Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Vaarwel aan Insulinde " deur C. LOUIS LEIPOLDT
" Vaarwel aan Insulinde " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #72547] Ma, 27 Januarie 2003 03:43
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

C. Louis Leipoldt
Vaarwel aan Insulinde

Mirakelland van oerwoud en vulkaan,
Ek groet jou in jou glorie! Elke teug
Van die koel suidewind hernu my jeug
En maak my amper kind weer, en verslaan
'n Dampwolk van gedagtes en die waan
Dan net maar in die wes die lewensvreug
'n Weerklank vinde, en dat trou en deug
Alleen kan bloei in lande waar die maan
Oor louter ys en wit kapok sy glans
Op wintermôres werp. Ag, ek gewaar
My liefde groei tot byna bo verstand!
Ken ek nie meer my eie koppie en krans,
My hoogland-vlak van Beaufort tot De Aar,
Leen dan vir my 'n nuwe vaderland!
Vorige onderwerp: " Die man met die helm " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Volgende onderwerp: " Muishondblomme " deur ABRAHAM FOUCHE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:49:31 MGT 2024