Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Lied 322: Heimwee
Lied 322: Heimwee [boodskap #67873] Ma, 28 Oktober 2002 08:19
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Komponis: S le R Marais
Woorde: JRL van Bruggen

My hart verlang na die stilte
van die wye wuiwende veld
ver van die stadsgeluide,
en die klinkende klank van geld

Ek is moeg vir die rustelose lewe
van mense wat kom en gaan
'k Wil terug na die vrye ruimte,
waar 'n siel in woon wat verstaan

O ek sien weer die son
op die velde
en die ewige blou daar bo
En my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë,
en my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë.

Ek sien weer die ylbloue berge
daar ver oor die westerkim
en wonder nie meer waarom weemoed
so sag uit my liedere klim.
Klim na die grys lug bowe
waar die son in die miste kwyn,
want o, ek verlang na sie velde,
na die ewige sonneskyn.

Kommentaar:
Spesiaal vir die wat nou na wintertyd oorgeslaan het in die koue en
stormagtige Noorde.
Vorige onderwerp: Lied 320: As Saans
Volgende onderwerp: Afrikanser en musiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:26:03 MGT 2024