Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ek is oek important" deur PETER SNYDERS
"Ek is oek important" deur PETER SNYDERS [boodskap #17183] Sa, 29 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek is oek important
Peter Snyders

As al julle geldgatte
julle geld gespendit,
en julle bananaskille
innie slootjie gegooi het,
en julle bustikkits
soes confetti gestrooi het,
en julle staain en cool drinks
opgedrink het,
en julle borrels en blikkies
in 'n gangetjie gesit het,
en julle visgraatbolle
en vrot vrugte
en stukkene boksies
en papiere
rondgegooi het ...

dan kom ek
en maakie wêreld weer skoon :
soe,
ek is oek important.
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #67944 is 'n antwoord op boodskap #17183] Wo, 30 Oktober 2002 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sebs  is tans af-lyn  Sebs
Boodskappe: 125
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
askies tog :o) ......... my griekwa afrikaans is baie sleg :o):o):o):o)
Sebs.

schreef in bericht news:3DC058D5.3090602@rogers.com...
> Peter Snyders
> Ek is oek important
>
> As al julle geldgatte
> julle geld gespendit,
> en julle bananaskille
> innie slootjie gegooi het,
> en julle bustikkits
> soes confetti gestrooi het,
> en julle staain en cool drinks
> opgedrink het,
> en julle borrels en blikkies
> in 'n gangetjie gesit het,
> en julle visgraatbolle
> en vrot vrugte
> en stukkene boksies
> en papiere
> rondgegooi het ...
> dan kom ek
> en maakie wêreld weer skoon:
> soe,
> ek is oek important.
>
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #67969 is 'n antwoord op boodskap #17183] Do, 31 Oktober 2002 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou dit 'n mooi gediggie gevind het as dit in Afrikaans was...

Gloudina, ek kan nie glo dat jy jou besig hou met die Griekwa twak nie.
Is dié taal se reëls êrens opgeskryf, of kannek itook gebryk deer my
taal soeveel moontlik te verkrag?

Die mense in SA dink dis vir ons 'n moerse treat as hulle die Griekwa
psalms vir ons stuur... Ek smyt dit waar dit hoort. In die asblik.

"@rogers.com"
> Peter Snyders
> Ek is oek important
>
> As al julle geldgatte
> julle geld gespendit,
> en julle bananaskille
> innie slootjie gegooi het,
> en julle bustikkits
> soes confetti gestrooi het,
> en julle staain en cool drinks
> opgedrink het,
> en julle borrels en blikkies
> in 'n gangetjie gesit het,
> en julle visgraatbolle
> en vrot vrugte
> en stukkene boksies
> en papiere
> rondgegooi het ...
> dan kom ek
> en maakie wêreld weer skoon:
> soe,
> ek is oek important.
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #67980 is 'n antwoord op boodskap #67969] Do, 31 Oktober 2002 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Gloudina, ek kan nie glo dat jy jou besig hou met die Griekwa twak nie.
> Is dié taal se reëls êrens opgeskryf, of kannek itook gebryk deer my
> taal soeveel moontlik te verkrag?
>
> Die mense in SA dink dis vir ons 'n moerse treat as hulle die Griekwa
> psalms vir ons stuur... Ek smyt dit waar dit hoort. In die asblik.

>> Peter Snyders
>> Ek is oek important

>> As al julle geldgatte
>> julle geld gespendit,

Max, ek dink nie Peter Snyders skryf "Griekwa"
nie. Dit is, lyk dit my, sommer doodgewone
Bolandse kleurling-afrikaans.
Ek voel dieselfde oor die "Griekwa" Afrikaans
wat so knaend deur daardie wit predikant geskryf
word. Ek dink mens objekteer daarteen omdat iets
daar nie klop nie. Dis asof die man self 'n soort
patois geskep het wat hy as "Griekwa" opdis, en
dan nog boonop die Bybelse woorde verwring.
Ek dink tot 'n sekere mate moet mens egter die
bruinmense van die Boland vergeef as hulle in hulle
lingo wil dig. Dis gewoonlik met 'n spesifieke
stilistiese doel.
Maar soos jy seker al opgemerk het, objekteer
ek teen WITMENSE wat die lingo gebruik om grappe
oor prostitute in die hawens te vertel, want dan
is die implikasie dat hoere in die hawens net
bruin kan wees.

