Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » UNISA
UNISA [boodskap #72391] Vr, 24 Januarie 2003 11:43 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, toe probeer ek mos "online" registreer om hierdie jaar vir my BA te gaan
swat. Ek het sonder enige probleme my studente nommer gekry, maar ag, wat
'n pyn is dit nie om nou te probeer registreer nie! Die site is ongelooflik
stadig en maak partykeer eenvoudige net nie die bladsy oop nie of ek kry 'n
internal server error! Ek's natuurlik op die oomblik nie in die posisie om
direk by die Universiteit te gaan registreer nie, anders sou ek!
Registrasie vir my kursus sluit 30 Januarie en as die probleempie nie
binnekort uitgesort word nie, gaan ek moet wag tot die 2de semester voordat
ek weer kan swat.

'n Lansie vir UNISA, hulle helpdesk het my amper dadelik terug ge-email om
vir my te vertel hoe om my browser op te stel. Ongelukkig vir hulle is my
browser reg, so die arme tekkies moet mos nou probeer uitfigure wat die
probleem is! Hulle sê ook op die site dat dit 5 dae sal vat om jou studente
nommer te kry - ek het myne binne 'n paar uur gekry.

Ag nou ja, wou maar net 'n bietjie moan by iemand wat DALK sal omgee, my
man, my ouers en albei my susters dink ek mors my geld en tyd om weer te
gaan swat. Ek persoonlik geniet die idee van 'n graad. Hopenlik kan ek
hierdie een so ver soos my Meesters vat.

Groete
Elaine
Re: UNISA [boodskap #72409 is 'n antwoord op boodskap #72391] Vr, 24 Januarie 2003 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Elaine

Ek wil nou nie 'n Gloudina op jou trek nie, maar ek wil graag weet of
mens praat van "swat" of "swot"?

Persoonlik dink ek jy gaan tyd en geld mors om te gaan studeer. Jy sit
tog in IT? Dit gaan jou duurder kos, maar jy kan baie vinniger vorder
deur rekenaarkursusse te volg...

Of wil jy in bestuur of iets gaan?

Persoonlik vind ek 'n UNISA graad maar lig. Die studente leer alles
kort voor die eksamen en vergeet dit kort daarna... Maar dis wel
lekker as mens al werk om so oor die pos te kan studeer.

Ek het baie respek vir iemand wat voltyds werk en dan nog tyd het om
te studeer ook. Sterkte daarmee.

Max___________________________________________

"Elaine"
> Ja, toe probeer ek mos "online" registreer om hierdie jaar vir my BA te gaan
> swat. Ek het sonder enige probleme my studente nommer gekry, maar ag, wat
> 'n pyn is dit nie om nou te probeer registreer nie! Die site is ongelooflik
> stadig en maak partykeer eenvoudige net nie die bladsy oop nie of ek kry 'n
> internal server error! Ek's natuurlik op die oomblik nie in die posisie om
> direk by die Universiteit te gaan registreer nie, anders sou ek!
> Registrasie vir my kursus sluit 30 Januarie en as die probleempie nie
> binnekort uitgesort word nie, gaan ek moet wag tot die 2de semester voordat
> ek weer kan swat.
>
> 'n Lansie vir UNISA, hulle helpdesk het my amper dadelik terug ge-email om
> vir my te vertel hoe om my browser op te stel. Ongelukkig vir hulle is my
> browser reg, so die arme tekkies moet mos nou probeer uitfigure wat die
> probleem is! Hulle sê ook op die site dat dit 5 dae sal vat om jou studente
> nommer te kry - ek het myne binne 'n paar uur gekry.
>
> Ag nou ja, wou maar net 'n bietjie moan by iemand wat DALK sal omgee, my
> man, my ouers en albei my susters dink ek mors my geld en tyd om weer te
> gaan swat. Ek persoonlik geniet die idee van 'n graad. Hopenlik kan ek
> hierdie een so ver soos my Meesters vat.
>
> Groete
> Elaine
Re: UNISA [boodskap #72445 is 'n antwoord op boodskap #72409] Sa, 25 Januarie 2003 08:17 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
hehehehehe, dankie maar ek gaan nie verder swat/swot in IT nie, ek's so dik
vir rekenaars en die Internet ek kan skree! Buitendien help 'n IT
kwalifikasie jou niks - jy's nog nie eers uit by die hek van die plek waar
jy jou kwalifikasie gekry het nie of die ding is "outdated".
Ek gaan BA Languages and Literature doen - bydra tot die vernietiging van
die Afrikaanse taal :o)! Engels was in elk geval op skool en Technikon my
beste vak. Ek dink dis 'n vreeslike maklike taal, ek geniet dit en dis iets
om te doen met my leë ure. Ek vermoed as ek Regte gaan swat/swot het sou
almal gedink het ek's vreeslik oulik, maar nou doen ek iets so eenvoudig
soos 'n taal en almal dink ek mors geld :-). Maar ek het met die tyd agter
gekom dat jy liewer iets moet doen waarvoor jy lief is as iets wat jy haat -
jy raak nie so gou oud nie en jy geniet die lewe meer.
Darem nou so ver gekom om te registreer, dit het my amper 'n hele twee dae
gevat maar ons is daar - nou moet ek wag en kyk of ek aanvaar word. Ek dink
amper UNISA is die enigste Univeristeit wat afstand onderring aanbied,
daar's duisende Kolleges en ek weet van een Technikon (Technisa) wat dit
doen. Ongelukkig moet ek nou deur UNISA gaan, want daar's nie 'n manier wat
ek elke dag by Pukke (of Tukkies for that matter) kan uitkom om deeltyds
klas te draf nie.

Groete
Elaine

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0301240613.5897beb1@posting.google.com...
> Hallo Elaine
>
> Ek wil nou nie 'n Gloudina op jou trek nie, maar ek wil graag weet of
> mens praat van "swat" of "swot"?
>
> Persoonlik dink ek jy gaan tyd en geld mors om te gaan studeer. Jy sit
> tog in IT? Dit gaan jou duurder kos, maar jy kan baie vinniger vorder
> deur rekenaarkursusse te volg...
>
> Of wil jy in bestuur of iets gaan?
Vorige onderwerp: Skool weier toelating ogv taal
Volgende onderwerp: Swak gehalte matrieks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:58:48 MGT 2024