Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Julie, my liefling, van VSA kom na my om altyd te bly .. vraag: werkspermit vit VSA burger?
Julie, my liefling, van VSA kom na my om altyd te bly .. vraag: werkspermit vit VSA burger? [boodskap #67838] Vr, 25 Oktober 2002 17:28 na volgende boodskap
Louis Kriel  is tans af-lyn  Louis Kriel
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
Hi almal,

Julie is so te sê op pad, ons sal trou, en sy will werk, VSA burger. Na ons
getrou het, weet enigeen hoe gou en waar en hoe sy hier in SA Kaapstad sal
kan werk? Sy het goeie kwalifikasies, en ondervinding, in boekhou, sy is
rekenaar super geletterd. Enigeen wat weet, asseblief, vertel my .. en gee
raad :)

Baie dankie
Louis
ludek_...@webmail.co.za ... verwyder asb die _no2spam deel
Re: Julie, my liefling, van VSA kom na my om altyd te bly .. vraag: werkspermit vit VSA burger? [boodskap #67923 is 'n antwoord op boodskap #67838] Wo, 30 Oktober 2002 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vic  is tans af-lyn  Vic
Boodskappe: 49
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> Julie is so te sê op pad, ons sal trou, en sy will werk, VSA burger. Na ons
> getrou het, weet enigeen hoe gou en waar en hoe sy hier in SA Kaapstad sal
> kan werk? Sy het goeie kwalifikasies, en ondervinding, in boekhou, sy is
> rekenaar super geletterd. Enigeen wat weet, asseblief, vertel my .. en gee
> raad :)

Louis,

EK woon nou al vir 7 jaar in die VK, en wil nou huis toe kom en natuurlik my
vrou saambring. Ek het toe die ander dag die konsultaat in London gebel om
te vra hoe dit gedoen word.

Nou die mag verskil as julle nie getroud is nie, maar here goes.

Sy kom in die land in met 'n gewone vakansie visa. Dan binne 90 dae moet sy
aansoek doen vir 'n 'accompanying spouse' visa. Met die kan sy aansoek doen
vir werk, maar moet ook aansoek doen vir 'n werkspermit. As sy die het, doen
sy aansoek vir 'n permanente resedensie. Wanneer sy die resedensie het, kan
sy werk waar sy wil.

Dit is wat die man my vertel het.

HTH
Vic
Re: Julie, my liefling, van VSA kom na my om altyd te bly .. vraag: werkspermit vit VSA burger? [boodskap #67929 is 'n antwoord op boodskap #67923] Wo, 30 Oktober 2002 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vic, julle moet bietjie doodseker maak. Sover ek kan onthou kan sy nie
aansoek doen vir permanente verblyf as sy in SA is nie.
Miskien het dit verander , maak net eers doodseker. Moenie net een bron van
inligting vertrou nie.
Annette

"Vic" skryf in boodskap news:apo5l7$3e6sh$1@ID-146987.news.dfncis.de...
>> Julie is so te sê op pad, ons sal trou, en sy will werk, VSA burger. Na
> ons
>> getrou het, weet enigeen hoe gou en waar en hoe sy hier in SA Kaapstad sal
>> kan werk? Sy het goeie kwalifikasies, en ondervinding, in boekhou, sy is
>> rekenaar super geletterd. Enigeen wat weet, asseblief, vertel my .. en gee
>> raad :)
>
>
> Louis,
>
> EK woon nou al vir 7 jaar in die VK, en wil nou huis toe kom en natuurlik my
> vrou saambring. Ek het toe die ander dag die konsultaat in London gebel om
> te vra hoe dit gedoen word.
>
> Nou die mag verskil as julle nie getroud is nie, maar here goes.
>
> Sy kom in die land in met 'n gewone vakansie visa. Dan binne 90 dae moet sy
> aansoek doen vir 'n 'accompanying spouse' visa. Met die kan sy aansoek doen
> vir werk, maar moet ook aansoek doen vir 'n werkspermit. As sy die het, doen
> sy aansoek vir 'n permanente resedensie. Wanneer sy die resedensie het, kan
> sy werk waar sy wil.
>
> Dit is wat die man my vertel het.
>
> HTH
> Vic
>
Re: Julie, my liefling, van VSA kom na my om altyd te bly .. vraag: werkspermit vit VSA burger? [boodskap #67938 is 'n antwoord op boodskap #67929] Wo, 30 Oktober 2002 17:17 Na vorige boodskap
Vic  is tans af-lyn  Vic
Boodskappe: 49
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> Vic, julle moet bietjie doodseker maak. Sover ek kan onthou kan sy nie
> aansoek doen vir permanente verblyf as sy in SA is nie.
> Miskien het dit verander , maak net eers doodseker. Moenie net een bron van
> inligting vertrou nie.
> Annette

Annette,

Dankie vir die waarskuwing. Ons kom in November huis toe vir my Sussie se
troue, so ek sal met haar aan tou na die binnelandse sake kantoor toe gaan
en gaan presies uitvind. Ek het ook gedink dat sy sal moet aansoek doen
terwyl sy nie in die land is nie.

Ek wonder net hoekom kan jy dit nie kry soos in die VK dat dit amper
outomaties is vir die eerste 5 jaar en as jy dan nog getroud is, dan kan jy
aansoek doen vir burgerskap. Ek moet se vandat ons getroud is, was dit baie
maklik.

Vic
Vorige onderwerp: Re: Australia Visa?
Volgende onderwerp: Werkpermissie?????
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 14:29:01 MGT 2024