Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Kersfees.
Kersfees. [boodskap #70835] Do, 19 Desember 2002 22:15 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek en my man het, tot ons spyt, aangebied om hierdie jaar kersfees by ons
huis te hou. Vorige jare was ons Oukersdag by my man se ouers en dan
Kersdag gedeeltelik by my en sy ouers. Sy ma sit elke keer 'n scene op as
my man saam met ons wil Kersfees hou, so om vrede te bewaar kuier ons by my
pa-hulle tot so 4 uur en dan skuifel ons maar oor daar na sy ouers toe.
Julle sien, Oukersdag is traditioneel skoonouers se "Duitse" kersfees,
kompleet met Kalkoen (eindelik eet hulle eend in Duitsland oor Kersfees,
maar hier is eend nogal skaars), Kloze (is dit reg gespel), spesery koekies,
advent kerse en al die trimmings. Ek geniet dit nogal, juis omdat dit so
anders is as ons Kersfees, met tong, hoenderpastei, doekpoeding en trifle.

Nou sien, om dinge vir beide kante makliker te maak, en omdat ons in 'n
lekker groot huis ingetrek het, het ons die familie laat weet dat Oukersdag
hierdie jaar by ons is. Julle het geen idee watse kopseer dit is om die
twee tradisies te probeer bymekaar bring nie. Kyk, met Duitse kersfees kry
elkeen 'n bordjie met lekkernye. Dit was altyd vir my vreeslik lekker want
daar's chocklits, neute, marzipan en spesery koekies op so 'n bord. Gister
gaan koop ek en manlief toe nou die chocklits en neute - R630 later storm
ons altwee ewe moerig die Makro uit. Maar dis nog nie klaar nie. Ek het
nog nie Marzipan of spesery koekies nie. Plus elkeen moet 'n spesiale
chocklit in die vorm van 'n Kersvader kry. Ek skat dit gaan my nog so R200
uit die sak jaag.

Okay die sweets is gecover, nou moet daar nog 'n kersboom opgeslaan word.
Ek het flou verskonings vir kersvesierings, maar darem 'n heel gangbare
boom. Skoonma se boom staan 'n formidabele 2 meter hoog en haar versierings
kom direk uit Duitsland. My ou boompie staan net so 'n meter hoog en my
versierings lyk maar oes. So om die ou boompie te probeer red (ek het nie
R2000 vir 'n 2 meter boom nie) koop ek toe maar nuwe vesierings.

Klappers, of beter bekend as "crackers" kos R80.00 vir 'n box van 5, dis nou
die "grootmens" crackers. Daar gaan nog R240.

Nou ja, omdat ek twee tradisies bymekaar bring, gaan die kos (dank vader)
heeltemal Afrikaans wees. Om my bankrekening te red het ek vir my ouers, my
skoonouers en ouer suster gevra dat elkeen 'n ietsie moet bring. Skoonma
bring skaapboud, gerookte varknek (grillies) en aartappel slaai. My ma
bring tong (grillllllll), soutvleis en trifle. Ousus bring 2 slaaie en sy't
darem 'n paar koeldrankies ook gekoop. Selfs spesiaal vir my skoonma
vrugtesap gekoop omdat sy 'n diabeet is.

So om 'n lang geweeklaag af te sluit... Ek's al klaar gatvol vir Krismis en
dis nog 5 dae ver. Kersfees het my al klaar oor die R1000 gekos, en ek het
nog nie eers geskenke gekoop nie. So nou vra ek julle hoekom spandeer ek al
hierdie geld, dis mos nie waaroor kersfees gaan nie? Tussen al die koop en
regmaak deur het ek self vergeet waaroor Kersfees gaan. Miskien is ek nie
die enigste een nie, en miskien moet ons almal 'n rukkie stil sit en weer
Kersfees "evalueer". Gaan dit nog vir ons oor liefde, saamwees en (vir
Christene) die herdenking vir Jesus se geboorte? Of gaan dit oor geskenke,
lekker kos en drank?

Mag julle almal 'n Geseënde Kersfees hê.

