag, die dorp word koud
> My patrollie ry môre weg.
> Die drade kraak, kafees gaan toe.
> Die gewere, die jeeps staan reg.
> Hoekom staan jy smôrens op jou pa se stoep
> hoekom stap jy alleen op straat
> Hoekom gloei jou oë, jou skouers blink
> Jy sing in jou deur en dis laat.
> Maar vannag gooi ek my geweerband weg
> en ek haal my gordel af
> as dit donker is, as almal slaap
> is ek voor jou deur en ek wag.
> Sing die ou ou lied van Afrika
> sing dit sag, sing dit lank vir my.
> Maak oop jou hart, maak oop jou deur
> Laat my binnekom, laat my bly.
> Blaas uit die kers, draai jou kopdoek los.
> Ek het lankal my tent vergeet
> Laat ons mond aand mond, en lyf aan lyf,
> laat ons vry en vir altyd wees.
> Sing die ou ou lied van Afrika
> sing dit sag, sing dit lank vir my.
> Maak oop jou hart, maak oop jou deur
> Laat my binnekom, laat my bly.
"Ou ou Lied van Afrika " deur JOHANNES KERKORREL [boodskap #73166 is 'n antwoord op boodskap #73155] Do, 06 Februarie 2003 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> OU OU LIED VAN AFRIKA (Johannes Kerkorrel)

> Ek het lank gewag, die dorp word koud
> My patrollie ry môre weg.
> Die drade kraak, kafees gaan toe.
> Die gewere, die jeeps staan reg.
> Hoekom staan jy smôrens op jou pa se stoep
> hoekom stap jy alleen op straat
> Hoekom gloei jou oë, jou skouers blink
> Jy sing in jou deur en dis laat.
> Maar vannag gooi ek my geweerband weg
> en ek haal my gordel af
> as dit donker is, as almal slaap
> is ek voor jou deur en ek wag.
> Sing die ou ou lied van Afrika
> sing dit sag, sing dit lank vir my.
> Maak oop jou hart, maak oop jou deur
> Laat my binnekom, laat my bly.
> Blaas uit die kers, draai jou kopdoek los.
> Ek het lankal my tent vergeet
> Laat ons mond aand mond, en lyf aan lyf,
> laat ons vry en vir altyd wees.
> Sing die ou ou lied van Afrika
> sing dit sag, sing dit lank vir my.
> Maak oop jou hart, maak oop jou deur
> Laat my binnekom, laat my bly.

As ek hierdie lied se woorde reg verstaan,
is die scenario dat daar 'n man is wat
militêre diensplig verrig, en hy praat van
iemand met 'n "kopdoek" opsoek. Dus duidelik
'n subversiewe onderwerp, veral as dit in
die tagtigerjare geskryf is.

Gloudina
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73187 is 'n antwoord op boodskap #73138] Vr, 07 Februarie 2003 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Daar was die naweek 'n resensie van Tom Gouws se bundel in Rapport. Jy sal
dit dalk op hulle webwerf kry.

skryf in boodskap news:3E411932.9050403@rogers.com...
>
> Max wrote:
>
>> Waar krap jy al hierdie kak uit???
>
>
> Ek wil amper met jou saamstem. Ek was regtig
> verbaas om hierdie ding van Tom Gouws te sien,
> maar het gedag ek sou dit pos, deels om te wys
> na watter dieptes selfs Tom Gouws kan daal, en
> deels omdat dit iets oor Johannes Kerkorrel
> kwytraak.
> Tom Gouws is glo iemand van taamlik baie
> aansien in die Afrikaanse letterkundige gemeen-
> skap, en hy het een villanelle geskryf wat ek
> as een van die beste gedigte in Afrikaans beskou.
> Maar in hierdie gedig maak hy hom skuldig aan
> alles wat my irriteer in sommige van die moderne
> Afrikaanse gedigte : die cute Engelse tussenwerpsels,
> die ophoping van beskrywings wat mens uiteindelik
> versmoor. Al wat ek kan dink is dat hy Johannes
> Kerkorrel se eie skryfstyl probeer namaak het?
> In alle geval, ek pos 'n goeie gedig van Tom
> Gouws vir jou.
>
> Gloudina
>
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73190 is 'n antwoord op boodskap #73187] Vr, 07 Februarie 2003 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sien die kerkorrel ding word groot - lees net gister daar gaan op die
KKNK 'n hele dokumentêre opvoering oor JK wees.
My ma vertel my toe die eerste Dracula prente gewys het, het elke
fliekganger 'n boksie vuurhoutjies gekry vir die bang word.
Wonder watter sneesdoekievervaardiger gaan die KKNK vertoning borg.

