Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Weeklag van die sater in die Winkelsentrum " deur FERDI GREYLING
" Weeklag van die sater in die Winkelsentrum " deur FERDI GREYLING [boodskap #69528] Wo, 27 November 2002 02:06 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Weeklag van die sater in die Winkelsentrum
Ferdi Greyling

Met hulle lywe soos wolke in die somer
weef vroue sluwe strikke op die grond.

Met hulle siele diep skadus's in die somer
het hulle ons in die bloedige son
gelok en gevang.

Hulle het ons gevang
in die kompartemente
van dae
en van weke
en van maande...

Ons lê vas in die argitektuur
van hulle koppe
wat die blink strome van tyd
in oggende
en in middae
en in aande kanaliseer.

En opdam
sodat die wasgoed gewas kan word
en die aandete geëet kan word.

In die winkelsentrum staan ek.

Teen die roltrap se hoogste helling staan ek.

Ek tuur af in die valleie winkels.

Die jong vroue loop verby.
Hulle weet hulle borste
is druppels klaviermusiek vroegaand.

Hulle heupe is strome
diep en blou in die oudste see.

In die bloedige somer weef hulle skaduwee's
oor die grond waar ons loop.

Op die hoogte bo die roltrap staan ek,
my bokpote skaam weggesteek
in ordinêre blou jeans...
Re: " Weeklag van die sater in die Winkelsentrum " deur FERDI GREYLING [boodskap #69535 is 'n antwoord op boodskap #69528] Wo, 27 November 2002 04:29 Na vorige boodskap
Pieter[2]  is tans af-lyn  Pieter[2]
Boodskappe: 95
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Al weer 'n kak gedig , plaas iets deur regte digters

skryf in boodskap news:3DE4298A.4060907@rogers.com...
>
> Weeklag van die sater in die Winkelsentrum
> Ferdi Greyling
>
>
> Met hulle lywe soos wolke in die somer
> weef vroue sluwe strikke op die grond.
>
> Met hulle siele diep skadus's in die somer
> het hulle ons in die bloedige son
> gelok en gevang.
>
> Hulle het ons gevang
> in die kompartemente
> van dae
> en van weke
> en van maande...
>
> Ons lê vas in die argitektuur
> van hulle koppe
> wat die blink strome van tyd
> in oggende
> en in middae
> en in aande kanaliseer.
>
> En opdam
> sodat die wasgoed gewas kan word
> en die aandete geëet kan word.
>
> In die winkelsentrum staan ek.
>
> Teen die roltrap se hoogste helling staan ek.
>
> Ek tuur af in die valleie winkels.
>
> Die jong vroue loop verby.
> Hulle weet hulle borste
> is druppels klaviermusiek vroegaand.
>
> Hulle heupe is strome
> diep en blou in die oudste see.
>
> In die bloedige somer weef hulle skaduwee's
> oor die grond waar ons loop.
>
> Op die hoogte bo die roltrap staan ek,
> my bokpote skaam weggesteek
> in ordinêre blou jeans...
>
Vorige onderwerp: " Gebed " deur MARIUS TITUS
Volgende onderwerp: " Wildernis " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:55:02 MGT 2024