Groete
Elaine
Re: Kersfees. [boodskap #70844 is 'n antwoord op boodskap #70835] Vr, 20 Desember 2002 04:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wees eerlik - indien al daai dinge goedkoper was sou jy nie gewonder het oor
Jesus se geboorte nie - miskien is dit waarom die nie-saakmakende dinge so
duur is?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e0244e9.0@news1.mweb.co.za...
> Ek en my man het, tot ons spyt, aangebied om hierdie jaar kersfees by ons
> huis te hou. Vorige jare was ons Oukersdag by my man se ouers en dan
> Kersdag gedeeltelik by my en sy ouers. Sy ma sit elke keer 'n scene op as
> my man saam met ons wil Kersfees hou, so om vrede te bewaar kuier ons by my
> pa-hulle tot so 4 uur en dan skuifel ons maar oor daar na sy ouers toe.
> Julle sien, Oukersdag is traditioneel skoonouers se "Duitse" kersfees,
> kompleet met Kalkoen (eindelik eet hulle eend in Duitsland oor Kersfees,
> maar hier is eend nogal skaars), Kloze (is dit reg gespel), spesery koekies,
> advent kerse en al die trimmings. Ek geniet dit nogal, juis omdat dit so
> anders is as ons Kersfees, met tong, hoenderpastei, doekpoeding en trifle.
>
> Nou sien, om dinge vir beide kante makliker te maak, en omdat ons in 'n
> lekker groot huis ingetrek het, het ons die familie laat weet dat Oukersdag
> hierdie jaar by ons is. Julle het geen idee watse kopseer dit is om die
> twee tradisies te probeer bymekaar bring nie. Kyk, met Duitse kersfees kry
> elkeen 'n bordjie met lekkernye. Dit was altyd vir my vreeslik lekker want
> daar's chocklits, neute, marzipan en spesery koekies op so 'n bord. Gister
> gaan koop ek en manlief toe nou die chocklits en neute - R630 later storm
> ons altwee ewe moerig die Makro uit. Maar dis nog nie klaar nie. Ek het
> nog nie Marzipan of spesery koekies nie. Plus elkeen moet 'n spesiale
> chocklit in die vorm van 'n Kersvader kry. Ek skat dit gaan my nog so R200
> uit die sak jaag.
>
> Okay die sweets is gecover, nou moet daar nog 'n kersboom opgeslaan word.
> Ek het flou verskonings vir kersvesierings, maar darem 'n heel gangbare
> boom. Skoonma se boom staan 'n formidabele 2 meter hoog en haar versierings
> kom direk uit Duitsland. My ou boompie staan net so 'n meter hoog en my
> versierings lyk maar oes. So om die ou boompie te probeer red (ek het nie
> R2000 vir 'n 2 meter boom nie) koop ek toe maar nuwe vesierings.
>
> Klappers, of beter bekend as "crackers" kos R80.00 vir 'n box van 5, dis nou
> die "grootmens" crackers. Daar gaan nog R240.
>
> Nou ja, omdat ek twee tradisies bymekaar bring, gaan die kos (dank vader)
> heeltemal Afrikaans wees. Om my bankrekening te red het ek vir my ouers, my
> skoonouers en ouer suster gevra dat elkeen 'n ietsie moet bring. Skoonma
> bring skaapboud, gerookte varknek (grillies) en aartappel slaai. My ma
> bring tong (grillllllll), soutvleis en trifle. Ousus bring 2 slaaie en sy't
> darem 'n paar koeldrankies ook gekoop. Selfs spesiaal vir my skoonma
> vrugtesap gekoop omdat sy 'n diabeet is.
>
> So om 'n lang geweeklaag af te sluit... Ek's al klaar gatvol vir Krismis en
> dis nog 5 dae ver. Kersfees het my al klaar oor die R1000 gekos, en ek het
> nog nie eers geskenke gekoop nie. So nou vra ek julle hoekom spandeer ek al
> hierdie geld, dis mos nie waaroor kersfees gaan nie? Tussen al die koop en
> regmaak deur het ek self vergeet waaroor Kersfees gaan. Miskien is ek nie
> die enigste een nie, en miskien moet ons almal 'n rukkie stil sit en weer
> Kersfees "evalueer". Gaan dit nog vir ons oor liefde, saamwees en (vir
> Christene) die herdenking vir Jesus se geboorte? Of gaan dit oor geskenke,
> lekker kos en drank?
>
> Mag julle almal 'n Geseënde Kersfees hê.
>
> Groete
> Elaine
>
Re: Kersfees. [boodskap #70849 is 'n antwoord op boodskap #70835] Vr, 20 Desember 2002 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Elaine
Ek en my man het, tot ons spyt, aangebied om hierdie jaar kersfees by
ons huis te hou.
So om 'n lang geweeklaag af te sluit... Ek's al klaar gatvol vir Krismis
en dis nog 5 dae ver. Kersfees het my al klaar oor die R1000 gekos,
en ek het nog nie eers geskenke gekoop nie. So nou vra ek julle
hoekom spandeer ek al hierdie geld, dis mos nie waaroor kersfees
gaan nie? Tussen al die koop en regmaak deur het ek self vergeet
waaroor Kersfees gaan.