Annette

.ac.za> skryf in boodskap news:b1vj6f$gbc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Daar was die naweek 'n resensie van Tom Gouws se bundel in Rapport. Jy sal
> dit dalk op hulle webwerf kry.
>
> skryf in boodskap news:3E411932.9050403@rogers.com...
>>
>> Max wrote:
>>
>>> Waar krap jy al hierdie kak uit???
>>
>>
>> Ek wil amper met jou saamstem. Ek was regtig
>> verbaas om hierdie ding van Tom Gouws te sien,
>> maar het gedag ek sou dit pos, deels om te wys
>> na watter dieptes selfs Tom Gouws kan daal, en
>> deels omdat dit iets oor Johannes Kerkorrel
>> kwytraak.
>> Tom Gouws is glo iemand van taamlik baie
>> aansien in die Afrikaanse letterkundige gemeen-
>> skap, en hy het een villanelle geskryf wat ek
>> as een van die beste gedigte in Afrikaans beskou.
>> Maar in hierdie gedig maak hy hom skuldig aan
>> alles wat my irriteer in sommige van die moderne
>> Afrikaanse gedigte : die cute Engelse tussenwerpsels,
>> die ophoping van beskrywings wat mens uiteindelik
>> versmoor. Al wat ek kan dink is dat hy Johannes
>> Kerkorrel se eie skryfstyl probeer namaak het?
>> In alle geval, ek pos 'n goeie gedig van Tom
>> Gouws vir jou.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73196 is 'n antwoord op boodskap #73190] Vr, 07 Februarie 2003 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hie hie. Ons gaan self of die Rimpelfees wees met die Oos-Kaapse Jeugkoor.
Ek voel bietjie soos die hond wat die bus gevang het wat hy nog altyd gejaag
het.

K

"Annette" skryf in boodskap news:b1vlfk$171lrr$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek sien die kerkorrel ding word groot - lees net gister daar gaan op die
> KKNK 'n hele dokumentêre opvoering oor JK wees.
> My ma vertel my toe die eerste Dracula prente gewys het, het elke
> fliekganger 'n boksie vuurhoutjies gekry vir die bang word.
> Wonder watter sneesdoekievervaardiger gaan die KKNK vertoning borg.
>
> Annette
>
>
> .ac.za> skryf in boodskap news:b1vj6f$gbc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Daar was die naweek 'n resensie van Tom Gouws se bundel in Rapport. Jy sal
>> dit dalk op hulle webwerf kry.
>>
>> skryf in boodskap news:3E411932.9050403@rogers.com...
>>>
>>> Max wrote:
>>>
>>>> Waar krap jy al hierdie kak uit???
>>>
>>>
>>> Ek wil amper met jou saamstem. Ek was regtig
>>> verbaas om hierdie ding van Tom Gouws te sien,
>>> maar het gedag ek sou dit pos, deels om te wys
>>> na watter dieptes selfs Tom Gouws kan daal, en
>>> deels omdat dit iets oor Johannes Kerkorrel
>>> kwytraak.
>>> Tom Gouws is glo iemand van taamlik baie
>>> aansien in die Afrikaanse letterkundige gemeen-
>>> skap, en hy het een villanelle geskryf wat ek
>>> as een van die beste gedigte in Afrikaans beskou.
>>> Maar in hierdie gedig maak hy hom skuldig aan
>>> alles wat my irriteer in sommige van die moderne
>>> Afrikaanse gedigte : die cute Engelse tussenwerpsels,
>>> die ophoping van beskrywings wat mens uiteindelik
>>> versmoor. Al wat ek kan dink is dat hy Johannes
>>> Kerkorrel se eie skryfstyl probeer namaak het?
>>> In alle geval, ek pos 'n goeie gedig van Tom
>>> Gouws vir jou.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73198 is 'n antwoord op boodskap #73196] Vr, 07 Februarie 2003 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koot, is jy nie 'n bietjie te oud om in 'n Jeugkoor te sing nie?:)))

Maar baie geluk, en sterkte met die rimpeling:)
Wat kos dit vir julle om te kan deelneem, en hoe groot is die koor?
Wat is die repertoire?

