Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Doodstraf
Doodstraf [boodskap #66990] Do, 03 Oktober 2002 07:11
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Huisgenoot het glo 'n aantal bekendes gevra of hulle nie dink die doodstraf
moet heringestel word vir verkragters van kinders nie.
Snaakse antwoorde:
Soli Philander: Op 'n intellektuele vlak is ek gekant teen die doodstraf,
maar op emosionele vlak is ek 100% ten gunste daarvoor, veral in die lig van
babaverkragtings.

Nataniël ( ek hou die meeste van sy natwoord): Ek dink nie die doodstraf vir
een kinderverkragter sal die volgende een keer nie - hulle is in elk geval
te vrot in die kop om aan gevolge te dink.

Patricia de Lille: Sy voel dat daar 'n referendum oor die saak gehou moet
word. Daar is geen verskoning vir kinderverkragting nie, maar ek voel dat
die hele regstelsel in oënskou geneem word.

Koos Kombuis: Op emosionele vlak is ek ten gunste daarvan, maar op
intellektuele vlak dink ek nie dit is die regte opsie nie.

Alix Carmichele: Daar moet 'n afsonderlike wet vir verkragters wees.

Sjeg Achmat Sedick: Ons glo vas dat die doodstraf 'n afskrkmiddel vir
misdaad is.

Annette
Vorige onderwerp: Stormpie Innie Kaap
Volgende onderwerp: Reisverslag Zuid Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 18:34:42 MGT 2024