Wouter
Jy is besig met 'n familiefees, Elaine. Een waarvoior jy getender
het. Jy moet nog by Kersfees uitkom. Sterkte :-)

Hier langs die see hou ons lekker Kersfees, ons is vier gesinne,
aangetroude familie en hulle aangetroude familie, wat saam dinge
doen. Ek haak die Manatoka-boom vol kleurvolle flitsende liggies
wat jy 'n kliometer ver kan sien, ons braai 'n skaapboud, 'n paar
hoenders, ook een Cornish hen wat vir 'n kalkoen of eend moet
deurgaan en wat ook al. Met sjampanje, breezers en net waarvoor
jy lus het. En eet roomys, trifle, ens. ens. Elkeen doen sy deel

Koningskos in die paradys.

Wouter

It's the season to be merry
Tra la la la la. Tra laaa laaa laaa...
Re: Kersfees. [boodskap #70868 is 'n antwoord op boodskap #70844] Vr, 20 Desember 2002 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eindelik wonder ek elke jaar daaroor. Al vandat ek saam met my man Krismis
hou. Vir sy familie gaan dit regtig oor geskenke, eet en suip :)))

E

"Jonas" skryf in boodskap news:3e02a227$0$231@hades.is.co.za...
> Wees eerlik - indien al daai dinge goedkoper was sou jy nie gewonder het oor
> Jesus se geboorte nie - miskien is dit waarom die nie-saakmakende dinge so
> duur is?
Re: Kersfees. [boodskap #70870 is 'n antwoord op boodskap #70849] Vr, 20 Desember 2002 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kersdag self gaan ek en my ouers braai. Miskien gaan my man na sy ouers toe
ek weet nog nie - hy weet ook nog nie. Ek gaan more die besige
winkelsentrums binne. Hou vir my duim vas, dis baie "scarier" as die klomp
wat hier op my gaan toesak oor Kersfees.

Elaine

"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
>
> Hier langs die see hou ons lekker Kersfees, ons is vier gesinne,
> aangetroude familie en hulle aangetroude familie, wat saam dinge
> doen. Ek haak die Manatoka-boom vol kleurvolle flitsende liggies
> wat jy 'n kliometer ver kan sien, ons braai 'n skaapboud, 'n paar
> hoenders, ook een Cornish hen wat vir 'n kalkoen of eend moet
> deurgaan en wat ook al. Met sjampanje, breezers en net waarvoor
> jy lus het. En eet roomys, trifle, ens. ens. Elkeen doen sy deel
>
> Koningskos in die paradys.
>
> Wouter
>
> It's the season to be merry
> Tra la la la la. Tra laaa laaa laaa...
>
Re: Kersfees. [boodskap #70892 is 'n antwoord op boodskap #70835] So, 22 Desember 2002 00:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai, maar ek het nogal te kere gegaan. Sheesh, ek vra om verskoning :)))
Ek voel nogal beter oor die hele Kersfees ding, veral as ek sien hoe
opgewonde my man raak. Tot vandag gehelp om die ou boompie op te slaan,
iets wat hy nooit voorheen wou doen nie, deur die huis gehardloop en
skoongemaak sodat ek nie nog daarmee ook hoef "te sukkel".

Hy's soos 'n klein seuntjie, vandag sy geskenke gestaan en druk, en skud in
'n poging om uit te vind wat hy by my kry :))) Die ene smiles en duiwels in
die oë.

