Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Heilige beeste " deur D.J. OPPERMAN
" Heilige beeste " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #68528] Ma, 11 November 2002 23:09 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

D.J. Opperman
Heilige beeste

Dit is my laaste besit
wat ek bedags langs die Taka verdedig
en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:

hulle wat wei
waar die hadida in die noorsboom wag
bo peule, miershoop en gras;

hulle wat afhanklik is
van die bul wat die sand krap
en die reuk van die koei nog vat;

hulle wat afstam
van kuddes deur dansende impi's omring
in die koningskrale van Senzangakona en Dingaan;

hulle my drie drifte:
die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees
oor die kraal tussen kiepersol en klip.
Re: " Heilige beeste " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #68567 is 'n antwoord op boodskap #68528] Di, 12 November 2002 18:47 Na vorige boodskap
D  is tans af-lyn  D
Boodskappe: 40
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 11 Nov 2002 23:09:05 GMT, "@rogers.com" wrote:

> D.J. Opperman
> Heilige beeste
>
> Dit is my laaste besit
> wat ek bedags langs die Taka verdedig
> en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:
>

En toe vat die visepresident vrou.
Volgens die media het hy blykbaar
reeds tien beeste gestuur:-)

D
Vorige onderwerp: " Gebed om leiding " deur M.M. WALTERS
Volgende onderwerp: " Die Biddder " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 03:45:10 MGT 2024