Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » VERTEL TOG 'N GRAPPIE !!!
VERTEL TOG 'N GRAPPIE !!! [boodskap #6911] Wo, 31 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hoe gaan dit met humor in die Nuwe Suid Afrika ????
Die laaste keer wat ek 'n VannerMerwe grap gehoor het was van iemand
op reis hier in Australie:

Gehoor Vannermerwe het emigreer na Australie toe ?
Ja, toe hy in Australie aankom het die gemiddelde I.K. van altwee lande
onmiddelik gestyg.

Wil julle nie dalk 'n egte (Suid) Afrikaanse grappie pos nie?
'n Van der Merwe grap, 'n sêding of so, 'n wilde definisie...
Ek sal dit baie waardeer, en ek is seker ander ook.

Toevallig val een my by wat ek jare gelede gehoor het.
Dis een wat Fanus Rautenbach blykbaar oor die radio vertel het:
Hy is toe daaroor geskors. (of dit nou waar is weet ek nie):
Van der Merwe en sy pasgetroude vrou ry teen Sir Lowry's pas uit.
Halfpad teen die pas op gaan hul kar staan.
Hulle klim toe uit om te stoot.
Toe hulle terugkom is die kar weg...

Toe ek in die weermag was, was daar baie slim sêgoed (skeltaal)
Bv: "TROEP:Ek steek my R1 deur jou ore en ry jou soos
'n Harley Davidson rond!"
"TROEP:Skud jou kop dat jou ore jou kan wakkerklap!"
ens.
Kan julle nog sulkes onthou?
(Ek het die bestes vergeet). Die meeste was natuurlik uiters kru.

Daar is baie goeie grappe waar die Afrikaanse taal ter sprake kom.
('n misinterpretasie van Afr/Eng of so, Tok-tok grappies)

Tok-tok. Wie is daar?
Fanta. "Fanta" wie?
Dis van-te veel eet dat jy so lyk...

Ander oor die Transvaals/Kaapse provinsialisme?
(is daar nou nuwe grappies oor Gauteng?)
Of Matie/Tukkie grappies. Boer,skot,engelsman grappies ?
Iets wat die unieke Suid Afrikaanse situasie goed vasvang ? oor Madiba?

Vriendelike groete.
Re: VERTEL TOG 'N GRAPPIE !!! [boodskap #6912 is 'n antwoord op boodskap #6911] Wo, 31 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan Steyn  is tans af-lyn  Johan Steyn
Boodskappe: 3
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Ander oor die Transvaals/Kaapse provinsialisme?
> (is daar nou nuwe grappies oor Gauteng?)

GAUTENG ==> GET-A-GUN
Re: VERTEL TOG 'N GRAPPIE !!! [boodskap #6918 is 'n antwoord op boodskap #6911] Do, 01 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Wessels  is tans af-lyn  Wessels
Boodskappe: 43
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , gal...@ibm.net says...
>
>
> Hoe gaan dit met humor in die Nuwe Suid Afrika ????
> Die laaste keer wat ek 'n VannerMerwe grap gehoor het was van iemand
> op reis hier in Australie:
>
> Gehoor Vannermerwe het emmigreer na Australie toe ?
> Ja, toe hy in Australie aankom het die gemiddelde I.K. van altwee lande
> onmiddelik gestyg.
>
> Wil julle nie dalk 'n egte (Suid) Afrikaanse grappie pos nie?
> 'n Van der Merwe grap, 'n sêding of so, 'n wilde definisie...
> Ek sal dit baie waardeer, en ek is seker ander ook.
>
> Toevallig val een my by wat ek jare gelede gehoor het.
> Dis een wat Fanus Rautenbach blykbaar oor die radio vertel het:
> Hy is toe daaroor geskors. (of dit nou waar is weet ek nie):
> Van der Merwe en sy pasgetroude vrou ry teen Sir Lowry's pas uit.
> Halfpad teen die pas op gaan hul kar staan.
> Hulle klim toe uit om te stoot.
> Toe hulle terugkom is die kar weg...
>
> Toe ek in die weermag was, was daar baie slim sêgoed (skeltaal)
> Bv: "TROEP:Ek steek my R1 deur jou ore en ry jou soos
> 'n Harley Davidson rond!"
> "TROEP:Skud jou kop dat jou ore jou kan wakkerklap!"
> ens.
> Kan julle nog sulkes onthou?
> (Ek het die bestes vergeet). Die meeste was natuurlik uiters kru.
>
> Daar is baie goeie grappe waar die Afrikaanse taal ter sprake kom.
> ('n misinterpretasie van Afr/Eng of so, Tok-tok grappies)
>
> Tok-tok. Wie is daar?
> Fanta. "Fanta" wie?
> Dis van-te veel eet dat jy so lyk...
>
> Ander oor die Transvaals/Kaapse provinsialisme?
> (is daar nou nuwe grappies oor Gauteng?)
> Of Matie/Tukkie grappies. Boer,skot,engelsman grappies ?
> Iets wat die unieke Suid Afrikaanse situasie goed vasvang ? oor Madiba?
>
> Vriendelike groete.
>
Hallo

Ek hoor Cosatu gaan nou 'n geding teen Disprin begin want dis wit en dit
werk.

Daar gaan eersdaags 'n nuwe Afrikaanse gesels radiostasie begin, met 'n
program gewy aan seksraad die naam daarvan "punt in die wind".

Die Skot kuier in 'n kroeg en sien 'n Moose in die hoek en vra die
kroegman "What is that" en kry die antwoord It's a moose. Hy dink en vra
weer wat dit is en kry dieselfde antwoord. Toe antwoord hy "If that's a
moose I would hate to see your rats.

Wat kry jy as jy Babe (die varkie) met 'n blond kruis - 'n vlakvark

Die blond stap in die winkel in en vra vir reukweerder vir haar man die
winelassistent vra toe of sy die bal-tipe wil he nee antwoord sy die
onder arm tipe.

Jannie kom by die huis na skool en Pa gryp hom en se hy moet die gras
gaan sny, hy se toe hy kan nie want hy het te veel huiswerk. Pa besluit
toe hy sal Jannie se huiswerk doen dan kan Jannie die gras sny.

Later baklei Pa vreeslik omdat die juffrou die kinders sulke lelike goed
leer en weier om vir Jannie te se wat dit is. Jannie vra toe asseblief Pa
se vir my want more gaan juffrou vir ons vra en dan is ek in die
moeilikheid. Pa se toe goed maar hy mag nie sy Ma vertel nie. Die vraag
is as 'n vrou na die dokter gaan vir 'n ondersoek wat is die eerste ding
wat die dokter aan vat, dit begin met 'n p eindig op s en het vier
letters. Jannie se toe maar dis mos maklik Pa dis pols. Antwoord Pa O Hel
Jannie waar's die uitveër.

Dis maar simpel - jammer hoor.

Groetnis

At
Vorige onderwerp: Myne en joune
Volgende onderwerp: afrika veld grap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:30:37 MGT 2024