Elaine

"Elaine" skryf in boodskap news:3e0244e9.0@news1.mweb.co.za...
> Ek en my man het, tot ons spyt, aangebied om hierdie jaar kersfees by ons
> huis te hou. Vorige jare was ons Oukersdag by my man se ouers en dan
> Kersdag gedeeltelik by my en sy ouers.
Re: Kersfees. [boodskap #70895 is 'n antwoord op boodskap #70849] So, 22 Desember 2002 04:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> hoenders, ook een Cornish hen wat vir 'n kalkoen of eend moet
> deurgaan en wat ook al. Met sjampanje, breezers en net waarvoor
> jy lus het.

ROTFL! Mensig, julle sal darem *BITTER BAIE* alkohol nodig hê voor
daai piepkuikentjie (cornish hen) sal kan deurgaan as 'n kalkoen!!
Dis rerig baie snaaks vir my, want 'n "cornish hen" hier in Amerika is
klein kuikentjies - so groot soos 'n patrysie (partridge). Hulle weeg
so tussen 1 en 2 pond. :-))))

(Nou wonder ek darem baie oor iets anders....as jy spog oor julle
cornish henne wat vir kalkoene kan deurgaan....er...never maaind)
:-))))
Piepkuikens en kalkoene [boodskap #70897 is 'n antwoord op boodskap #70895] So, 22 Desember 2002 04:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:

> Dis rerig baie snaaks vir my, want 'n "cornish hen" hier in Amerika is
> klein kuikentjies - so groot soos 'n patrysie (partridge). Hulle weeg
> so tussen 1 en 2 pond. :-))))

Vir die wat my nie glo nie. Hier is 'n skakel:
http://www.fsis.usda.gov/oa/pubs/chicken.htm

Broiler-fryer - a young, tender chicken about 7 weeks old which weighs
2 1/2 to 4 1/2 pounds when eviscerated. Cook by any method.

Rock Cornish Game Hen- a small broiler-fryer weighing between 1 and 2
pounds. Usually stuffed and roasted whole.

Roaster - an older chicken about 3 to 5 months old which weighs 5 to 7
pounds. It yields more meat per pound than a broiler-fryer. Usually
roasted whole.

Capon - Male chickens about 16 weeks to 8 months old which are
surgically unsexed. They weigh about 4 to 7 pounds and have generous
quantities of tender, light meat. Usually roasted.

Stewing/Baking Hen - a mature laying hen 10 months to 1 1/2 years old.
Since the meat is less tender than young chickens, it's best used in
moist cooking such as stewing.

Cock or rooster - a mature male chicken with coarse skin and tough,
dark meat. Requires long, moist cooking.
Re: Piepkuikens en kalkoene [boodskap #70899 is 'n antwoord op boodskap #70897] So, 22 Desember 2002 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Amerikaners is alweer verkeerd. 'n Cornish hen is hel groot hier.
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:3cha0vc6694a0bpisiu5bosi1qp617a7g3@4ax.com...
> Katryn wrote:
>
>
>> Dis rerig baie snaaks vir my, want 'n "cornish hen" hier in Amerika is
>> klein kuikentjies - so groot soos 'n patrysie (partridge). Hulle weeg
>> so tussen 1 en 2 pond. :-))))
>
> Vir die wat my nie glo nie. Hier is 'n skakel:
> http://www.fsis.usda.gov/oa/pubs/chicken.htm
>
> Broiler-fryer - a young, tender chicken about 7 weeks old which weighs
> 2 1/2 to 4 1/2 pounds when eviscerated. Cook by any method.
>
> Rock Cornish Game Hen- a small broiler-fryer weighing between 1 and 2
> pounds. Usually stuffed and roasted whole.
>
> Roaster - an older chicken about 3 to 5 months old which weighs 5 to 7
> pounds. It yields more meat per pound than a broiler-fryer. Usually
> roasted whole.
>
> Capon - Male chickens about 16 weeks to 8 months old which are
> surgically unsexed. They weigh about 4 to 7 pounds and have generous
> quantities of tender, light meat. Usually roasted.
>
> Stewing/Baking Hen - a mature laying hen 10 months to 1 1/2 years old.
> Since the meat is less tender than young chickens, it's best used in
> moist cooking such as stewing.
>
> Cock or rooster - a mature male chicken with coarse skin and tough,
> dark meat. Requires long, moist cooking.
>
Re: Piepkuikens en kalkoene [boodskap #70912 is 'n antwoord op boodskap #70899] So, 22 Desember 2002 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Die Amerikaners is alweer verkeerd. 'n Cornish hen is hel groot hier.