Annette

.ac.za> skryf in boodskap news:b1vmvh$hs5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hie hie. Ons gaan self of die Rimpelfees wees met die Oos-Kaapse Jeugkoor.
> Ek voel bietjie soos die hond wat die bus gevang het wat hy nog altyd gejaag
> het.
>
> K
>
> "Annette" wrote in message
> news:b1vlfk$171lrr$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek sien die kerkorrel ding word groot - lees net gister daar gaan op die
>> KKNK 'n hele dokumentêre opvoering oor JK wees.
>> My ma vertel my toe die eerste Dracula prente gewys het, het elke
>> fliekganger 'n boksie vuurhoutjies gekry vir die bang word.
>> Wonder watter sneesdoekievervaardiger gaan die KKNK vertoning borg.
>>
>> Annette
>>
>>
>> .ac.za> skryf in boodskap news:b1vj6f$gbc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Daar was die naweek 'n resensie van Tom Gouws se bundel in Rapport. Jy sal
>>> dit dalk op hulle webwerf kry.
>>>
>>> skryf in boodskap news:3E411932.9050403@rogers.com...
>>>>
>>>> Max wrote:
>>>>
>>>> > Waar krap jy al hierdie kak uit???
>>>>
>>>>
>>>> Ek wil amper met jou saamstem. Ek was regtig
>>>> verbaas om hierdie ding van Tom Gouws te sien,
>>>> maar het gedag ek sou dit pos, deels om te wys
>>>> na watter dieptes selfs Tom Gouws kan daal, en
>>>> deels omdat dit iets oor Johannes Kerkorrel
>>>> kwytraak.
>>>> Tom Gouws is glo iemand van taamlik baie
>>>> aansien in die Afrikaanse letterkundige gemeen-
>>>> skap, en hy het een villanelle geskryf wat ek
>>>> as een van die beste gedigte in Afrikaans beskou.
>>>> Maar in hierdie gedig maak hy hom skuldig aan
>>>> alles wat my irriteer in sommige van die moderne
>>>> Afrikaanse gedigte : die cute Engelse tussenwerpsels,
>>>> die ophoping van beskrywings wat mens uiteindelik
>>>> versmoor. Al wat ek kan dink is dat hy Johannes
>>>> Kerkorrel se eie skryfstyl probeer namaak het?
>>>> In alle geval, ek pos 'n goeie gedig van Tom
>>>> Gouws vir jou.
>>>>
>>>> Gloudina
>>>>
>>>
>>
>
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73212 is 'n antwoord op boodskap #73198] Vr, 07 Februarie 2003 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek menietsj net die koor. Genadiglik (vir hulle).

Dit kos so R550 in geld maar 'n helse klomp aan pyn en verdriet. Of ons ooit
daar gaan uitkom is nog te besiene - dink net aan die logistiek!

Die koor is so sewentig lede groot. Die sterk punt van die koor is die
sukses waarmee hulle musiek van verskillende kulture sing en hulle bont
samestelling. Ek het al heelwat swart kore wit musiek sien sing en
omgekeerd, maar hierdie koor kry dit genuine reg.

Webblad http://www.oocities.org/epyouthchoir

Vir die KKNK is die musiek nou hoofsaaklik Afrikaans, met 'n sousie ander
by.

"Annette" skryf in boodskap news:b1vpgg$17bnsf$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Koot, is jy nie 'n bietjie te oud om in 'n Jeugkoor te sing nie?:)))
>
> Maar baie geluk, en sterkte met die rimpeling:)
> Wat kos dit vir julle om te kan deelneem, en hoe groot is die koor?
> Wat is die repertoire?
>
> Annette
>
>
> .ac.za> skryf in boodskap news:b1vmvh$hs5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hie hie. Ons gaan self of die Rimpelfees wees met die Oos-Kaapse Jeugkoor.
>> Ek voel bietjie soos die hond wat die bus gevang het wat hy nog altyd gejaag
>> het.
>>
>> K
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:b1vlfk$171lrr$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ek sien die kerkorrel ding word groot - lees net gister daar gaan op die
>>> KKNK 'n hele dokumentêre opvoering oor JK wees.
>>> My ma vertel my toe die eerste Dracula prente gewys het, het elke
>>> fliekganger 'n boksie vuurhoutjies gekry vir die bang word.
>>> Wonder watter sneesdoekievervaardiger gaan die KKNK vertoning borg.
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> .ac.za> skryf in boodskap news:b1vj6f$gbc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Daar was die naweek 'n resensie van Tom Gouws se bundel in Rapport. Jy sal
>>>> dit dalk op hulle webwerf kry.
>>>>
>>>> skryf in boodskap news:3E411932.9050403@rogers.com...
>>>> >
>>>> > Max wrote:
>>>> >
>>>> > > Waar krap jy al hierdie kak uit???
>>>> >
>>>> >
>>>> > Ek wil amper met jou saamstem. Ek was regtig
>>>> > verbaas om hierdie ding van Tom Gouws te sien,
>>>> > maar het gedag ek sou dit pos, deels om te wys
>>>> > na watter dieptes selfs Tom Gouws kan daal, en
>>>> > deels omdat dit iets oor Johannes Kerkorrel
>>>> > kwytraak.
>>>> > Tom Gouws is glo iemand van taamlik baie
>>>> > aansien in die Afrikaanse letterkundige gemeen-
>>>> > skap, en hy het een villanelle geskryf wat ek
>>>> > as een van die beste gedigte in Afrikaans beskou.
>>>> > Maar in hierdie gedig maak hy hom skuldig aan
>>>> > alles wat my irriteer in sommige van die moderne
>>>> > Afrikaanse gedigte : die cute Engelse tussenwerpsels,
>>>> > die ophoping van beskrywings wat mens uiteindelik
>>>> > versmoor. Al wat ek kan dink is dat hy Johannes
>>>> > Kerkorrel se eie skryfstyl probeer namaak het?
>>>> > In alle geval, ek pos 'n goeie gedig van Tom
>>>> > Gouws vir jou.
>>>> >
>>>> > Gloudina
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73215 is 'n antwoord op boodskap #73212] Vr, 07 Februarie 2003 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie, ek vra maar.
Ons koor het eenkeer opgetree by Knysna se fees.
Ons het een uitvoering gehad in die kerk .

