Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Al sou " deur GEORGE WEIDEMAN
" Al sou " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #68745] Do, 14 November 2002 14:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

George Weideman
Al sou

Ek sal jou liefhê heel my lewe lank
selfs al sou die t'nouroevygie
in droë jare skaarser rank

al sou die sleepmis vroeg insleep
van die see af en die wilde-anys
toe-oog bly en die son vergeefs
ander wang vir die wêreld wys

al sou die ooswind knaend waai
en om ons net blylêgoed bly lê
net knapveld waar daar opslag was
en ons vergeefs grawe aan 'n gorê

al sou ons sleepvoet en doekvoet loop
hande krom soos haakdoringbos
al het die wind die gousblom gestroop

al het die jare ons uitoorlê
sal ek jou heel my lewe lank bly liefhê
Vorige onderwerp: " Die Biddder " deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Seemeeu " deur NP van Wyk LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:51:35 MGT 2024