Dierbaarheid. Wat se deurmekaarspul. 'n Cornish
hen, iets wat in Engeland sy oorsprong het, is
'n "hen from Cornwall" en is 'n klein ou dingetjie.
In 'n restaurant word mens gewoonlik 'n helfte
van 'n cornish hen as 'n porsie gegee.

Tant Hessie van die Ronde Tafel.
Re: Piepkuikens en kalkoene [boodskap #70924 is 'n antwoord op boodskap #70912] So, 22 Desember 2002 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Annette:
> Die Amerikaners is alweer verkeerd. 'n Cornish hen is hel groot hier.

Tant Hessie van die Ronde Tafel.
Dierbaarheid. Wat se deurmekaarspul. 'n Cornish
hen, iets wat in Engeland sy oorsprong het, is
'n "hen from Cornwall" en is 'n klein ou dingetjie.
In 'n restaurant word mens gewoonlik 'n helfte
van 'n cornish hen as 'n porsie gegee.

Wouter
Ons Cornish henne is inderdaad ekstra groot. Ek sien daardie
klein hoendertjies van julle word dikwels 'n Rock Cornish hen
genoem, 'n naam wat vir my onbekend is. Ek wonder wat die
oorsprong van die verskille is.
Re: Piepkuikens en kalkoene [boodskap #70957 is 'n antwoord op boodskap #70924] Ma, 23 Desember 2002 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jinne maar julle mense eet seker nie rêrig hoender vir Krismis nie? Wat
het van goeie ou skaapboud geword? Behalwe natuurlik as jy 'n gestopte
springbokboud het! Hoenner is hier by ons groente! Jy eeet dit net as jy
moet...........en rêrig móét!!

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e0636e3$0$231@hades.is.co.za...
>> Annette:
>> Die Amerikaners is alweer verkeerd. 'n Cornish hen is hel groot hier.
>
> Tant Hessie van die Ronde Tafel.
> Dierbaarheid. Wat se deurmekaarspul. 'n Cornish
> hen, iets wat in Engeland sy oorsprong het, is
> 'n "hen from Cornwall" en is 'n klein ou dingetjie.
> In 'n restaurant word mens gewoonlik 'n helfte
> van 'n cornish hen as 'n porsie gegee.
>
> Wouter
> Ons Cornish henne is inderdaad ekstra groot. Ek sien daardie
> klein hoendertjies van julle word dikwels 'n Rock Cornish hen
> genoem, 'n naam wat vir my onbekend is. Ek wonder wat die
> oorsprong van die verskille is.
>
Re: Piepkuikens en kalkoene [boodskap #70970 is 'n antwoord op boodskap #70924] Ma, 23 Desember 2002 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> Ek sien daardie
> klein hoendertjies van julle word dikwels 'n Rock Cornish hen
> genoem, 'n naam wat vir my onbekend is.

Nee, nie juis so dikwels nie. In gewone omgangstaal praat ons sommer
net van 'Cornish hens', sonder die 'Rock' gedeelte. Maar die korrekte
benaming is wel "Rock Cornish game hen" of "Cornish game hen".

En terloops, die enigste rede waarom ek dit oorspronklik uitgewys het,
was omdat dit vir my baie SNAAKS was, nie om te probeer wys dat julle
(of ons) verkeerde benamings gebruik het nie!
Elkgeval...
Re: Piepkuikens en kalkoene [boodskap #70973 is 'n antwoord op boodskap #70957] Ma, 23 Desember 2002 21:38 Na vorige boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
As jy die oorspronklike stuk naslaan, sal jy sien die hoender
was bykos vir die skaapboude, gammon, ens.
Wouter

Suidwester wrote in message
news:3e07184b.0@news1.mweb.co.za...
Jinne maar julle mense eet seker nie rêrig hoender vir Krismis nie? Wat
het van goeie ou skaapboud geword? Behalwe natuurlik as jy 'n gestopte
springbokboud het! Hoenner is hier by ons groente! Jy eet dit net as jy
moet...........en rêrig móét!!
Vorige onderwerp: Working holiday reisbeskrywing
Volgende onderwerp: Vakansie huis te huur?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:24:30 MGT 2024