Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » " Inkosi Jesu " deur RAE TOMLIN (musiek Edith Hugo Bosman)
" Inkosi Jesu " deur RAE TOMLIN (musiek Edith Hugo Bosman) [boodskap #70876] Vr, 20 Desember 2002 22:36
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

INKOSI JESU

Soos Maria haar Seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors.
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag,
O Inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Ek hoor my mense sing hul lied,
O inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
O gee ons krag, o gee ons hoop,
maar boweal U liefde,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.

(teks: Rae Tomlin. Musiek: Edith Hugo Bosman.)
Vorige onderwerp: Uitsprake deur sangers
Volgende onderwerp: Beautiful in Beaufort-Wes - Theuns Jordaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:07:44 MGT 2024