Ek sal nou nie sê mense het baklei vir 'n plekkie om te sit nie, maar ons
het ook nie heeltemal vir die leë banke gesing nie.
Na die uitvoering en selfs die volgende dag in die feesblaadjie het ons baie
goeie kritiek en terugvoering gekry, maar toe was dit te laat, ons was klaar
gesing;))

Die punt wat ek probeer maar is dat ek wonder hoe goed 'n koor op so 'n tipe
fees eintlik kan doen.
As almal gaan om hulle te geniet en net meegaan vir die ondervinding, en op
te tree al is daar net 3 in die gehoor, en dit makie sakie- dan is alles
goen en wel. Moet net nie staatmaak op vol sale nie.

Ons koor is deesdae taamlik gewild hier in die Kaap, en ons sing vir meer
mense as stoele, en na die optrede by die openingseremonie more sal ons sien
wat dan gaan volg -
alhoewel dit my min gepla het, praat ou lede nou nog van die aand toe ons in
die Endler gaan optree het, en daar slegs 14 mense in die gehoor was. Agt
was die komponis en sy familie wat almal mooi saam in een ry gesit het. Die
ander 6 was verdwaaldes wat so hier en daar gesit het.

Annette

"Koot" skryf in boodskap news:b203om$q0b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek menietsj net die koor. Genadiglik (vir hulle).
>
> Dit kos so R550 in geld maar 'n helse klomp aan pyn en verdriet. Of ons ooit
> daar gaan uitkom is nog te besiene - dink net aan die logistiek!
>
> Die koor is so sewentig lede groot. Die sterk punt van die koor is die
> sukses waarmee hulle musiek van verskillende kulture sing en hulle bont
> samestelling. Ek het al heelwat swart kore wit musiek sien sing en
> omgekeerd, maar hierdie koor kry dit genuine reg.
>
> Webblad http://www.oocities.org/epyouthchoir
>
> Vir die KKNK is die musiek nou hoofsaaklik Afrikaans, met 'n sousie ander
> by.
>
> "Annette" wrote in message
> news:b1vpgg$17bnsf$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Koot, is jy nie 'n bietjie te oud om in 'n Jeugkoor te sing nie?:)))
>>
>> Maar baie geluk, en sterkte met die rimpeling:)
>> Wat kos dit vir julle om te kan deelneem, en hoe groot is die koor?
>> Wat is die repertoire?
>>
>> Annette
>>
>>
>> .ac.za> skryf in boodskap news:b1vmvh$hs5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Hie hie. Ons gaan self of die Rimpelfees wees met die Oos-Kaapse Jeugkoor.
>>> Ek voel bietjie soos die hond wat die bus gevang het wat hy nog altyd gejaag
>>> het.
>>>
>>> K
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:b1vlfk$171lrr$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Ek sien die kerkorrel ding word groot - lees net gister daar gaan op die
>>>> KKNK 'n hele dokumentêre opvoering oor JK wees.
>>>> My ma vertel my toe die eerste Dracula prente gewys het, het elke
>>>> fliekganger 'n boksie vuurhoutjies gekry vir die bang word.
>>>> Wonder watter sneesdoekievervaardiger gaan die KKNK vertoning borg.
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> .ac.za> skryf in boodskap news:b1vj6f$gbc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > Daar was die naweek 'n resensie van Tom Gouws se bundel in Rapport. Jy sal
>>>> > dit dalk op hulle webwerf kry.
>>>> >
>>>> > skryf in boodskap news:3E411932.9050403@rogers.com...
>>>> > >
>>>> > > Max wrote:
>>>> > >
>>>> > > > Waar krap jy al hierdie kak uit???
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > > Ek wil amper met jou saamstem. Ek was regtig