Gloudina
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #67981 is 'n antwoord op boodskap #67980] Do, 31 Oktober 2002 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dis 'n baie mooi gedig. Die eerste keer wat ek dit gelees het, het
dit trane in my oë gebring.
Hilda.
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #68020 is 'n antwoord op boodskap #67980] Do, 31 Oktober 2002 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 31 Oct 2002 12:15:51 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> en
> dan nog boonop die Bybelse woorde verwring.
>
>
> Gloudina

Maar Tannie Glouds (onthou jy die girl wat jou so genoem het; ek kan
nie haar naam onthou nie maar onthou wel dat sy op Midrand gewoon het)
wat van die Budhistiese verwringing van die Bybel wanneer die Seunskap
van Jesus ontken word? Wanneer Sy deel in die Godheid ontken word?

DD
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #68024 is 'n antwoord op boodskap #67980] Do, 31 Oktober 2002 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sebs  is tans af-lyn  Sebs
Boodskappe: 125
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
asb asb asb asb asb tog ..... moenie nou mislik raak nie..........griekwa
afrikaans is n dialek wat baie oud is en wat vanuit verskillende tale
gekom het............nes bolands en allie ander afr dialekte........ HET
RESPEK HIERVOOR!!!!!
Ek meen dis mos nice om iemand te hoor praat in
n ander dialek ne?........
wel ek dink dit is.

Sebs

schreef in bericht news:3DC11FD3.6040409@rogers.com...
>
> Max wrote:
>
>> Gloudina, ek kan nie glo dat jy jou besig hou met die Griekwa twak nie.
>> Is dié taal se reëls êrens opgeskryf, of kannek itook gebryk deer my
>> taal soeveel moontlik te verkrag?
>>
>> Die mense in SA dink dis vir ons 'n moerse treat as hulle die Griekwa
>> psalms vir ons stuur... Ek smyt dit waar dit hoort. In die asblik.
>
>>> Peter Snyders
>>> Ek is oek important
>
>>> As al julle geldgatte
>>> julle geld gespendit,
>
>
> Max, ek dink nie Peter Snyders skryf "Griekwa"
> nie. Dit is, lyk dit my, sommer doodgewone
> Bolandse kleurling-afrikaans.
> Ek voel dieselfde oor die "Griekwa" Afrikaans
> wat so knaend deur daardie wit predikant geskryf
> word. Ek dink mens objekteer daarteen omdat iets
> daar nie klop nie. Dis asof die man self 'n soort
> patois geskep het wat hy as "Griekwa" opdis, en
> dan nog boonop die Bybelse woorde verwring.
> Ek dink tot 'n sekere mate moet mens egter die
> bruinmense van die Boland vergeef as hulle in hulle
> lingo wil dig. Dis gewoonlik met 'n spesifieke
> stilistiese doel.
> Maar soos jy seker al opgemerk het, objekteer
> ek teen WITMENSE wat die lingo gebruik om grappe
> oor prostitute in die hawens te vertel, want dan
> is die implikasie dat hoere in die hawens net
> bruin kan wees.
>
> Gloudina
>
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #68068 is 'n antwoord op boodskap #67969] Vr, 01 November 2002 07:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Max
Dis duidelik jy wat deur kax is!

Peter Snyders is 'n Afrikaanse digter, en nie 'n Griekwa digter nie.

Peter dig en skryf in Kaapse Afrikaans. en as jy dit nou nie verstaan nie

Da' moet djy ma djou se bek oppe anner plek loep ytspoel!

Thys oppie Bos

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0210310245.76f4b185@posting.google.com...
> Ek sou dit 'n mooi gediggie gevind het as dit in Afrikaans was...
>
> Gloudina, ek kan nie glo dat jy jou besig hou met die Griekwa twak nie.
> Is dié taal se reëls êrens opgeskryf, of kannek itook gebryk deer my
> taal soeveel moontlik te verkrag?
.
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #68075 is 'n antwoord op boodskap #67980] Vr, 01 November 2002 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie fair om die digter agter sy woorde te gaan uithaal nie. As hy sy
Afrikaanse sê in 'n soort Aramees kan sê op so 'n manier dat dit my ontroer,
sal ek dit lees en waardeer. Wat moet tel is of die vers op sy eie kan
staan. Die bagasie van die digter is sy eie saak.