>>>> > > verbaas om hierdie ding van Tom Gouws te sien,
>>>> > > maar het gedag ek sou dit pos, deels om te wys
>>>> > > na watter dieptes selfs Tom Gouws kan daal, en
>>>> > > deels omdat dit iets oor Johannes Kerkorrel
>>>> > > kwytraak.
>>>> > > Tom Gouws is glo iemand van taamlik baie
>>>> > > aansien in die Afrikaanse letterkundige gemeen-
>>>> > > skap, en hy het een villanelle geskryf wat ek
>>>> > > as een van die beste gedigte in Afrikaans beskou.
>>>> > > Maar in hierdie gedig maak hy hom skuldig aan
>>>> > > alles wat my irriteer in sommige van die moderne
>>>> > > Afrikaanse gedigte : die cute Engelse tussenwerpsels,
>>>> > > die ophoping van beskrywings wat mens uiteindelik
>>>> > > versmoor. Al wat ek kan dink is dat hy Johannes
>>>> > > Kerkorrel se eie skryfstyl probeer namaak het?
>>>> > > In alle geval, ek pos 'n goeie gedig van Tom
>>>> > > Gouws vir jou.
>>>> > >
>>>> > > Gloudina
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: "Ou ou Lied van Afrika " deur JOHANNES KERKORREL [boodskap #73224 is 'n antwoord op boodskap #73166] Vr, 07 Februarie 2003 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> Max wrote:
>
>
>> OU OU LIED VAN AFRIKA (Johannes Kerkorrel)
>
>
>> Ek het lank gewag, die dorp word koud
>> My patrollie ry môre weg.
>> Die drade kraak, kafees gaan toe.
>> Die gewere, die jeeps staan reg.
>> Hoekom staan jy smôrens op jou pa se stoep
>> hoekom stap jy alleen op straat
>> Hoekom gloei jou oë, jou skouers blink
>> Jy sing in jou deur en dis laat.
>> Maar vannag gooi ek my geweerband weg
>> en ek haal my gordel af
>> as dit donker is, as almal slaap
>> is ek voor jou deur en ek wag.
>> Sing die ou ou lied van Afrika
>> sing dit sag, sing dit lank vir my.
>> Maak oop jou hart, maak oop jou deur
>> Laat my binnekom, laat my bly.
>> Blaas uit die kers, draai jou kopdoek los.
>> Ek het lankal my tent vergeet
>> Laat ons mond aand mond, en lyf aan lyf,
>> laat ons vry en vir altyd wees.
>> Sing die ou ou lied van Afrika
>> sing dit sag, sing dit lank vir my.
>> Maak oop jou hart, maak oop jou deur
>> Laat my binnekom, laat my bly.
>
>
> As ek hierdie lied se woorde reg verstaan,
> is die scenario dat daar 'n man is wat
> militêre diensplig verrig, en hy praat van
> iemand met 'n "kopdoek" opsoek. Dus duidelik
> 'n subversiewe onderwerp, veral as dit in
> die tagtigerjare geskryf is.
>
> Gloudina

100% reg, dit was die tweede helfte van die 80er jare. Ek was so links
dat ek byna van die tafel afgemoer het. Ons het "Eet Kreef" en
"Voëlvry" geluister.

Dit was eers jare later dat die grootmense agtergekom het dat JK
eintlik goed is!

Die lirieke van die ander liedjies op Eet Kreef is op
http://01knort.tripod.com/anarkans/bladsy/jkeetkreef.htm te vinde.

groete
Max____________________________
Re: " naglied van johannes kerkorrel " deur TOM GOUWS [boodskap #73235 is 'n antwoord op boodskap #73187] Vr, 07 Februarie 2003 14:53 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Daar was die naweek 'n resensie van Tom Gouws se bundel in Rapport. Jy sal
> dit dalk op hulle webwerf kry.

Dankie. Ek sal kyk of ek dit kry.
Wat dink jy van Tom Gouws?

Gloudina
Vorige onderwerp: Sing jou hart uit ...
Volgende onderwerp: Nog iets van Koos Doep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 03:57:37 MGT 2024