Koot

skryf in boodskap news:3DC11FD3.6040409@rogers.com...
>
> Max wrote:
>
>> Gloudina, ek kan nie glo dat jy jou besig hou met die Griekwa twak nie.
>> Is dié taal se reëls êrens opgeskryf, of kannek itook gebryk deer my
>> taal soeveel moontlik te verkrag?
>>
>> Die mense in SA dink dis vir ons 'n moerse treat as hulle die Griekwa
>> psalms vir ons stuur... Ek smyt dit waar dit hoort. In die asblik.
>
>>> Peter Snyders
>>> Ek is oek important
>
>>> As al julle geldgatte
>>> julle geld gespendit,
>
>
> Max, ek dink nie Peter Snyders skryf "Griekwa"
> nie. Dit is, lyk dit my, sommer doodgewone
> Bolandse kleurling-afrikaans.
> Ek voel dieselfde oor die "Griekwa" Afrikaans
> wat so knaend deur daardie wit predikant geskryf
> word. Ek dink mens objekteer daarteen omdat iets
> daar nie klop nie. Dis asof die man self 'n soort
> patois geskep het wat hy as "Griekwa" opdis, en
> dan nog boonop die Bybelse woorde verwring.
> Ek dink tot 'n sekere mate moet mens egter die
> bruinmense van die Boland vergeef as hulle in hulle
> lingo wil dig. Dis gewoonlik met 'n spesifieke
> stilistiese doel.
> Maar soos jy seker al opgemerk het, objekteer
> ek teen WITMENSE wat die lingo gebruik om grappe
> oor prostitute in die hawens te vertel, want dan
> is die implikasie dat hoere in die hawens net
> bruin kan wees.
>
> Gloudina
>
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #68094 is 'n antwoord op boodskap #68068] Vr, 01 November 2002 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet"
> Max
> Dis duidelik jy wat deur kax is!
>

So het ons elkeen maar ons opinies...
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #68095 is 'n antwoord op boodskap #67980] Vr, 01 November 2002 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"

> Max, ek dink nie Peter Snyders skryf "Griekwa"
> nie. Dit is, lyk dit my, sommer doodgewone
> Bolandse kleurling-afrikaans.

Lyk my ek's die enigste hier wat nie daarvan hou nie... Voel jy ook
dieselfde as daar so met die Engelse uitspraak van swartes gespot
word. O, nee, ek sien dit, solank die BLANKES dit nie doen nie, is
alles okay.

Peter Snyders probeer darem nie soos soveel kleurlinge, sy moedertaal
wegsteek nie - ek het 'n paar van sy goed op die internet gelees, en
die ou is goed. Dis net die taal wat my grief...

> Ek dink tot 'n sekere mate moet mens egter die
> bruinmense van die Boland vergeef as hulle in hulle
> lingo wil dig. Dis gewoonlik met 'n spesifieke
> stilistiese doel.

Okay, ek sal saamstem om te verskil. Maar dan mag jy ook nie meer die
mense hier op die nuusgroep wat hulle versie van Afrikaans besig,
kritiseer nie. Of het net die kleurlinge daai reg?

> Maar soos jy seker al opgemerk het, objekteer
> ek teen WITMENSE wat die lingo gebruik om grappe
> oor prostitute in die hawens te vertel, want dan
> is die implikasie dat hoere in die hawens net
> bruin kan wees.

Dis bietjie narrow minded, dink jy nie. Ons is tog nie almal Koos van
der Merwes nie!

Groete
Max______________________________________________________
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #68097 is 'n antwoord op boodskap #68095] Vr, 01 November 2002 16:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

>> Maar soos jy seker al opgemerk het, objekteer
>> ek teen WITMENSE wat die lingo gebruik om grappe
>> oor prostitute in die hawens te vertel, want dan
>> is die implikasie dat hoere in die hawens net
>> bruin kan wees.

>
> Dis bietjie narrow minded, dink jy nie. Ons is tog nie almal Koos van
> der Merwes nie!

Nee, Max, ek voel BAIE STERK oor die
liederlike gewoonte van sommige Afrikaners
om grappies in Kaaps te vertel oor ongure
karakters of oor knegte op plase. Die
implikasie bly dat die hoere en die knegte
almal uit die bruin gemeenskap kom. Totdat
die Afrikaner daardie gewoonte uit sy murg
en bloed verwyder het, bly hy nog altyd
skuldig aan 'n vergryp. Net soos sekere Suid-
Afrikaanse Engelse wat gedurig grappe oor
Afrikaners maak op 'n manier wat alle Afrikaners
klassifiseer as laer-middelklas.

Gloudina
Re: " Ek is oek important " deur PETER SNYDERS [boodskap #68100 is 'n antwoord op boodskap #68095] Vr, 01 November 2002 17:47 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Nov 2002 07:51:32 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:

> mense hier op die nuusgroep wat hulle versie van Afrikaans besig,
> kritiseer nie. Of het net die kleurlinge daai reg?

> Groete
> Max______________________________________________________

Weet nie wie almal dit opgemerk het nie
maar slegs hierdie sin van jou, het my vertel
dat jy nou besig is om te verNederlands:-)))

DD
Vorige onderwerp: " Klein Vrede " deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: "snags lê die wit buurt donker in sy ligte" deur FANIE OLIVIER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:57:24 MGT 2024